Byna ’n vyfde van KwaZulu-Natal se kiesers het nog nie besluit vir watter party of kandidaat hulle op 29 Mei gaan stem nie.
Soekresultate vir: kwazulu-natal
Ambulans-aanvaller gevonnis midde nóg aanvalle op nooddienste
Rowers het nooddienspersoneel dieselfde dag nog oorval terwyl hulle besig was om ʼn pasiënt in die ambulans te behandel.
100 myl, 27 uur: Diabeet wil Drakensberg kafdraf
Jono le Roux se storie gaan nie net oor persoonlike triomf nie, maar is ook ʼn bewys van die vooruitgang in diabetessorg en -tegnologie.
Zuma lok juigende skare
“Wanneer hierdie verkiesing verby is, gaan ons wonderwerke verrig. Diegene wat nog net van ons gehoor het, gaan sien waartoe ons in staat is,” het die oudpresident vandeesweek by ʼn saamtrek in Nkandla gesê.
SA wil malaria teen 2028 uitwis
Hoewel groot vordering reeds in die stryd teen malaria gemaak is, sterf ʼn kind in Afrika steeds elke 60 sekondes weens die siekte.
Selfbeskikking dertig jaar later
As ʼn mens terugkyk op die era wat in 1994 ingelei is, was dertig jaar aan die een kant nie so lank nie, maar aan die ander kant lank genoeg dat dinge in dié tyd ingrypend verander het.
Klagte by MRK teen minister ná kind in puttoilet sterf
“Die onlangse sterfte is nog ʼn strak bevestiging dat die ANC-regering eenvoudig nie omgee nie en beklemtoon sy manipulasie van mag vir politieke gewin.”
Dwelms op skip wat yster invoer
Sowat R15 miljoen se kokaïen is versteek gevind op ʼn skip van Colombia wat anker gegooi het by Richardsbaai.
Groot melkverspreider in sakeredding geplaas
Desmanda Milk skuld tussen R80 miljoen en R90 miljoen aan melkboere in verskeie provinsies en boere sê duisende mense word hierdeur geraak.
ToekomsVenster: Ons is die rentmeesters
Ons is rentmeesters van alles wat God aan ons toevertrou het.
Drie vas ná moord op hoë van Rand Water
Teboho Joala is in Januarie tydens ʼn liefdadigheidsgeleentheid van Rand Water by die Zakariyya Park-gemeenskapsentrum in die suide van Johannesburg doodgeskiet.
Só wil ActionSA waterkrisis omkeer
ActionSA het sy plan voorgelê om die landwye waterkrisis om te keer. Beaumont het gesê al hoe meer Suid-Afrikaners besef om sonder dié hulpbron klaar te kom is erger as kragonderbrekings.
SA rykes kies al meer hasepad
Daar is tans 37 400 dollarmiljoenêrs, 102 sentimiljoenêrs en vyf miljardêrs in Suid-Afrika oor.
Hof skrap Zuma se aansoek oor private vervolging
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het Woensdag oudpres. Jacob Zuma se saak, om adv. Billy Downer SC en die News24-joernalis Karyn Maughan privaat te laat vervolg, van die hofrol geskrap.
Byna 32 000 poste by skole vakant
Vakante poste is egter net die oortjies van die seekoei, aangesien openbare skole ook ʼn aansienlike tekort aan infrastruktuur het.
Dodetal styg na swaar reën in Margate
Daar word ook gepoog om die omvang van skade aan eiendom te bepaal en die onmiddellike behoeftes van die betrokke gemeenskappe te evalueer.
Dokters wag steeds op plasing ondanks minister se versekering
“Dit het ʼn geweldige impak op die lewering van gesondheidsdienste, wat beide pasiënte en die mediese professionele persone, kwesbaar vir verswakkende fisieke en geestelike gesondheid laat.”
Werner de Jager: Kanse vir vervolging, geregtigheid skraal ná sy dood
Werner de Jager se dood kan moontlik die einde van die moordverhoor van ds. Liezel de Jager beteken, selfs al sou daar later nog verdagtes in hegtenis geneem word.
Rooibos kan meer toeriste na SA help lok
“Deur Rooibos by spabehandelings, welstandtoevlugsoorde en kulinêre ervarings in te sluit, kan Suid-Afrikaanse ondernemings aan toeriste ʼn unieke en outentieke smaak van plaaslike welstandtradisies bied.”
Nog reën vir KZN-kus voorspel
Verspreide donderbuie word Dinsdag vir die hele KwaZulu-Natal voorspel, waar kitsvloede reeds groot skade aangerig het.