“Moedertaalonderrig verbeter leerders se kognitiewe vermoëns, bevorder beter onderwyser-leerder-verhoudings en verhoog hul algehele akademiese prestasie. Boonop help moedertaalonderrig leerders om hul linguistiese erfenis en identiteit te behou en sodoende hul lewens en gemeenskappe te verryk.”
Alles vir Vrydag 28 Julie 2023
SA se Reto is voorloper
“Dit is ʼn wonderlike baan met sprokies-uitsigte en ek is net bly dat ek vir ʼn slag goed gespeel het.”
Raskwotas: Gaan soek dan werk op ander plek, sê minister
Navorsing dui daarop dat meer as 600 000 Suid-Afrikaners van alle agtergronde in hul bestaande poste vervang sal moet word om aan die ANC-raskwotawet te voldoen – omdat hulle die “verkeerde” velkleur het.
#JouYster-wenner bied opleiding by Cosmo Training Academy
[promosie] Die akademie se hooffokus is op sweisopleiding.
De Allende gerat om Argentyne aan te vat
Damian de Allende het weliswaar verroes teen die All Blacks in Auckland gelyk, maar die agterspeler kry Saterdag nog ʼn kans om sy waarde in die Springbok-trui te onderstreep.
Quinny moker Orcas tot in eindstryd
Quinton de Kock het 88 onoorwonne lopies van slegs 50 aflewerings teen die Texas Super Kings aangeteken.
Tshwane gee laaste ultimatum aan stakende werkers
Honderde lede van die vakbond Samwu staak sedert Maandag oor die 0%- loon- en salarisverhoging wat die stadsraad in Junie goedgekeur het.
Sakpas-sonkrag vir sake-eienaars
Met Suid-Afrikaners wat steeds sonder enige teken van lig aan die einde van die tonnel onder beurtkrag en stygende elektrisiteitpryse steier, soek al meer sake-eienaars alternatiewe energiebronne om operasioneel te kan bly.
Tshwane-varsproduktemark kry nuwe baadjie
Meijer sê die strategie behels verskeie aspekte waaronder die opgradering van infrastruktuur om ʼn “moderne, veilige en gerieflike omgewing” vir almal wat die mark besoek te verseker.
Video: Ongelooflik! Jongleur los drie Rubik-kubusse in die lug op
Om as jongleur die kubus op te los, verg uiterste konsentrasie en fisiese vaardigheid. Benewens die feit dat jy kop moet hou om drie kubusse gelyktydig op te los, moet jy ook ʼn perfekte jongleur-ritme behou.
Maatskaplike werkers is ’n boei vir traumaslagoffers
“Die dienste wat ons lewer is deurslaggewend vir diegene na wie ons uitreik. In die afgelope finansiële jaar het ons byna 30 000 individue gehelp, wat min of geen ander uitweg sou hê om die hulp te kry wat hulle nodig het om die realiteite van hul lewens die hoof te bied nie.”
Nog Kampioenskap-glorie wink vir Tatjana
Tatjana Schoenmaker swem vandag om 13:49 in die eindstryd van die 200 m-borsslagitem in Japan.
Vyf in hof vir Harrismith-boer se ontvoering, moord
Boere en lede van die gemeenskap van Harrismith was met die verdagtes se verskyning by die hof met plakkate waarop onder meer staan “Stop plaasmoorde” en “Moeg vir moord”. Dit is uit protes teen plaasaanvalle en -moorde in hul omgewing.
Resep-video: Oondgeroosterde groente
Hierdie kleurvolle en gesonde bykos kan saam met ʼn stukkie hoender geniet word en kan selfs ingepak word om by die werk te nuttig.
Luister: Dié mense is lief vir avontuur
Waar die sewe sukkel om in diep konneksie met ander te tree, is hulle gewoonlik die helderste lig in ʼn vertrek.
Banyana wag steeds vir eerste Wêreldbeker-sege
Suid-Afrika het vandag in Dunedin ʼn voorsprong van 2-0 in hul Wêreldbeker-wedstryd teen Argentinië weggesmyt.
Janie Bay, Elandré sing liefdesverhaal
“Hierdie tema is nie abnormaal nie, dit gebeur in soveel verskillende verhoudings.”
Uitdrukking: ’n Man uit een stuk
Taaltoffie ondersoek die herkoms en betekenis van die uitdrukking “’n man uit een stuk”.
Staat wil borgtog teenstaan ná vragmotors brand
Nie minder nie as 21 vragmotors is vroeër vandeesmaand binne enkele dae in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo aan die brand gesteek.
Poetin bied gratis graan aan ses Afrika-lande
Dié onderneming volg kort nadat Rusland geweier het om die ooreenkoms wat Oekraïne toelaat om graan verby Rusland se oorlogskepe in die Swartsee na die res van die wêreld, insluitend Afrika, uit te voer te hernu.