Die skitterende strydwaens van God was duisende, duisende der duisende, toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het. (Psalm 68:18)
ToekomsVenster: Jesus gee homself
Hoe tragies. Die wil van mense of die wil van God. Hoe dikwels kies die wêreld steeds so. Dalk ek en jy ook.
Gedagte vir die dag: Vind jou huis, jou familie
God laat eensames in ’n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in ’n kaal woestyn. (Psalm 68:7)
ToekomsVenster: Jesus voor Pilatus
Die oënskynlike weerloosheid van Jesus tref ʼn mens.
Gedagte vir die dag: Maak gereed en juig
Sing ’n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ’n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. (Psalm 68:5)
Gedagte vir die dag: Seën om te seën
God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer. (Psalm 67:8)
Gedagte vir die dag: Ek weet, want ek ken Hom
Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds ’n loflied op my lippe. (Psalm 66:17)
ToekomsVenster: Petrus verloën Jesus
Het jy al trane gestort omdat jy so teleurgesteld is in jouself?
Gedagte vir die dag: Die vuur en die water
U het ons deur mense laat vertrap, ons het deur vuur en water gegaan; maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe. (Psalm 66:12)
ToekomsVenster: Jesus voor die Joodse Raad
Wat is jou belydenis aangaande Christus? Ken eer en dien jy Hom as die Koning onder die heersers aan wie die lof toekom?
Gedagte vir die dag: Mentaliteit van seën
Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in u tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in u heilige woning. (Psalm 65:5)
ToekomsVenster: Jesus word gevange geneem
Leef jy met onderskeiding?
Gedagte vir die dag: Hoorder en Verhoorder
Aan U, o God, kom ’n lofsang toe in Sion: geloftes moet betaal word aan U wat die gebed verhoor. (Psalm 65:2-3)
ToekomsVenster: Jesus in Getsemane
Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk.
Gedagte vir die dag: Ek soek hard na U
Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my. (Psalm 63:9)
ToekomsVenster: Petrus sal Jesus verloën
Jesus wil vir Petrus en die ander wys wat genade beteken, hoe aangewese hulle is op God se bystand, hoe ellendig klein, nietig en onbeholpe hulle in eie krag is, hoe nodig die latere vervulling met die Heilige Gees was, hoe groot Hy is en hoe belangrik en strategies hulle deel vorm van God se plan vir hierdie wêreld.
Gedagte vir die dag: Goeie dinge in die nag
… as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins. Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel. (Psalm 63:7-8, Bybel In Afrikaans 1933/1953)
Gedagte vir die dag: Ek soek … Hom
Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. (Psalm 63:2)
Gedagte vir die dag: Sekerheid in onsekerheid
Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ’n rots wat vir my te hoog is. (Psalm 61:3, Bybel In Afrikaans 1933/1953)
ToekomsVenster: Die instelling van die nagmaal
Sakramente is God wat praat. Hy praat altyd eerste. Het jy al die roepstem van die Heilige geantwoord?