Daar was glo ’n struweling tussen die man en verdagtes.
Alles vir Donderdag 4 Maart 2021
Leon van Nierop se resensie: Invisible City
Dit is ʼn Brasiliaanse byna surrealistiese, mitiese rolprent met byskrifte, heeltemal anders as die soetsappige “Bridgerton” wat almal so gaande het en al oor ʼn honderd miljoen keer gekyk is!
Alle grappies op ’n stokkie: SA humor is goud werd
Ek het lekker gelees aan die artikel, maar my laaste gedagte was dat die groep mense wat die storie nagevors het, duidelik nog nie in Suid-Afrika was nie. Ons humor is dalk nie altyd so fyn nie, maar méns, ons kan mekaar lekker laat lag en vir ’n oomblik van al ons sorge laat vergeet.
Klink ’n glasie vonkelwyn op Duane
Springbok-hardebaard en Bulle is SA Rugby se beste.
Kyk Harry en Meghan se onderhoud met Oprah hier
M-Net het laat hoor dat hy op DStv-kanaal 101 daarvoor sal sorg dat Suid-Afrikaners ook na die onderhoud kan kyk.
Leon van Nierop se resensie: News of the World
Hierdie fliek is soos jy dit uit die sestigs en sewentigs onthou met geharde pioniers, ’n Western-storie, ʼn ongekende, wrede en verraderlike landskap, horisonne wat nog ontgin moet word en taai mense wat hulle deur niks laat onderkry nie.
Schoenmaker laat Afrika-rekords tuimel
Saam met haar nuutste 100 m-poging het sy ook die nasionale en Afrika-rekord in die 200 m-borsslagitem agter haar naam; om nie eens van haar prestasie oor 50 m te praat nie.
Motorfietsopleiding vir nuwe ryers
Dit is van onskatbare waarde vir nuwe ryers om deur ervare instrukteurs geleer te word voor slegte gewoontes kan posvat.
Talle rowers vas toe polisie kaping fnuik
Een van die verdagtes het ʼn baba gegryp om as skild te gebruik terwyl hy probeer ontsnap het.
Polisielede skiet glo diewe, buit sélf kabels
Die verdagtes se liggame is op die toneel agtergelaat.
Tydskrif skuld Cele verskoning oor opmerking – persombud
Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, sê die tydskrif sal voortgaan om sy lesers oor die feite in te lig en hulle kan dan self oor die waarheid besluit.
Boek: ‘Stillewe’ – Marie Spruyt
‘Stillewe’ is ’n ode aan Italië se leefwyse, die kos, landskap en kuns.
Wêreldvetsugdag: Oorsake, gevolge en behandeling
In Suid-Afrika is 70% vroue, 31% mans en 13% kinders oorgewig.
Taalgebruik: belofte, gelofte
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen die gebruik van “belofte” en “gelofte”.
#JongStemme: Hoop ná die ‘verlore’ jaar
Gedurende hierdie onseker tydperk, moes ek ongelukkig ook ’n paar mense, mense na aan my, aan die dood afstaan. Een van hulle was ons geliefde skoolhoof van die HTS Drostdy, skryf Robert-Andrew Adshade.
eNCA-aanbieder dood weens Covid-19
Karima Brown “is gedryf deur die oortuiging dat joernalistiek in diens van geregtigheid moet staan”.
‘Dodelikste dag nóg’ sedert Mianmar-staatsgreep
Mianmar is sedert begin Februarie in ʼn warboel nadat die land se weermag ʼn staatsgreep uitgevoer het.
Ondersoek kom na boelie-bewerings in Britse paleis
Buckingham-paleis het benadruk dat die koningshuis geensins boelies of teistering in die werkplek duld nie.
Vaughan gooi modder oor kolfblad
“Voorbereiding vorder fluks vir die vierde toets!” het die voormalige Engelse kaptein onderaan die foto geskerts.
Kom krap in ons Koöperasie-afslagmandjie!
In ʼn tyd waar meeste van ons sente moet omdraai, die gordel stywer moet trek en soms die spaarvarkie moet oopbreek, is dit mos altyd lekker om te hoor as daar iewers ʼn winskopie beskikbaar is.