In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die onlangse uitsprake deur president Cyril Ramaphosa dat parlementslede finansieel swaar kry, die nuus dat Clover die land se grootste kaasfabriek in Lichtenburg gaan sluit weens swak dienslewering en die Mededingingskommissie se besluit om Grand Parade Investments te verbied om hul aandeel in Burger King Suid-Afrika te verkoop.
Luister: Die Kinderwet, gesinshereniging en pleegsorg
Henda van der Merwe van die CMR Gauteng-Oos het ʼn paar vrae beantwoord oor die verwydering van kinders uit ouerhuise, asook die gesinsherenigingsproses. Sy het meer oor die Kinderwet vertel en die rol van pleegsorgouers bespreek.
‘Die pad na selfbestuur’: Switserland en die idee van federalisme
In die twaalfde hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, bekyk Flip Buys die eeueoue vraag: Hoe moet Suid-Afrika se regeringstelsel lyk. Kom luister na hierdie insiggewende hoofstuk uit Buys se pen .
ToekomsVenster: Alles is genade
Dankbaarheid is die basis van ’n gelowige se houding. Alles, alles is genade, onverdiende guns alleen!
Luister: Jong rocker verwerk pyn, geluk deur musiek
“Ek het soms wakker geskrik met my ma wat op die voetenent van my bed sit en vir my bid.”
ToekomsVenster: Die barmhartige Samaritaan
Daag die teks jou uit? Wat maak jy daarmee?
Wiele2Wiele gesels oor Nissan se Magnite
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Nissan Magnite, ‘n B-segment-sportnuts. Hulle gee ook raad oor wat om te doen as jou motor se vensters opwasem en gesels oor BMW se nuwe 1250-motorfietsreeks.
Luister: Ray Dylan sing steeds die land aan die brand
“As jy weet jou poeding werk en die mense hou daarvan, bly daarby.”
ToekomsVenster: Kom ons gesels oor barmhartigheid
Dit is barmhartig in die volle sin van die woord.
Radiodramakompetisie vier ʼn kwarteeu
“Klank bied soveel moontlikhede, sonder dat ʼn skrywer hom- of haarself oor ʼn begroting hoef te bekommer.”
ToekomsVenster: Om Sy getuies te wees
Het jy al jou getuienis met iemand gedeel?
ToekomsVenster: Krag van die Heilige Gees
Hoe staan dit met die Heilige Gees in jou lewe?
Luister: Koop jy binnekort vir die eerste keer huis?
Francois Janse van Rensburg gaan oor die volgende vier weke met Maroela Media gesels oor dié proses en sommer ook ʼn paar wenke gee oor hoe om die aankoop van jou eerste huis so maklik as moontlik te doen.
Kommer oor openbare skuld; skerper aanslag teen ekonomiese vryhede
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die Reserwebank se kommer oor openbare skuld en finansiële stabiliteit.
Podlitiek: Sonder werk, steeds ingeperk, Malema haat nog sterk
Onder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord en ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, skokgolwe deur die land stuur – maar hierdie is nie normale omstandighede nie.
‘Die pad na selfbestuur’: ANC-regering al meer soos besettingsmag
Buys skryf verder dat dit egter mettertyd duidelik geword dat die ANC net die destydse toegewings gemaak het om mag te bekom waarna hulle daardie einste mag begin gebruik het om hul sosialistiese doelstellings te verwesenlik. Kom luister na die voorlesing van dié hoofstuk.
ToekomsVenster: Ons sukkel met wag
Wat is dit waarvoor die Here sê jy moet wag? Moenie in ongeduld verval nie, want Hy stel nooit teleur nie.
ToekomsVenster: ’n Metafoor vir die Vader se teenwoordigheid
Miskien sal wolke vir ons nuwe betekenis kry? Mag elke wolk iets van God se teenwoordigheid in jou lewe simboliseer.
Wiele2Wiele gesels oor Audi se SQ8
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se SQ8 met Audi se kragtigste dieselenjin nog en vertel jou hoe die Audi Q2 verander is. Hulle gaan ry ook met Kia se Picanto X-Line.
ToekomsVenster: Pinkster en die koms van die Heilige Gees
Ons dien ’n drie-enige God en alhoewel geen mens die misterie daaraan kan verduidelik nie, is dit hoe God Hom aan ons openbaar.