Die oorledenes is intussen geïdentifiseer.
Meyerton-brand: ‘Dit was ʼn vreeslike dood’
Tommie en Sibongile Strauss en Sibongile se drie kleinkinders is eergister in die brand dood. Brandbestryders het Tommie en die twee oudste kinders aanvanklik uit die huis gebring, maar paramedici het hulle vergeefs probeer bybring.
Staat ondersoek onwettige ‘burgerskap-huwelike’
Die departement van binnelandse sake is besig om op te tree teen buitelanders wat met Suid-Afrikaners trou met die hoofdoel om Suid-Afrikaanse burgerskap te bekom, asook teen lugdienste wat onwettige immigrante die land in vervoer.
Belangrike tussenverkiesings vandag
Vyf belangrike tussenverkiesings vind vandag landwyd plaas, waarvan vier in Johannesburg en een in die Klein-Karoo.
Rekordbedrag vir ou paar tekkies betaal
ʼn Versamelaar het Dinsdag meer as R6 miljoen vir ʼn paar tekkies uit 1972 opgedok.
Droogte nie al wat Karoo-boere op hul knieë bring
John en Amanda was albei voorheen onderwysers, maar woon reeds meer as dertig jaar op die plaas Scheurfontein in die Karoo.
Nuuskommentaar: Hoe lank vir Boris terwyl die “Keltiese opstandigheid” begin roer?
Met die verkiesing van Boris Johnson tot nuwe Britse premier is Brexit volgens alle aanduidings nou op koers, al is dit minstens nou nog ’n taamlike koerslose koers.
Bestuurder vermoor tydens vragmotorkaping
Die verdagtes het glo langs die pad gestaan met glimbaadjies aan en ’n wit voertuig met ’n blou lig en vir die vragmotorbestuurder gewys om van die pad af te trek voor hulle hom gekaap het.
Herstruktureringshoofde by dié 4 staatsinstellings aangestel
“Ons sal môre [Woensdag] die herstruktureringshoofde vir elkeen van hierdie entiteite aankondig wat saam met die bestuur van hierdie instellings sal werk om hierdie instellings weer op koers te kry.”
Gordhan vs. OB: Uitspraak voorbehou
Julius Malema, leier van die EFF, het die hofsaak saam met ander lede van die party se leierskap bygewoon om hul ondersteuning aan Mkhwebane te wys.
Alle oë nou op Boris Johnson
Boris Johnson, wat Dinsdag as die nuwe leier van die Britse Konserwatiewe Party verkies is, sal vandeesweek as die volgende eerste minister aangewys word.
Tydelike behuising vir Wupperthal ná verwoestende veldbrand
Altesaam 53 tydelike behuisingstrukture is aan inwoners van Wupperthal oorhandig ná ʼn verwoestende veldbrand in Desember verlede jaar.
Miljarde se eise weens diensleweringsbetogings
“Stel jouself voor wat met dié geld gedoen kon word. Skole en klinieke kon gebou word, paaie kon herstel word en soveel meer kon gedoen word. Maar nou is die geld gebruik om beskadigde eiendom te vervang,”
Burgemeester geskok oor uitslag van ‘paraffien-water’
Die laboratoriumuitslag is bekend gemaak van ʼn waterbottel van die waarnemende burgemeester wat na bewering vloeistof bevat het wat soos paraffien geruik het.
Parlement aanvaar nasionale begroting
Die land se begroting is vanmiddag deur die parlement aanvaar, ondanks besware van die DA, EFF, VF Plus en ACDP.
Gautengse regering moet ingryp by Lenasia, sê DA
“Ondanks ʼn belofte van die ANC- provinsiale regering dat grondgrype nie geduld sal word nie, het die situasie nou buite beheer geraak.”
Twee ‘koelbloedig’ doodgeskiet
ʼn Hoëvlakondersoekspan is aangestel om die persoon aan te keer wat twee mans Dinsdagmiddag omstreeks 13:45 in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo doodgeskiet het.
Gordhan teen Mkhwebane: ‘bewerings’ en ‘beledigings’ vlieg rond
“Ek het geen probleem met die woord onbevoeg nie, maar wanneer jy sê wetlik ongeletterd, is jou optrede onverenigbaar met die verantwoordelikheid om die waardigheid van haar kantoor te beskerm.”
Twee families se beproewing ná liggaam langs pad gevind is
“Die mans is identies. Hulle kon ʼn tweeling gewees het. Alles is dieselfde, behalwe hul ouderdomme.”
Die wêreld in foto’s – 23 Julie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.