Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig!
Onder Afrika se son: ʼn Storiebus deur Namakwaland met Anna Davel
Maroela Media en Anna Davel wil dié Augustus saam met ons lesers op ʼn bus klim om die skouspel te sien, maar ons is ook op ʼn avontuurjag – ons gaan die landskap platry op soek na die mooiste stories!
Safari in die Kaap – Die Wes-Kaap wys haar wilde kant
’n Mens hoor selde dat ’n Kapenaar van ’n wildrit in sy geweste praat, maar dit mag dalk binnekort iets van die verlede wees, want die Wes-Kaap begin al hoe meer haar wilde kant wys.
Kampkuiers en buitelugbederf
Of jy nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, ʼn staptog in die Sederberge onderneem of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jou agtertuin oopgesprei het, dit is goed vir mens se gemoed om bietjie in die buitelug te kom en weg te breek uit die stad se dolle gejaag.
ʼn Splinternuwe safari-ervaring met dié ses toergidse
Van WiFi aan boord tot geheime piekniekplekke op die agterpaadjies in die Krugerwildtuin.
Aan die oewer van die Goukammarivier
Aan die oewer van die Goukammarivier is die skemerlug gevul met swaeltjies en vinke wat na hulle neste terugkeer. Hier in die stokou bosvy van Blackwater River Lodge wemel dit van die Knysnaloeries wat aan die vye smul.
’n Handvol redes om die salige Sederberge te besoek
Die Sederberge is een van die Wes-Kaap se juwele. Met sy betowerende rotsformasies, ongerepte natuurskoon, oeroue rotstekeninge en hemelse stilte, bied dié area ’n idilliese wegbreek
Kom ry saam op Maroela Media se storiebus deur Namakwaland!
Ons is opgewonde om jou saam te nooi: Kom klim op Maroela Media se storiebus en reis ál storievertellende saam met ons deur Namakwaland.
Span uit by die see: Kampplekke op die strand
’n Behoorlike vakansie by die see is een waar jy voortdurend die see kan sien, voel, hoor en ruik. Hier is ‘n paar kampplekke op die strand.
Alles-ingesluit-vakansies is sommer baie maklik
Dis maklik om jouself êrens op die stand te gaan tuismaak onder ʼn grasdaksambreel met ʼn goeie boek en ʼn mengeldrankie (wat gratis ingesluit is) en heeldag in die warm son te lê en bak. Dis maklik om jouself te gaan afkoel in die koel Indiese oseaan…
9 plekke, 3 provinsies, 1 Paasnaweek: Waarheen gaan jy?
Die somervakansie is nog vars in ons geheue, maar nog voor jy jou strandhanddoek finaal kan wegpak, is Paasnaweek al weer hier! Weet jy al in watter rigting jou voertuig mik? Hier is ‘n paar bestemmings wat nog plek beskikbaar het.
Vermy die skares by dié swempoele
Hoe gemaak gedurende daai vuurwarm somerdae wanneer die hittegolwe op die horison dans en die sweet op jou voorkop blink? Hier is 10 swemplekke waar jy, familie en vriende ─ en dalk Vlekkie ook ─ dié somer kan gaan wegkruip.
10 beste plekke om heen te reis in 2019
Daar is drie Afrika-lande op dié lys!
Foto’s: ʼn Wit Kersfees in New York
Frank Sinatra skep hoë verwagtinge van die stad van New York en dié stad met sy wolkekrabbers en bedrywige strate stel glad nie teleur nie, veral nie oor die Kerstyd nie.
Video: Vakansieverblyf en jou regte
Wanneer jy by jou vakansiebestemming aankom en die idilliese gesinshuis reg op die strand wat jy maande gelede al bespreek en voor betaal het, is eintlik ʼn woonstel in ʼn woonstelblok kilometers van die strand af, wat staan jou te doen?
Prentjiemooi Kersfees in Duitsland
Sommige van die Kersmarkte in Europa trek tot vier miljoen besoekers oor die maand van Desember.
Wees só veilig op die pad die feesseisoen
“Padgebruikers moet verstaan dat die groot paaie in die land besig gaan wees, so hulle moet hul houdings en bestuurstyle daarvolgens aanpas.”
Ontmoet die diere van die Kalahari
Die uiteenlopende landskappe van dié streek bied ’n tuiste aan ’n groot verskeidenheid diere wat spesiale tegnieke ontwikkel het om water te stoor in die droë en warm Kalahari-klimaat.
Wrakstap, wildrit en skaapkop by die see
“Toe skuif ek my doenlysie eers eenkant en dink: Basta, nou rus ek vir ʼn volle 48 uur saam met my gesin!” Carina Stander en haar gesin verken Grootbrak, Kleinbrak en Glentana.
Zimbabwe op National Geographic se ‘moet-sien’-lysie
KwaZulu-Natal in Suid-Afrika is in die 13de plek op dié ranglys.