Die veldtog in aanloop tot die verkiesing word gekenmerk deur politieke uiterstes, wantroue in kandidate, oordrewe en onuitvoerbare beloftes deur partye en die omstrede uitsprake van kandidate wat vir die meeste partye die een verleentheid ná die ander skep.
Alles deur die skrywer Jaco Kleynhans
Interne spanning neem toe in talle Westerse lande
’n Studie wat enkele dae gelede deur die Georgetown Universiteit in die VSA gepubliseer is, toon dat 67% van Amerikaners daarvan oortuig is dat hul land weer op ’n burgeroorlog afstuur.
Flou, maar belangrike verkiesing in Kanada
Vanjaar se verkiesing is grootliks ʼn referendum oor die persoonlikheid en vermoë van eerste minister Justin Trudeau.
Meer terugslae vir vryheidstrewe in Katalonië
Wanneer daar internasionaal oor die reg op selfbeskikking gepraat word, is Katalonië een van die beste voorbeelde van ʼn streek wat op selfbeskikking geregtig behoort te wees.
Johnson sal Britte weer van Brexit moet oortuig
Indien Brittanje ’n belangrike internasionale rolspeler wil bly, het die land nodig om homself strategies te onderskei. Dit kan begin met Brittanje se uittrede uit die Europese Unie. Indien Johnson egter nie daarin slaag om sy mense van die noodsaaklikheid hiervan te oortuig nie, sal die land voortgaan om stelselmatig sy rol en relevansie op die globale politieke en ekonomiese terrein te verloor.
Tien vrae oor die wêreldpolitiek
Hier is tien knellende vrae wat tans internasionaal bespreek word:
Groot toename in wettige immigrasie na Europa
Terwyl die golf van onwettige immigrasie die afgelope paar jaar oor Europa gespoel het, tref ’n ander soort golf verskeie Europese lande. Wettige immigrasie na verskeie Europese lande het ook drasties toegeneem.
’n Groot protesstem in Oos-Duitsland se verkiesing
Die uitslag van die verkiesing Sondag in Sakse en Brandenburg, en soortgelyke tendense in ander dele van Europa, kan aan nuwe verdelingslyne toegeskryf word. Daar is ‘n verdelingslyn tussen ’n regeringsklas in hoofstede soos Berlyn, Parys en Brussel en gewone kiesers op voetsoolvlak wat voel dat politici nie na hulle luister nie.
G7-beraad lewer geen resultaat
Terwyl die G7 juis ontstaan het uit die behoefte van groot, magtige lande om sekerheid te help skep, het vanjaar se G7-beraad eerder bygedra tot groter internasionale politieke onsekerheid.
Gerugte oor globale resessie voortydig
Dat ʼn volgende ekonomiese krisis of resessie heelwat lande oor die volgende paar maande kan tref, is so, maar daar is min rede om te glo dat ʼn groot, globale krisis soos in 2008 en 2009 weer op die horison is, skryf Jaco Kleynhans.
Groot fout om skietvoorvalle in die VSA aan politiekery te koppel
Die politieke kommentators en oorywerige politici wat enkele, tragiese skietvoorvalle op populistiese maniere wil uitbuit, maak ʼn groot fout, skryf Jaco Kleynhans.
Boris Johnson in baie sterker posisie as wat meeste wil glo
Een groot breuk wat oor die afgelope paar jaar in die Westerse politiek ontstaan het, is die skeiding tussen politieke kommentators en hul interpretasie van politieke gebeure en hoe gewone burgers op dieselfde politieke gebeure reageer, skryf Jaco Kleynhans.
Israel toenemend in die spervuur
Susie Linfield, ’n professor in die Departement Joernalistiek by die New York-universiteit, New York het so pas ’n opspraakwekkende boek gepubliseer wat fokus op groeiende anti-Semitisme in die linkse beweging in die VSA.
Die stryd om die VSA se buitelandse beleid
Twee belangrike gebeure verlede maand het tot ’n hernieude debat oor buitelandse beleid in die Verenigde State van Amerika aanleiding gegee, skryf Jaco Kleynhans.
Langtermynoplossings nodig vir immigrasiekrisis
Terwyl beter grensbeheer en meer effektiewe immigrasiestelsels nodig is, sal ’n meer omvattende internasionale oplossing vir die krisis gevind moet word. Beter regering en ekonomiese ontwikkeling is in arm lande nodig en die Weste sal daarmee moet help, skryf Jaco Kleyhans.
Ná verkiesing steeds min hoop vir Griekeland
Hoewel die stempersentasie in Sondag se verkiesing laag was, oorleef die demokrasie in Griekeland nog. Of dit genoeg gaan wees om Griekeland te red, word betwyfel. Griekeland se rol in Europa en verhouding met ander Europese lande moet herbedink word.
Kan Trump Amerika selfs groter maak?
President Donald Trump van Amerika het verlede Dinsdag voor ’n skare van 20 000 entoesiastiese ondersteuners in Orlando, Florida, amptelik sy veldtog vir ’n tweede termyn as Amerikaanse President afgeskop. Dit was ook presies vier jaar sedert Trump op 16 Junie 2015 by sy kantoor in New York sy aanvanklike presidentsveldtog van stapel gestuur het.
Wat Johnson anders as May sal moet doen
Die vraag oor wie die volgende leier van die Konserwatiewe Party en gevolglik ook die volgende eerste minister van die Verenigde Koninkryk gaan wees, sal hierdie week nog ʼn tree of twee nader aan finale beantwoording wees. ʼn Uiters interessante paar maande lê voor in die Britse politiek, skryf Jaco Kleynhans.
Trump se kanse op herverkiesing raak beter
Baie dinge kan voor November 2020 gebeur. Amerika kan byvoorbeeld nuwe ekonomiese probleme ontwikkel of in ’n rampspoedige oorlog met Iran betrokke raak, maar tans lyk dit asof daar genoeg rede is om te glo dat Trump tot ’n tweede termyn verkies gaan word.
Kiesers in Suid-Europa eis ekonomiese hervorming
Politieke ontleders krap steeds kop oor die uitslae van die onlangse Europese verkiesing. Kiesers in verskillende lidlande van die Europese Unie het verskillende boodskappe aan politici gestuur, afhangend van unieke nasionale omstandighede.