Nog ʼn verdagte is dood toe polisiebeamptes probeer het om sy voertuig voor te keer. Hy het geweier om stil te hou en het skote op die polisie afgevuur waarna hulle teruggevuur het.
Alles vir Vrydag 12 April 2024
EFF-hoof van sekuriteit skuldig ná klap
Die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, is skuldig bevind op aanklagte van aanranding nadat hy in Februarie 2019 ’n polisieman ná die president se staatsrede in die parlement geklap het.
Coetzé lyk onstuitbaar in water
Pieter Coetzé het reeds vier goue medaljes by die nasionale swemkampioenskap in die Oos-Kaap ingeoes.
Blits-Beemers laat kilometers in weelde vlieg
Die X5 sowel as die X6 voel pure bulperd wanneer jy jou voet op die versnellerpedaal plant en jy voel die adrenalien deur jou are vloei. Die X5 is ʼn uiters luukse gerieflike gesinsmotor terwyl die X6 ʼn vuurwarm monster is wat nie net die wiele nie, maar die koppe ook, laat draai.
Redakteursbrief: Die wonder en tragedie van stories
“Dan was daar die dorpsbiblioteek. Wat ʼn plek. Die magiese daarvan om by die deur in te stap, die boeke te ruik, en my te verbeel hoe duisende stories en woorde rondom my dwarrel en draai, gereed om ontdek te word.”
E-tolhekke is af
Kameras en ligte by e-tolstrukture sal voortaan glo vir misdaadvoorkomingsdoeleindes ingestel word.
Venues vir Krieketwêreldbeker in SA bevestig
Buiten die venues op tuisbodem, sal wedstryde ook in Zimbabwe en Namibië gespeel word.
OVK gaan appelleer oor Zuma
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het hom na die Konstitusionele Hof gewend nadat die kieshof beslis het dat oudpres. Jacob Zuma tóg verkiesbaar gestel kan word vir vanjaar se nasionale verkiesing.
Foto’s: ‘BSV’ se Mathys, Albert nou ‘swarries’ ná spogtroue op plaas
“Kyk, Albert het my vinnig laat verstaan dat ek eers deur hom sal moet kom voordat daar oor trou gepraat word.”
Lego-boewe loop hul rieme styf
Die twee het elke keer ʼn brandalarm laat loei om mense se aandag af te lei, waarna hulle met die gekleurde blokkies laat spat het.
Video: ‘Wees eerlik, deursigtig op sosiale media’
Magriet Groenewald en Maroela Media deel praktiese wenke oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.
Vier blitsig vas ná huisroof in Oos-Vrystaat
Die gesteelde goedere, asook die speelgoedwapen en ʼn polisiekeps, is by hulle gevind.
Sterbelaaide kwarteindstryde wag in Monte Carlo
Van Stefanos Tsitsipas en Holger Rune tot Novak Djokovic en Jannik Sinner sal in vandag se kwarteindstryde afslaan.
Teekoppie van R1,2 miljoen gesteel
Die gesteelde teekoppie was een van die duurste van die meer as 1 000 stukke blink tee- en eetgerei en ander artefakte wat op uitstalling is.
Vleisalternatiewe kan op winkelrakke bly
Drukgroepe het hulle vroeër tot die hof gewend vir ʼn interdik om die departement te verhoed om duisende plantgebaseerde vleisalternatiewe van winkelrakke te verwyder. Die beslagleggings is beoog ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde, wat bepaal sekere produkname is gereserveer vir bepaalde vleisalternatiewe, wat nie vleisvervangings insluit nie.
Onthullende boek oor AKA, Anele op pad
“Die vurige verhaal van AKA en Anele is baie soos ’n noodlottige hedendaagse Romeo en Juliet. Dit is ’n epiese en verwoestende verhaal met wrede reperkussies: twee slim en kreatiewe jongmense, albei nou tragies dood,” skryf outeur Melinda Ferguson.
Waterkrisis wys opnuut belangrikheid van verskansing teen staat
Met die vinnige agteruitgaan van waterverskaffing en -infrastruktuur word Suid-Afrikaners gedwing om ander planne te maak.
DKD-beampte onder dié vas vir onwettige mynbedrywighede
Sewe Zimbabwiërs is op heterdaad betrap waar hulle besig was om onwettig op ’n plaas by Barberton te grawe.
50 vir Faf, maar RCB sukkel
“Ons moes 220 lopies geslaan het; ʼn telling van net meer as 190 lopies is net nie goed genoeg nie.”
Fliekresensie: Riller oor moederinstink, vriendskap ‘tref soos vuishou’
ʼn Dramatiese gebeurtenis verander twee egpare se vriendskap en lewens vir altyd. Dan doen die storie ʼn regsomkeer en verander alles.