Virgin Active het erken hy het ʼn fout gemaak toe hy een van sy lede toegang geweier het omdat dié persoon ʼn T-hemp van die pro-Palestina-groep Boycott, Disinvestment and Sanctions (BDS), aangehad het.
Crime Line-hoof weer kapers af
Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, is ongedeerd ná ʼn kapingspoging en hoëspoedjaagtog deur die strate van Johannesburg.
[Video] ‘Sit jou voet neer teen kindermolestering’
‘n Skoolmeisie het ‘n veldtog begin wat jongmense aanmoedig om te praat oor kindermolestering.
[Video] Vertragings, ontwrigting by Poskantoor
Groot vertragings heers by sommige poskantore. Pakkies kan nie afgelewer word nie en kliënte by sekere takke word weggewys omdat afleweringsvoertuie sonder brandstof staan.
Pa van sewe doodgeskiet toe hy seun probeer red
Anton Janse van Rensburg, ʼn sakeman en pa van sewe kinders, is Woensdag in Drie Riviere in Vereeniging, naby die huis waar sy gesin skaars twee weke gelede ingetrek het, deur gewapende rowers oorval en geskiet.
Baba Nico: ‘Nou kan ons die hoofstuk afsluit’
Die huiswerker wat ʼn ouerpaar van Welkom se babaseuntjie, bekend as baba Nico, aangerand het, is Vrydag in die Welkom-streekshof gevonnis.
Chirurg kry koevoet wat man deurboor
“Dit was my manier om vir hom dankie te sê en hierdie traumatiese ervaring agter my te sit.”
[Video] Paramedici raak glo handgemeen oor pasiënt by ongelukstoneel
ʼn Onderonsie tussen paramedici van mededingende private ambulansdienste in Rustenburg in Noordwes is op video vasgelê en wek groot opslae op sosiale media.
Groot verrassing vir Pta-seun ná mesaanval
“Dit was net so ʼn wonderlike manier om die nare ondervinding in iets positief om te skakel.”
Premier vergader met ouers van omstrede Jhb-skool
Makhura het gesê dit is noodsaaklik vir hom om nou in te gryp sodat ʼn volhoubare oplossing gevind kan word vir die onluste wat al maande by die skool woed en onderrig by die skool ontwrig.
[Foto’s] Sinkgat sluk bakkie in Eversdal
ʼn Gebarste pyp het ʼn sinkgat veroorsaak in Eversdal in die Wes-Kaap wat ʼn dubbelkajuit-bakkie byna ingesluk het.
Pukstudent vas na hy HK-lid glo met skêr aanval
ʼn Derdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is vroeg Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat hy ʼn huiskomiteelid glo met ʼn skêr aangeval het.
TV-man glo in botsing waarin motorfietsryer sterf
ʼn Bekende jong man van ʼn gewilde televisie-werklikheidsreeks was glo betrokke in ‘n gru-ongeluk waarin ʼn motorfietsryer Donderdagaand dood is.
Nuuskommentaar: Afrikaanse Taaldag
Dit is vandag Afrikaanse Taaldag en sommer “koop ’n Afrikaanse boek-dag” ook. Maar presies hoe kompleks en politiek gelaai is die omgewing waarbinne Afrikaans moet voortbestaan?
Vyf vas ná PE-betogings
Altesaam vyf mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat ʼn groep inwoners van Port Elizabeth in die Oos-Kaap die strate ingevaar het om oor dienslewering…
‘Rower’ mislei hof en stap met boete uit
Die KwaZulu-Natalse polisie is op soek na ʼn vermeende misdadiger wat uit die Scottburgh-landdroshof ontsnap het nadat hy hof-ordonnanse om die bos gelei het.
Kleuter brand erg met water
ʼn Kleuter van Lephalale (Ellisras) het Donderdagmiddag erge brandwonde opgedoen nadat warmwater op hom gemors is.
Kgwadi wil nie “baba met badwater uitgooi” nie; tog is daar kommer
Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), wil aan die stuur staan van ʼn unitêre multikampus-universiteit waar alle studente op al die kampusse welkom moet voel.
Motorfietsryer sterf in Moreletapark-ongeluk
ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand in ʼn ongeluk voor die Pretoria-Oos-hospitaal oorlede.
Betogers steek ambulans aan die brand
ʼn Ambulans is in Sunrise Park naby Rustenburg in Noordwes tydens ʼn betoging aan die brand gesteek.