Albert Buitenhuis, wat tans in Nieu-Seeland woon en met deportasie gedreig is weens sy gewig, het Maandag ʼn 23 maandlange grasie ontvang.
Staking raak Madiba-huis
Oudpresident Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, is Woensdagaand in donkerte gehul toe werkers van City Power met ʼn onwettige staking begin het en glo die kragtoevoer afgesny het.
Gewildste motors op die pad
Bernard Hellberg ondersoek die motorverkope vir Augustus
“Mandela reageer op behandeling”
Oudpresident Nelson Mandela reageer op die behandeling wat hy tans by sy huis in Johannesburg ontvang, het president Jacob Zuma Dinsdag gesê.
Mercedes-Benz A45 AMG
Die Mercedes-Benz A45 AMG se 0-100 km versnelling is 4.6 sekondes. Dis die soort syfers waar net die grootmenere soos Porsche en Ferrari saamgesels.
Nissan probeer hard met sy nuwe Sentra
Bernard Hellberg reken die nuwe Nissan Sentra is goeie waarde vir geld en uiters gemaklik vir bestuurder en passasiers.
Mandela moontlik terug by die huis
Voormalige president Nelson Mandela is glo ontslaan uit die hospitaal en terug by die huis, maar die presidensie het dit nog nie bevestig nie.
EFF-modes te koop
Die revolusionêre modes van die Economic Freedom Fighters (EFF) word nou te koop aangebied.
Afrikaans en Land Rover nou maatjies
Jaguar/Land Rover SA het onlangs erkenning gegee aan sy groot Afrikaanssprekende klantebasis deur as voertuigverskaffers op te tree vir die reeks “Afrikaans is Groot”-konserte wat binnekort in Pretoria en Kaapstad gehou gaan word.
Nuwe Opel op pad
Goeie nuus vir Opel-liefhebbers is dat General Motors eersdaags die jongste geslag Opel Astra sedan in ons land gaan verwelkom.
Ons is eintlik marsmannetjies – wetenskaplike
“Die bewyse dat lewe op aarde op Mars, en nie op die aarde ontstaan het nie, stapel op,” aldus prof. Steven Benner, van die Westheimer Instituut vir Wetenskap en Tegnologie in die VSA.
Water op die maan en ‘n groen Groenland …
Daar ís water op die maan, en selfs meer as wat eers gemeen is, het planetêre geoloë van die Johns Hopkins Universiteit se laboratorium vir toegepaste fisika in ‘n verslag bevestig.
Wolhaarstorie oor groot Mars weer in omloop
‘n E-pos wat nou al sedert in Augustus 2003 die rondte doen, is weer deur liggelowiges gesirkuleer.
“Mandela steeds kritiek maar verbeter”
Oud.pres. Nelson Mandela se toestand is steeds kritiek maar verbeter geleidelik.
Volvo nóg veiliger
Bernard Hellberg bespreek die veiligheidskenmerke aan die nuwe Volvo 60-reeks.
Nissan Almera dramaties beter
‘n Mens kry amper die gevoel die Nissan Almera was maar nog altyd deel van ons motorbedryf – so amper iets soos die vaal BSc-niggietjie met die dik brillense.
Video: Vyfde vervoermetode bekend gestel
Die tegnologie-entrepreneur, Elon Musk, het Dinsdag ‘n “vyfde vervoermetode” onthul wat as die Hyperloop bekend sal staan en reisigers binne 35 minute tussen Los Angeles en San Francisco kan vervoer.
Curiosity jaar op Mars
Nasa se seswiel-laboratorium, Curiosity, het pas sy eerste jaar op Mars voltooi.
Klein pratende robot as metgesel na ruimtestasie gestuur
Japan het Sondag ‘n vuurpyl met voorraad vir die bemanning van die internasionale ruimtestasie, tesame met ‘n klein robot wat as ‘n reisgenoot vir een van die land se ruimtevaarders sal dien, lanseer.
Dettol en Domestos: Meer inligting oor produkte wat herroep word
Dettol-ontsmettingsmiddel wat van die Verenigde Koninkryk af ingevoer is, word landswyd herroep omdat dit glo ʼn gesondheidsrisiko kan inhou, het die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê.