Dié land is aangewys as die land in Europa met die meeste vuurwapensterftes.
Dié organisasies wil ook wysigings van Vuurwapenwet teenstaan
“Hierdie is ’n belangrike geleentheid vir jou as individu om te help verseker dat alle Suid-Afrikaners die reg tot selfverdediging behou.”
Icosa-raadslid gevonnis oor reiseis
Die raadslid vir die Icosa-party is Dinsdag gevonnis op twee aanklagte van bedrog.
Man vas ná meisie verkool
“Hulle het nuus ontvang dat die verdagte met brandwonde gevlug het. Hy het sy meisie in die huis agtergelaat.”
Tientalle vas ná betogings in Harrismith
’n Bus is met klippe bestook, terwyl ’n vrou beserings opgedoen het toe sy per ongeluk in die pad van ’n Njala-polisievoertuig beland het.
Covid-19 eis Welkom-leerder
Die leerder het Maandag positief getoets en is ’n dag later oorlede weens Covid-19-verwante komplikasies.
Foto’s: Seldsame maansverduistering lok sterrekykers
Anders as ʼn sonsverduistering is dit veilig om hierdie verskynsel met die blote oog te aanskou.
Pasop vir pakkiebedrog
Die bedrieglike e-pos eis uitstaande doeanegeld alvorens ’n pakkie afgelewer kan word.
‘Onskuldig’ – Zuma pleit op aanklagte teen hom
Regter Piet Koen het Zuma vandag gevra om self te antwoord op hoe hy op die aanklagte pleit, “gegewe die belangrikheid” van waarmee hier te doen is.
Kabelkar-ongeluk: Noodrem dalk verwyder
Die drie verdagtes is oorspronklik gevra om ondersoek in te stel na ʼn fout wat by die kabelkar ontstaan het.
Huldeblyke stroom in vir Ben Kruger
“Ons sal hom altyd onthou vir sy professionaliteit, sy waardigheid, sy humorsin – en natuurlik sy vermoë om ʼn potjie van formaat te maak.”
Sprinkaanplaag kom Vrystaat-boere duur te staan
’n Sprinkaanuitbreking van hierdie omvang het meer as 15 jaar gelede so diep in die Vrystaat versprei.
Sirkusleeu val temmer tydens vertoning aan
Die Russiese leeutemmer is twee keer gedurende die vertoning bestorm en platgetrek terwyl kinders en ouers toegekyk het.
Onwettige vissers plunder Pongolapoortdam
Drie onwettige vissers is oor die naweek deur ʼn seekoei in dié dam doodgebyt.
SA beplan wêreld se grootste Bok-kombers
“Die groen en goud sal nie net die Bokke se historiese oorwinning in 2019 vier nie, maar dit sal ook help om ʼn bietjie warmte en gemak aan kwesbare mense in Suid-Afrika se verseker.”
SA hawens swakste ter wêreld – ranglys
Die swak gehalte van Suid-Afrika se hawens het ernstige logistieke probleme en uiteindelik finansiële verliese tot gevolg.
Eienaar soek ná vyf maande steeds na hond
“Hy het die eerste jaar van sy lewe as navorsingshondjie in ʼn hok deurgebring, maar toe hy saam met my huis toe is, het ons elke naweek iets lekker gedoen.”
Boer in hospitaal ná veldbrand
“Toe draai die wind en die vlamme kom op my af – so hoog soos wat ék is.”
HuntEx uitgestel
Die jagskou is tot later vanjaar uitgestel te midde van kommer oor die derde golf van die Covid-19-pandemie.
Ben Kruger sterf
“Die span van kykNET en ‘Binnelanders’ is absoluut verpletter.”