Pendelaars het onlangs op ʼn vreemde toneel afgekom waar ʼn vliegtuig onder ʼn brug vasgekeer is.
Alles vir Woensdag 23 Oktober 2019
Hernieude kommer oor hidrobreking in Karoo
Die oorbenutting en besoedeling van die Karoo se skaars waterbronne is die mees problematiese aspekte van hidrobreking. Dit kan beteken dat die relatief kortstondige voordeel van gasontginning dié kwesbare landstreek permanent onbenutbaar maak.
Kans op beurtkrag dié week skraal, maar nie uitgesluit
Suid-Afrikaners kan verwag om die res van die week krag te hê, maar moet liefs nie die kerse té diep bêre nie.
Gedig: Dorp in die Boesmanland
“Die dorp lê en slaap. Teen drie-uur lê die huise soos baksels brood in die maanlig …”
Gebrek aan vonnisopleggings vir ontvoerings kommerwekkend
Die getal vonnisopleggings het gedaal vanaf 36 in die 2017-’18-boekjaar tot 12 vandeesjaar.
Irene-Louise van Wyk oor vrouedag: Vroue is saam kragtiger
“Ek het gevoel daar is nie genoeg vrouedae nie. Dag van Vroue-KRAG! is nie net nog ’n vervelige konferensie nie, maar ’n prettige dag om vrouwees te vier.”
Daar’s ʼn liggie aan die einde van die tonnel
Gideon du Plessis het onlangs drie situasies beleef rakende ekonomiese beleid, ras en Christenskap wat hom weer moed laat skep het.
Vandag se sportnuus
Kieran Read sal gereed wees vir Engelse; All Blacks wen 15 van laaste 16 toetse teen Rose.
Resep: Dadelkoek met pekanneutbroslekkers
Hou dié resep vir ʼn spesiale geleentheid.
US-taalbeleid: Dis ʼn tragedie, maar ons moet vorentoe kyk
Die regters van die konstitusionele hof, wat veronderstel is om die Grondwet te bewaak, verkrag dit, skryf Leopold Scholtz.
Wildspasteie pantser swaarkry danksy #HelpJag
In die 16 jaar van Lekkergoedland se nederige bestaan in Booysens in die weste van Pretoria, het die eienaar en stigter, Engela Potgieter (65), daagliks met armoede te doen.
‘FroueVonds’: Vroue kwesbaar, maar sterk
Laastens, vroue is die kwesbaarste, maar ook die sterkste wesens. Hulle laat net nie altyd toe dat mense hul kwesbaarheid sien nie. Hulle besef hulle moet sterk van liggaam en siel wees en dikwels harder werk om sukses te bereik.
Miljarde se reddingsboei aan Eskom verstom
Die Nasionale Vergadering het Dinsdag ten gunste van ’n spesiale toedelingswetsontwerp gestem wat ʼn reddingsboei van R59 miljard aan die sukkelende Eskom toestaan.
Mbalula nié bekommerd oor opgeskorte vlugte
Die minister van vervoer was min getraak deur die onlangse opskorting van vlugte en glo dat bedrywighede teen die einde van die week na normaal sal terugkeer.
Verkragting van kleuter van hofrol geskrap, DA woedend
Die saak teen ʼn vermeende verkragter van Boksburg is van die hofrol geskrap weens ʼn tekort aan bewyse. Dié besluit het die DA warm onder die kraag.
Gedagte vir die dag: Onverganklik
Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom. Die Here het sy troon in die hemel gevestig, sy heerskappy strek oor alles en almal. (Psalm 103:17-19)