Jy moet Hom Jesus noem. (Lukas 1:31)
Gedagte vir die dag: Soewereine Here
Omdat God ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. (Efesiërs 1:4-5)
Gedagte vir die dag: Die Bybel, wat ’n geskenk!
U woord, Here, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. (Psalm 119:89)
ToekomsVenster: Verwondering as beginsel vir ’n gelukkiger lewe
Interessant dat die mooi dinge in die lewe meermale gratis na ons toe kom. Dit verg net ‘n bietjie nuuskierigheid, die vermoë omanders te kyk, waar te neem en te waardeer.
Gedagte vir die dag: Vryheid
Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid. (2 Korintiërs 3: 17)
ToekomsVenster: Beleef die oomblik
Ek weet nie of ek die einde van hierdie dag gaan sien nie, jy ook nie. Die lewe is onseker, net God leef sonder om te wankel. Ek het net die oomblik. Ek moet dit beleef. En jy?
Gedagte vir die dag: Dit is daar!
Ons het ons burgerskap in die hemel. (Filippense 3:20)
ToekomsVenster: Maak klaar met gister vir ’n gelukkiger lewe
Iemand het gesê, geen kennis van God sonder kennis van die self nie .Jy skuld dit aan jouself, doen wat nodig is om van die onnodige bagasie ontslae te raak.
Gedagte vir die dag: Vreugde van die Here
In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd. (Psalm 16:11)
ToekomsVenster: Droom vir ’n gelukkiger lewe
Die Bybel sê immers ons is geskep om ons met die goeie besig te hou, om die Koninkryk op aarde momentum te gee, om genesing, troos, uitkoms en hoop te bring.
Gedagte vir die dag: Liefdevolle gemeenskap met Christus
Ek sal U prys met die harp, want U is getrou, o God. Met sang en lier sal ek U loof, o Heilige van Israel. (Psalm 71:22)
ToekomsVenster: Omarm die lewe vir ’n gelukkiger lewe
Omarm die lewe as buitengewoon kosbaar. Ervaar die wonder van elke asemteug, beweging, gedagte en droom. Dit gaan oor die lewe as geskenk van God.
Gedagte vir die dag: Bid nederig
Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. (2 Kronieke 7:14)
Gedagte vir die dag: Begin met aanbidding
Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien. (Matteus 4:10)
Gedagte vir die dag: ’n Knap vrou
Waar sal jy ’n knap vrou kry? ’n Goeie vrou is meer werd as edelstene. Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie. Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde. Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Sy verdra nie luiheid nie. Haar kinders staan op en prys haar. Haar man spog met haar: “Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!” (Spreuke 31: 10, 25-29)
Gedagte vir die dag: Christus bo alles
Wie op sy eie insig vertrou, is ’n dwaas. Wie hom deur wysheid laat lei, word bevry. (Spreuke 28: 26)
ToekomsVenster: ’n Rede om bly te wees
Daar is oorvloedige rede om bly te wees. Jesus het opgestaan.
Gedagte vir die dag: Kom
Die Here sal by julle bly so lank as wat julle by Hom bly; wanneer julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind. (2 Kronieke 15:2)
ToekomsVenster: Jesus se groot opdrag
Hierdie woorde van Jesus word die “groot opdrag” genoem. Ons vind dit in verskillende vorme in al die Evangelies maar die saak staan vas, ons word geroep en uitgestuur. Hoe maak jy met die groot opdrag?
Gedagte vir die dag: Was my
Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde. Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my. Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig. (Psalm 51:4-6)