Die jongste skelmstreek behels dat kriminele kliënte kontak onder die voorwendsel dat hulle bankamptenare is.
Alles vir Maandag 22 Junie 2020
16-jarige belê met mening in sy toekoms
Maar Henno Nel van Bothaville in die Vrystaat het by die multi-miljardêr Warren Buffet geleer dat jy nooit te vroeg met geld kan begin woeker nie. Daarom het Henno op 15 sy eerste aandele gekoop.
Hier is die gewildste aanbiddingsliedere in afsondering
“Dit is inspirerend om te sien hoe die gewilde sangkeuses en lirieke in kerke die temas van vertroue, geloof en lof weerspieël al ondervind die wêreld tans ongekende swaarkry.”
Kawasaki se nuwe vlagskip, die Z H2
Soos ’n leeu wat sy prooi bekruip, reg om te spring, so lyk die Z-reeks-fietse, skryf Brian Cheyne.
Kurt Cobain se kitaar opgeveil vir $6 miljoen
Dit is die duurste kitaar wat nog ooit op ʼn veiling verkoop is.
Boek: Wie’s jy, mnr Slym?
“Wie’s jy, mnr Slym?” is ’n kinderboek met ʼn boodskap oor vriendskap en jy kan boonop leer hoe om jou eie slym te maak. Dit is geskik vir kinders van die ouderdom nul tot ses jaar.
Polisiebeampte skiet vrou, toe homself
ʼn Ander polisiebeampte word van huishoudelike geweld beskuldig nadat hy oor die naweek glo die ma van sy kind aangerand het.
SA losskakels van die grootste in Europa
Die swaarste losskakels in die Engelse Premierliga, die Pro14 en die Franse Top14 is almal Suid-Afrikaners.
Pretoria-man doodgeskiet tydens huisroof
Die man en sy vriend is met elektriese koorde aan stoele vasgebind terwyl diewe die huis leeggedra het.
Koue, inperking stuit nie motorfietsryers se helpende hand
Nagenoeg 250 motorfietsryers het Saterdag Solidariteit Helpende Hand se deurry-projek vir liefdadigheid bygewoon. Ongeveer 500 komberse en 700 houers sopbestanddele is ontvang.
Skoolaansoeke vir Gauteng dié week oop
Intussen het Wes-Kaapse skole vandeesweek begin om leerders te plaas.
Ramaphosa ‘optimisties’ oor ekonomie ten spyte van Covid-19
ʼn Aantal maatskappye het planne bekendgemaak om personeel af te lê of permanent te sluit weens die erge finansiële verliese wat hulle gely het.
Stransky en Naas laat die All Blacks se hare rys
Die All Blacks haat skepdoele vir die meer as 122 jaar wat hulle toetsrugby speel.
Vandag se sportnuus
Britse motorfietsster sterf ná ongeluk op renbaan.
Dlamini-Zuma dán weer in hof oor afsonderingsregulasies
Die hof het vroeër in Junie bevind die regulasies is ongrondwetlik.
Vrou ernstig beseer in val tydens staptog
Die vrou het tydens ʼn staptog saam met vriende naby ʼn kloof gegly en ver geval.
Resep: Deon se spek-en-kaas-potbrood
“Al wat jy nou kort, is ʼn mes, lekker botter en braaivleis.”
Rower jaag met vrou weg
Die vrou is later op die N2 naby Port Elizabeth afgelaai.
Dis tyd dat SEB sy tas pak
Die skrif is werklik aan die muur ten opsigte van werkgeleenthede en indiensneming vir Suid-Afrikaners. Geen groep voel hierdie druk en lees hierdie skrif duideliker as die jeug van Suid-Afrika nie. Dit is hoog tyd vir SEB om geskrap te word, skryf Paul Maritz.
Daar ís iets wat jy kan doen
Die een goeie ding wat Covid-19 veroorsaak is dat dit ons dwing om nuut te dink, weer te waardeer wat ons het, en ons aanspoor om anders op te tree: óns het die vermoë om deur ons dade ware gemeenskapslewe weer terug te bring.