Vandag se protesaksie was slegs ʼn voorsmakie van die massaprotesaksie wat vir Vrydag beplan word.
Lees meerAlles vir Woensdag 31 Julie 2019
SA regering gee R3,5 miljoen uit op arbeidskonferensie in Switserland
Die Suid-Afrikaanse regering het R3,5 miljoen bestee om 37 departementele amptenare en leiers van die vakbonde Cosatu en Fedusa vir 12 dae op belastingbetalerskoste Genève toe te stuur
EFF-voorsitter oor ʼn EFF sonder Malema
Dit gons in politieke kringe nadat die nasionale voorsitter van die EFF, adv. Dali Mpofu, gesê het hy sal verbaas wees as die EFF-leier, mnr. Julius Malema, homself vir nog ʼn termyn beskikbaar stel.
Maimane skryf aan Ramaphosa oor ekonomie se ‘donker dag’
Maimane wil dit aan Ramaphosa duidelik maak dat daar oplossings beskikbaar is om die land se ekonomie te red. Dié oplossings is gegrond op ingrypings wat reeds vantevore onder DA-bewind gewerk het.
Goeie nuus vir Kaapse waterverbruikers
Die provinsie se damme was teen Dinsdag gemiddeld 72% vol.
Kind sterf by skool ná stormwaterpyp oor hom rol
Een van die onderwysers het hom na die personeelkamer gedra waarna ʼn ambulans na die skool ontbied is.
Denel hof toe gesleep
“Ons weet nie of ons volgende maand se salaris gaan ontvang nie. Hierdie ding maak ons siek,” het ʼn werknemer van Denel gesê.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; dis oneindig
Terwyl ons saambid sê ek vir die Here dankie dat die Krag van die hemel nie gerantsoeneer na ons toe kom nie. Ons hoef dit nie in eenhede aan te koop nie en ons hoef ook nie bekommerd te wees dat die toevoer ons iewers in die steek gaan laat nie.
Binneverhoor oor Xander se bekentenis afgehandel
Die saak teen Bylsma is toe vanmiddag weer uitgestel.
Klag teen burgemeester oor ‘peperduur verjaardagpartytjie’
“Munisipale beamptes kan nie langer toegelaat word om belastingbetalers se geld só te vermors nie.”
Silwerskoon by die huis en kantoor
Camperdown-omgewingsdienste maak slegs van die nuutste tegnologie gebruik.
43 Hongkong-betogers kry borgtog
Die betogers is deel van ʼn groep van 49 wat Sondag aangekeer is in die grootste massa-inhegtenisneming sedert die betogings op 9 Junie begin het teen voorgestelde wetgewing wat gaan toelaat dat verdagtes in strafsake aan China uitgelewer mag word.
Wenke vir veilige kuber-vlerksleep
Hoewel talle mense aanvoer hulle sal weens verskeie redes nooit van aanlynafspraak-webwerwe gebruik maak nie, toon navorsing dat een uit elke drie mense wel al aanlyn na potensiële pasmaats gesoek het.
OB se bevoegdheid dan bespreek
Daar was die afgelope twee weke herhaalde oproepe vir Mkhwebane om te bedank.
Die wêreld in foto’s – 31 Julie 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ridder Rassie ook ’n held in Vancouver
Sy toetsbuiging kan nie té ver in die toekoms wees nie.
Nou dat ek ʼn ma is, wil ek jammer sê…
Nou dat ek ʼn ma is, besef ek al meer hoe waar die sêding is: “Daar is niemand wat so ʼn goeie ouer is soos die persoon wat nog nie ʼn ouer is nie”.
Vermeende Facebook-bedrieër hoor oor borgtog
Marius Smit (26) het Dinsdag weer in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Gedig: Ouma Baai maak heuningbier
George Weideman se gedig, “Ouma Baai maak heuningbier”
Valke slaan toe op daggalab in Kaapse rykmansbuurt
Die polisie het beslag gelê op cannabis-olie, daggaplante en -sade, asook toerusting en chemikalieë om ekstrakte te maak.