Baie lesers se vernaamste waarneming van pres. Jacob Zuma is sy vermoë om soos ’n neet te klou, en nie meer die gevaarlike onhebbelikhede waarmee die president gereeld vorendag kom nie.
Wen ‘n les uit elke verloorslag
Ernst se verlies het hom eintlik soveel laat wen in die lewe. En so is daar vir elkeen van ons iets te wen uit elke verloorslag.
Skole: Ouers kan Afrikaans help oorleef
Die noodsaaklikheid dat dié skole op alle vlakke bygestaan, ondersteun en versterk moet word, kan volgens onderwysontleders nie onderskat word nie aangesien sowat 80% van openbare skole disfunksioneel is. Ouerbetrokkenheid by funksionerende openbare skole sal nog meer moet toeneem om dié skole in die toekoms te beskerm.
Die swanesang van die liberaliste
Dit wil egter lyk asof die Weste in antwoord op die Westers-vyandige liberalisme op grond van ʼn Westerse, hoofsaaklik Christelike kultuurpolitiek, uiteindelik weer besig is om sy voete te vind. Onvoorspelbaar en ironies soos die verloop van die geskiedenis is, is dit toe die Republikeinse oorwinning onder die onstuimige Donald Trump, wat die hierdie aankondiging van goeie hoop vir die Westerse Wêreld maak.
Kuba: Fidel Castro, einde van ʼn era
Castro se dood sluit ʼn era af, maar omdat hy reeds geruime tyd nie meer polities aktief was nie, afgesien van ʼn onderhoud of koerantartikel so nou en dan, behoort dit min invloed op die land se politiek te hê. Eers wanneer sy broer Raoul sterf, sal daar waarskynlik politieke skommelinge kom wat die huidige stelsel drasties kan verander.
Daar’s werk vir ons kerkleiers
Gesonde gesinne is die noodsaaklikste, maar mees onderskatte bestanddeel van ’n gesonde land.
Reageer só op Malema
Soos enige skoolboelie sal Malema en sy ondersteuners fokus op diegene wat hy as kwesbaar beskou. Welgeorganiseerde buurtwagte sal wys ons gemeenskappe is nie kwesbaar nie en sal Malema twee keer laat dink voordat hy en sy ondersteuners tot onverantwoordelike optrede oorgaan.
Hoe duur is universiteitstudie werklik?
Dit is waar dat dit duurder geword het om te studeer. Gegewe die ekonomiese vooruitsigte van Suid-Afrika lyk dit onwaarskynlik dat die staat baie meer kan bydra tot hoër onderwys. Dit beteken dat klasgeld in die toekoms by openbare universiteite sal moet styg.
Geestelike aandagafleibaarheid
ʼn Lewensritme waar die belangrikste dinge eerste in my lewe en tyd ingesement word, gee weer vastigheid onder my voete.
Redakteursbrief: Dankie, Here, vir die reën
Onder die boom voor die venster waar ek sit en werk aan my einde van die jaar-direksieverslag is ʼn verbleikblombos. Dit blom vanjaar met oorgawe, vir die eerste keer vandat ek dit tien jaar gelede daar geplant het, skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief.
Oostenryk: 100ste sterfdag van Keiser Frans Josef I
Op 21 November 1916 het die keiser van Oostenryk-Hongarye (ook bekend as die Habsburg Ryk), Frans Josef I, gesterf. Hy was 86 jaar oud en het 68 jaar lank regeer.
Van gemeenskap tot stad
Respek is die sleutel vir gelukkige gemeenskappe en ʼn florerende stad.
Frankryk en Duitsland: Beslissings vir Fillon, Merkel
Frankryk hou volgende jaar, op 23 April, sy presidentsverkiesing. Die president word deur die bevolking gekies en daar is twee rondtes: die eerste rondte waar ʼn groot verskeidenheid van groot en klein partye se kandidate staan en die uitkloprondte, waar die wenner en naaswenner teen mekaar te staan kom.
Noem my sommer Mignon du Preez
Ek onthou nog toe ʼn tannie op ʼn dag vir my vra hoekom ek nie eerder netbal speel nie. “Krieket is mos vir seuntjies, my skat?”
Afrikaans onder die vergrootglas in Gent
Alle Afrikaanssprekendes is die Universiteit van Gent en veral die span verantwoordelik vir die colloquium veel dank verskuldig. Hulle hou ons taalfakkel brandend in die Lae Lande en beklemtoon dat ʼn taal soos Afrikaans nie net plaaslik kosbaar is nie, maar ʼn unieke kennisbydrae tot die wêreld lewer.
Nuuskommentaar: Gaan Suid-Afrika nog sy groot kernkragsentrales kry?
Ons moet maar katvoet loop vir die skynbare toegewing van regeringskant oor wanneer ons met peperduur kernkrag bedien gaan word. Klaarblyklik het individue groot belang hierby.
Suid-Afrika se probleem is geen lone, nie laer lone
Suid-Afrika se primêre ekonomiese probleem is nie lae lone nie, maar geen lone.
‘Die ster het met hom gepraat’
Dan huil hy. Oor sy pa. Oor sy ma. Oor die groen Italiaanse woude. Oor Moeder Maria en daardie ster wat een aand – baie lank gelede – met hom gepraat het.
Ideologie moet werklikheid verhelder, nie voorskryf
Uiteindelik is dít wat die kapitalisme en die sosialisme met mekaar gemeen het: Geeneen van hulle plaas die méns – hetsy die individu of die gemeenkap – sentraal nie.
Nuuskommentaar: Die onding en die kuns van kluitjies bak
Op ’n daaglikse grondslag gebruik ons woorde soos endemiese korrupsie, wanadministrasie, bedrog, onbevoegde ontplooide kaders, vermorsing en veel meer. Maar die waarheid, of die gebrek aan die waarheid, is ook ’n groot probleem. Die waarheid is nie, soos ’n politikus eendag gesê het, die geplooide weergawe wat hy voorhou nie.