“Ek kon skaars glo dat ek uiteindelik swanger was – dit tel beslis as een van die gelukkigste dae van my lewe.”
Alles vir Vrydag 31 Mei 2019
Video: Hommeltuie lewer binnekort bloed af
Die SANB is vasbeslote om toegang tot lewensbelangrike bloedprodukte te verbeter.
Die wêreld in foto’s – 31 Mei 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Vermiste Knysna-sakeman ‘waarskynlik nie dood’
Mike Bolhuis het gesê sy ondersoekspan se inligting dui daarop dat Scheepers nié dood is nie.
Lesufi weer LUR vir onderwys
Panyaza Lesufi is twee dae nadat hy as LUR vir finansies en e-regering aangestel is, teruggeskuif na die portefeulje van onderwys wat hy voorheen beklee het.
Jong pasgetroude sterf in mynongeluk
“Aan sy vrou, Joane, sy ouers en suster sowel as hul gesinne; mag julle vertroosting vind in dié moeilike tyd.”
Híér is SA se beste slaghuise
Vir dié toekennings kan ʼn slaghuis homself nie inskryf nie – hulle moet benoem word deur hul klante.
Proteas moet aanbeweeg ná Engeland-loesing
Faf: “Jy gaan wedstryde speel waarin jou teenstanders net eenvoudig beter is as jy.”
Man vas oor groot hoeveelheid diesel
Kanne vol diesel is in ’n stoorkamer op die erf gevind terwyl nog kanne agter op ’n bakkie gelaai was.
Nuuskommentaar: Gaan Israel-verkiesing Midde-Oosterse vrede verongeluk?
Israel gaan weer stembus toe nadat die wenner van die party wat die meeste setels verower het, met net een stem nie daarin kon slaag om ’n koalisieregering saam te stel nie.
Vandag se sportnuus
Proteas verloor openingswedstryd met 104 lopies.
Boek: Die avonture van Kuifie – Verkenners op die maan
Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ʼn hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings.
Redakteursbrief: Dink aan die eend
Joernaliste is meer as ʼn nuusbron – hulle is beraders, raadgewers, speurders, waghonde en vertroosters. Hulle beskerm die weerloses en konfronteer die magtiges. Hulle waagmoed is meer as hul vrees en hul oortuigings is sterker as hul inkennigheid.
Afrisaam-fees 2019 vier weer Afrikaans
“Topklas Afrikaanse musiek, heerlike feeskos en ’n veilige kindertuin waar die kinders die dag kan spandeer terwyl die ouers lekker kuier.”
Die watergrafte van Scapa Flow
Merkwaardig genoeg was die twee skepe op 31 Mei en 1 Junie 1916 opponente by die Seeslag van Jutland, maar albei vind uiteindelik ’n watergraf by Scapa Flow. Die kringloop is voltooi.
Amnestie Internasionaal skort dienste in Zim op
Dié besluit is geneem nadat ʼn uitgebreide forensiese oudit einde verlede jaar uitgevoer is.
Verbruikersake: Die lesse uit motorklagtes
Ina Opperman het gaan kyk watter lesse verbruikers kan leer uit sommige van die klagtes wat die ombudsman vir die motorbedryf ontvang het.
Mkhize gryp in ná vrou aan stoel vasgemaak is
“Ons moet die waardigheid van ons pasiënte handhaaf.”
Om ’n Huawei te hê of nie
Dis seker wat Shakespeare se Hamlet vandag sou vra indien hy geleef het en ook vasgevang was in die handelsoorlog tussen Amerika en China. Amerika bestempel Huawei as ’n sekuriteitsbedreiging en het sy eie maatskappye onlangs verbied om met Huawei sake te doen.
Man kritiek ná motorkaping
Die gewonde man kon daarin slaag om na die naaste vulstasie te ry om hulp te ontbied.