Puk SR-voorsitter skryf ʼn ope brief aan die media

In die afgelope jaar is baie uitsprake, aantygings en beskuldigings gemaak teen die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus wat bygedra het tot wanpersepsies oor die ware gebeure in ons studentegemeenskap. Met alles wat al gesê is oor ons kampus, is dit nou nodig dat Suid-Afrika sal weet hoe ons as studente hieroor voel, skryf Monica van Schalkwyk, SR-voorsitter van die NWU se Potchefstroomkampus.

Godsdiens en mag

Waarom lok die jongste aansoek om ’n hofinterdik teen ses skole landwyd te kry soveel reaksie uit? Lees gerus wat skryf dr. Wouter van Wyk, sekretaris van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se Sentrum vir Toerusting, Inligting en Kommunikasie (SENTIK), na aanleiding van die kwessie van geloof in skole.

Só help ek die taal leef

“As 18-jarige jongman vereenselwig ek my volkome met die skrywer Lizette Murray wat sê dat jy nie maklik mooier, lekkerder en lewendiger as Afrikaans kry nie!” Jan-Anton Theron, onderhoofseun van die Afrikaanse Hoër Seunskool, het hierdie toespraak tydens Taaldagvieringe op 14 Augustus 2014 by die skool gelewer.