“Waar julle ook al is, ons kom vir julle. Toegewyde polisiebeamptes is aangestel om hierdie saak te ondersoek.”
Alles vir die maand Desember 2017
Die laaste hoofstuk is geskryf: Bokke nou sesde!
Wêreldbekerwenners in 1995 en 2007, Drienasieskampioene in 1998, 2004 en 2009, temmers van die Britse en Ierse Leeus in 2009, drie oorwinnings oor die All Blacks in 2009.
Seun ontslaan ná wag hom glo aanrand
Die tienerseun van Lephalale (Ellisras) in Limpopo wat na bewering Donderdag deur ʼn veiligheidswag erg aangerand is, is ontslaan en sterk by die huis aan.
Man tydens huisroof doodgeskiet
“Hulle het ʼn vuurwapen op die man gerig en hom in die kop geskiet. Hy is op slag dood.”
Verdagte met drie vuurwapens betrap
“Die polisie het ʼn R5-geweer, 308-geweer en ʼn Z88-pistool asook ammunisie gevind en daarop beslag gelê. Al die vuurwapens se reeksnommers was afgevyl.”
ANC in Gauteng kies hul voorkeurkandidaat
Die ANC in Gauteng het Saterdagaand in Irene in Centurion hul voorkeurkandidaat benoem om pres. Jacob Zuma op te volg.
Vrou kritiek ná sy van kwadfiets af val
ʼn Vrou, vermoedelik 26 jaar oud, moes Saterdagmiddag met ʼn helikopter van Cullinan, oos van Pretoria, na ʼn hospitaal geneem word nadat sy van ʼn kwadfiets af geval het.
Nog ʼn drawwer sterf tragies
Twee drawwers is Saterdag in twee afsonderlike voorvalle dood.
Gedagte vir die dag: Moenie God miskyk nie
En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie. Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe. (Hebreërs 10:38-39)
Cheetahs se tuis-jagveld eis nog ʼn oorsese slagoffer
Die Cheetahs het hulle derde plek in groep A van die Pro14-reeks behou en is tans sesde uit al 14 die liga se spanne – een van dié verrassings in die reeks wat vanjaar uitgebrei is.
Walliesers vryf sout in Bok-wonde in
Asof die wonde wat Allister Coetzee se termyn as Springbok-afrigter gelaat het nie rou genoeg is nie, vryf die Wallisers nog sout daarin ook.
Springbokke: dit was sekerlik die heel laaste strooi
Totsiens Allister, jy sal nie baie lank onthou word nie.
Drie beseer in botsing tussen drie motors
“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle twee vroue wat vasgeknel was in ʼn Polo aangetref,” het Siddall gesê.
Drawwer (59) sterf ná hy inmekaar sak
ʼn Man, vermoedelik 59, is Saterdagoggend dood ná hy inmekaar gesak het terwyl hy gedraf het.
Blitse druk 3 keer in vier minute teen Kiwi’s
Drie drieë binne vier minute het die Suid-Afrikaanse sewesspan Saterdag in staat gestel om Nieu-Seeland in Dubai te klop en sy toernooititel suksesvol te verdedig.
KZN-man (18) deur huiseienaar geskiet
Die man is in ʼn kritieke toestand na die hospital gehaas ná hy ʼn skietwond aan sy kaak opgedoen het.
Taxi tref koeie: Dodetal styg verder
Ondersoek deur patoloë het aangedui dat daar meer mense dood is as wat aanvanklik berig is.
Direkteurs vas ná hul mense uit reusebedrae swendel
Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Jacobus van Wyk Stone (35) en Christo Germishuys (45) is vasgetrek ná hulle tussen 1 Augustus 2010 en 12 Februarie 2012 as direkteurs van Ceek Investments Pty Ltd na bewering die Wet op Banke oortree het.
Polisieman vas vir staatsgetuie se moord
ʼn Polisiebeampte van Port Elizabeth is ná ʼn maande lange ondersoek na die dood van ʼn staatsgetuie in hegtenis geneem.
Taxi tref koeie: ‘Kla die vee-eienaar aan’
Daar is ʼn beroep op die polisie gedoen om die eienaar van die koeie waarteen ʼn taxi met kerkgangers aan boord gebots het, van strafbare manslag aan te kla.