Die wetsontwerp is van groot openbare belang en sal enige individu toelaat om tot die parlement en provinsiale wetgewers verkies te word – sonder politiekepartylidmaatskap as voorvereiste.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Swaarder strawwe gevra vir dié wat nie kinders vasgordel
Die navorsing het bevind talle bestuurders dra self veiligheidsgordels – terwyl kinders in die voertuig glad nie vasgegordel word nie.
Grafika: Veels te min kinders in karstoeltjies, gordels
Volgens die studie was net sowat ʼn kwart van kinders in voertuie op die korrekte manier vasgegordel of ingeperk, terwyl ʼn derde van kinders glad nie vasgegordel was nie.
Polisiehond Uzzi veilig tuis ná hy spoorloos verdwyn
Uzzi het twee kabeldiewe deur ʼn oop veld agternagesit, maar het glad nie weer na sy hanteerder teruggekeer nie.
Situasie by Durban-hawe ‘beroerd’
Dit lyk wel of herstelwerk van infrastruktuur soos paaie fluks vorder.
Kommer oor nadoodse ondersoeke by Phoenix-lykshuis
Weens ʼn gebrek aan deurlopende watertoevoer, hoop liggame by die staatslykshuise glo op omdat nadoodse ondersoeke nie gedoen kan word nie.
Nóg vrae oor kommentaarproses vir gesondheidsregulasies
Die departement van gesondheid het glo sowat 150 000 kommentare ontvang, maar AfriForum en DearSA sê meer as 310 000 kommentare is net deur hul platforms aan die departement gestuur.
Vooruitsig vir tweede kwartaal lyk droewig
Die oorstromings in KwaZulu-Natal en beurtkrag is sommige van die faktore wat die Suid-Afrikaanse ekonomie rem.
ANC-regering blaas R1,4 miljard op verblyf, vermaak en spyseniering
Die bedrag wat op partytjies, aandetes en hotelle bestee is, is genoeg om etes aan meer as 250 000 behoeftige leerders vir hul algehele skoolloopbaan van 12 jaar te verskaf.
SA moet ‘klimaatbestand’ begin bou
Oor Suid-Afrikaners se geneigdheid om op elke beskikbare lappie grond te wil bou sal dringend herbesin moet word. Want, waarsku klimaatkenners, die natuur laat hom net so lank voorskryf.
Beurtkrag-blaaskans dié naweek
Altesame nege eenhede by verskeie kragsentrales behoort deur die loop van die naweek weer in diens gestel te word, wat druk op die netwerk sal help verlig.
Waar is bewyse dat drank siektes help aandra?
Die nasionale drankhandelaarsraad sê hy wag twee jaar later steeds op bewyse van die regering wat die kousale verband tussen drankverkope en die verspreiding van Covid-19 staaf.
Tronk toe met dié wat hulp vir KZN steel – Cele
Cele sê mense moet na hulle gewete luister, maar wanneer dit hulle in die steek laat, die staat daar sal wees om hulle daaraan te herinner om die regte ding te doen.
Minder eintlik in oorstromings dood
Nadoodse ondersoeke wat op vier van die liggame gedoen is, het gewys dat die mense skietwonde opgedoen het. ʼn Onbekende getal mense word intussen steeds vermis.
KZN-premier moet waai oor ‘onetiese gedrag’
ʼn Herrie het losgebars nadat ʼn watertenkwa vir vloedgeteisterde inwoners van eThekwini by die premierswoning ontplooi is. Duisende mense in groot gebiede sit sonder water ná die oorstromings.
Video: Warmlugballon doen noodlanding in buurt
Die vlieënier het koelkop gebly en gesorg dat die warmlugballon op die grond kom sonder dat enigiemand beseer is.
‘Minder’ sake, maar heelwat meer vee dalk gesteel
TLU SA sê die syfers kan dui op groter sindikaatbedrywighede en moet gevaarligte laat flikker.
Regering staan in pad van nog kragopwekking
Onafhanklike kragprodusente is gereed om die las op die kragnetwerk te verlig, maar burokratiese rompslomp en omslagtige regulasies beteken Suid-Afrika steier steeds van een ronde beurtkrag na die volgende.
Beurtkrag dalk afgeskaal; teen naweek opgehef
Eskom waarsku teen bespiegeling en die aanjaag van vrees oor ʼn algehele ineenstorting van die netwerk en sê dit is nie in hierdie stadium ʼn wesenlike moontlikheid nie.
Vrystaatse damme reeds propvol
Verder stroomaf word mense gewaarsku om uiters waaksaam te wees. Die grond is reeds deurnat en die oopmaak van nog sluise by verskeie damme kan tot kitsoorstromings lei.