Dié EcoSport is verreweg een van die romerigste driesilinderenjins waarmee ek al te doen gehad het.
Alles vir Maandag 4 Mei 2020
Boekvoorlesing: Kowie Brönn van Montagu
Saam met ʼn koppie boeretroos sal ʼn voorlesing van ‘Kowie Brönn van Montagu’ deur Abraham H de Vries vorentoe smaak. Luister hier na Johny Klein, bekende akteur en storieverteller, se aanbieding.
Duisende SA’ners reeds veilig tuis
Suid-Afrikaners in lande soos Kambodja en Afganistan sukkel egter nog om terug te kom.
Gesinsgeweld in afsondering: Kry só hulp
“Indien jy weet van iemand wat mishandel word, meld dit by die SAPD aan, en kry hulp van ’n betroubare gemeenskapsdiens (soos CMR) – dit is die regte ding om te doen.”
Kaapse Spar roer harte met inperking-gebaar
“Wat ʼn pragtige en hartroerende gebaar. Dankie vir julle mooi harte. Dit is as gevolg van mense soos julle dat ons saam hierdeur sal kom.”
Bekende Weskus-restaurant dalk teiken van vandale
“Dit is hartverskeurend om die restaurant só te sien.”
Mening: Klubrugby belangriker, en geldspelers moet help
By die Blou Bulle is die groot beplanning steeds, ondanks die pandemie, aan die gang om voort te bou op verlede jaar se blink inisiatief wat klubrugby, ook in die buurbonde, ʼn tamaai hupstoot gegee het met die doel om spelers vir die beroepspanne uit die klubs te kweek.
Man vas vir leeuvelle
Die man is die afgelope naweek in Noordwes met die velle betrap.
Solidariteit lê klag teen minister van kleinsakeontwikkeling
Dié stap volg nadat die minister onder eed teenoor Solidariteit onderneem het dat ras nie ’n rol speel as maatstaf vir hulp aan kleinsakeondernemings nie.
Vandag se sportnuus
Montpellier ontken dat hy met Pieter-Steph du Toit onderhandel.
Ammoniak-storting ná botsing
Inwoners in die omgewing het wakker geword van die walms in die lug.
Veiligheidswag geskiet wat plunderaars glo verjaag
Gewapende mans het glo uit ʼn taxi gespring en op die veiligheidswag losgebrand.
Meeste SA’ners ondersteun afsondering – peiling
Die meerderheid van deelnemers aan die studie meen daar moet streng opgetree word teen mense wat die regulasies oortree.
Boek: Ek kan vlieg
Pikkewyne is gewilde onderwerpe vir prenteboeke, maar “Ek kan vlieg” is opvallend vir die sjarme en emosionele impak daarvan. Dit is geskik vir kinders van drie en ouer.
Foto’s: Gelukkige einde vir diere van Bloem-dieretuin
Dit was aanvanklik ’n gespook om twee van die dieretuin se tiere uit hul hok te bevry.
Nuuskommentaar: Het die ANC die land gekaap?
Al hoe meer berigte rapporteer dat alles nie pluis is met die wettigheid van verskeie aspekte van die afgekondigde ramptoestand nie.
Jy word nie maklik ’n Springbok in rugby én atletiek nie
Dis hoekom daar nog net drie Suid-Afrikaners was wat vir die Springbokke rugby gespeel het en ook die land op die atletiekbaan verteenwoordig het.
Resep: Dadelkluitjies
Rita Bothma, ’n Maroela Media-leser, het hierdie resep ingestuur en sê dit is perfek vir die inperkingstydperk.
Nóg ʼn skool van duur toerusting besteel
Tientalle skole het sedert aankondiging van die staat van landwye afsondering al onder diewe en plundery deurgeloop.
Covid-19-samevatting: ‘Virus kom uit Wuhan-laboratorium’ – VSA
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake sê China het ʼn geskiedenis dat hy die res van die wêreld besmet en moet aanspreeklik gehou word.