Ramaphosa het Dinsdag vier stappe bespreek waaroor die regering en sakeondernemings ooreengekom het met betrekking tot die herbou en herstel van die skade wat onluste verlede week in KwaZulu-Natal en Gauteng veroorsaak het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 Julie 2021
WeBuyCars koop Ticketpro Dome
Die Ticketpro Dome, Suid-Afrika se grootste veeldoelige binnenshuise arena, het Maandag ná 20 jaar sy deure gesluit.
Sterftesyfer styg steeds ná Europese oorstromings
Reddingswerkers sê meer liggame gaan waarskynlik in oorstroomde kelders en huise wat meegegee het, gevind word.
Onluste: Shoprite skenk R1 miljoen aan gemeenskappe
Klante kan by betaalpunte by Shoprite, Checkers en Usave-winkels landwyd geld in hierdie fonds inbetaal.
Kusile-beskuldigde se regsverteenwoordiger onttrek
Die vier mans staan tereg op aanklag van geldwassery, bedrog, korrupsie asook dat hulle ongemagtigde betalings gedoen en ontvang het.
Sangeres se familie vra gebede vir ‘sonskynkind’
Sy is verlede Saterdag met Covid-19-verwante longontsteking in die hospitaal opgeneem en word sedertdien in die hoësorgeenheid behandel.
ToekomsVenster: Dank die Here vir sy beloftes
Laat jou geloof rus op wie God is en wat Hy verteenwoordig.
Iemand ‘mislei’ publiek oor drankverbod – Salba
Salba hou vol dis die aandklokreël, eerder as die verbod op drankverkope, wat ʼn afname in traumagevalle en onnatuurlike sterftes tot gevolg het.
‘Stel plaaslike verkiesings uit’ – verslag
Moseneke dui in die verslag aan dat die verkiesing tot nie later as Februarie 2022 uitgestel moet word nie.
SA vullisterreine steeds vrot – oudit
Verskeie munisipale vullisterreine het die afgelope jaar gesluit terwyl ander eintlik al volgens hul lisensies gesluit moes gewees het.
Mej. SA vang nóg ’n graad
Musida sê die graad is deel van ʼn droom wat haar oumagrootjie vir haar as jong meisie gekoester het.
Taxi-geweld duur voort in Moederstad
Polisiebeamptes het die afgelope dae vyf verdagtes in hegtenis geneem vir misdade wat verband hou met taxi-geweld.
Teiken van 67 000 liter sop verpletter
Te midde van die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng het die organisasie Chefs with Compassion daarin geslaag om die naweek meer as 70 000 liter sop te kook en 283 588 mense ʼn koppie sop te gee.
Video: Vettel help met opruimingswerk ná wedren
“Ek dink dit is belangrik om respek vir die omgewing te hê en nie alewig op ander staat te maak om alles op te ruim nie.”
Aanlyn gesprek wil gr. 9’s help met vakkeuses
Om skoolvakke in gr. 9 te moet kies is nie altyd ʼn maklike taak nie. Besluite hieroor veroorsaak dikwels onnodige spanning by leerders én ouers.
Bankstate van CR17-veldtog bly geheim
Die EFF het te velde getrek teen die uitspraak.
Nienaber kies sy span wat Leeus moet tem
Siya Kolisi is terug om ’n span met 21 Wêreldbeker-wenners teen die Britse en Ierse Leeus te lei.
Mdluli se verhoor nóg ʼn keer uitgestel
Die voormalige hoof van misdaadintelligensie het reeds vier keer vantevore versuim om vir die verhoor op te daag en die saak is reeds eenmaal uitgestel.
Wiele2Wiele ry met Audi se Q2-sportnuts
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se klein Q2-sportnuts en Citroen se C3.
Nuwe ‘Space Jam’-fliek onttroon Marvel by loket
Met ʼn gesamentlike stromingsuitreiking het dit ʼn nuwe pandemie-era-rekord vir ʼn gesinsrolprent opgestel.