Met die Europese verkiesing oor drie maande, lê ’n interessante tydperk vir Europa voor. Dat die ou liberale politieke orde toenemend aan die verloorkant is, is nou ’n uitgemaakte saak.
Alles deur die skrywer Jaco Kleynhans
Weste moet optrede van Saoedi’s in Jemen veroordeel
Dit is hoogtyd dat Amerika en ander Westerse lande hard en duidelik die optrede van Saoedi-Arabië in Jemen veroordeel.
Weste word onnodig by konflik tussen Rusland en Oekraïne betrek
Op 25 November het die besluit van die Oekraïne om drie van hul vlootskepe deur die Kertsj-seestraat te stuur, tot ’n internasionale krisis aanleiding gegee.
Bibi-saak plaas kollig op ekstremisme in Pakistan
Honderde aktiviste is die afgelope naweek oor die hele Pakistan heen in hegtenis geneem – in die soveelste reeks gewelddadige betogings deur Moslem-ekstremiste in dié land sedert ’n omstrede, onlangse uitspraak in die hooggeregshof van Pakistan.
Gevaartekens in Amerikaanse verkiesingstryd
Die groot nasionale verdeeldheid in die VSA kan deur plaaslike politiek teengewerk word, maar die toenemende nasionale aard van alle verkiesings lei tot grootskaalse ontevredenheid by verloorders wat weer tot konflik en woede aanleiding gee.
Sosialisme is nog lank nie dood nie
Mboweni se uitsprake oor ’n groot regering en die onvolhoubare model wat die Suid-Afrikaanse regering tans volg, is ’n duidelike bewys dat Suid-Afrika se flirtasie met sosialisme ook misluk het.
Skeuring in Oosters-Ortodokse Kerk van groot belang
Dié kerkskeuring gaan bydra tot die spanning tussen Rusland en Oos-Europese lande wat pro-Westers is. Dit gaan ook ’n hernude fokus plaas op die Oosters-Ortodokse kerk en Oos-Europese konserwatisme in ’n snelveranderende, globalistiese wêreld.
Onlangse gebeure bevestig vryheidstrewe in talle lande
’n Hele aantal gebeure oor die wêreld heen die afgelope maand of wat, het weer bevestig dat die strewe na selfbeskikking nie maklik geblus word nie.
Linkse groepe oorspeel hand met Kavanaugh-bevestiging
Dat die gebeure van die afgelope paar weke sonder twyfel ’n klad plaas op die geloofwaardigheid van die Amerikaanse politieke stelsel, kan nie betwyfel word nie.
Suid-Afrika nie meer die enigste poort tot Afrika
’n Mens sou kon vra waarom internasionale finansiëledienstemaatskappye wat oor die afgelope paar jaar in Mauritius kantore gevestig het, dit nie in Suid-Afrika gedoen het nie.
Moeilike verkiesing lê voor vir Trump en Republikeine
Trump en sy administrasie het saam met die Republikeinse leierskap baie dinge reg gedoen, maar in November gaan Trump se onpresidensiële gedrag bestraf word.
Suid-Afrika herhaal Turkse ekonomiese foute
Die krisis in Turkye is nie uniek nie en ’n land soos Suid-Afrika kan saam met ander ontwikkelende lande soos Mexiko en Argentinië ’n paar belangrike lesse hieruit leer.
Europeërs raak krapperig oor misdaad deur immigrante
Nie alle lande in Europa is bereid om deeglike statistieke oor die verband tussen toenemende misdaad en die groei in migrantegetalle bekend te maak nie. Dit is egter gewone Europese burgers wat by die stembus en tydens optogte en byeenkomste hul stem laat hoor.
Senator McCain vir kleurryke loopbaan onthou
McCain het tydens sy lewe ’n duidelike stempel op die Amerikaanse politiek afgedruk. Hy sal vir sy vasberadenheid as krygsgevange en sy onafhanklike denke as verkose verteenwoordiger van sy mense onthou word, maar ongelukkig ook vir sy steun aan mislukte Amerikaanse intervensionisme.
Steeds min hoop vir ’n Afrika-herlewing
Afrika is steeds ’n vasteland met groot potensiaal. Die huidige uitdagings van interne konflik, swak demokratiese praktyke en instellings en ’n onvermoë om hulpbronne in volhoubare ekonomiese groei te omskep, sal eers oorkom moet word, voordat daar werklik van ’n omvattende Afrika-herlewing gepraat kan word.
Krisis in Turkye is slegte nuus vir almal
Die huidige Turkse krisis skep wesenlike ekonomiese uitdagings vir ontwikkelende lande soos Suid-Afrika, skep nuwe vrae oor die migrantekrisis in Europa en kan tot meer onstabiliteit in die Midde-Ooste aanleiding gee.
Amerikaanse oorlog teen Iran sal groot fout wees
’n Oorlog met Iran sal moeiliker en duurder as die oorloë in Irak en Afganistan wees. Min Amerikaners sien kans hiervoor. Indien Trump oorlog teen Iran verklaar, kan dit sy presidentskap vernietig en die wêreld in ’n nuwe resessie dompel.
Trump besig om handelsoorlog te wen
Dit lyk asof Donald Trump besig is om internasionale handelsverhoudinge heeltemal te herskik wat tot selfs groter vryhandel en minder handelsbeperkinge aanleiding kan gee. Dit kan net vir die hele wêreld goed wees.
Trump sal strategie met Rusland beter moet verpak
Trump se lomp hantering van die beraad met Poetin en die histeriese reaksie van die politieke regeerdersklas daarna wys dat Amerika ’n groter probleem het – hulle het nie ’n duidelike Rusland-strategie nie.
Navo slaag nie daarin om oor toekoms te herbesin
Navo sal egter oor sy doelwitte moet herbesin, iets wat verlede week se beraad in Brussel nie gedoen het nie. Presies waar Trump en Amerika staan, is onduidelik. Intussen bly die verhouding tussen Rusland en NAVO onnodig gespanne.