Hierdie vraestelle is bedoel vir matriekleerders wat nie hul matriek voltooi het nie, diegene wat hul uitslae wil verbeter óf nie hul matriekeindeksamen die eerste keer geslaag het nie.
Sassa-kaarte: Diefstal, bedrog in Limpopo
Gerugte van bedrog en diefstal om die toelae van begunstigdes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) te verkry wil maar net nie gaan lê nie.
Drie lewenslange vonnisse vir reeksmisdadiger
Hy is op meer as 20 aanklagte skuldig bevind, insluitend verkragting, seksuele aanranding, ontvoering, gewapende roof en besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Vlakfontein-moorde: Verdagte se dood ‘teleurstellend’
“Dit is geen gewone hofsaak nie, gegewe die aantal mense wat vermoor is. Die familie en die mense van Gauteng wil graag die waarheid hoor oor die gebeure wat tot hierdie verskriklike misdaad gelei het.”
Grondkwessie ‘nie meer ʼn nare monster’
“Ons het dit in verskillende forums wêreldwyd gesê en die versekering gegee dat ons nie grondgrype in Suid-Afrika sal toelaat nie.”
Bosasa het joernaliste glo betaal om stories nie te skryf
“Hy het joernaliste betaal? Vir wat?” waarop Agrizzi geantwoord het: “Vir inligting, om nie stories te skryf nie.”
Schweizer-onnie dankbaar vir ‘ondersteuningspad’
“Ek kan nie wag om my kinders [leerders] te sien en hulle elkeen ʼn stywe druk te gee nie.”
Bejaarde sterf ná aanval: ‘Sy was lief vir almal’
“Sy was lief vir almal en almal was lief vir haar. Sy het mense soos ʼn ma en ʼn ouma versorg.”
‘Ramaphosa moet nóú in Zim ingryp’
“Daar is niks wat die president keer om die telefoon op te tel en die regte ding te doen nie.”
Bejaarde sterf week ná wrede aanval
Willemse was verlede week alleen tuis op die hoewe waar sy ingewoon het saam met haar susterskind en dié se man Bettie en Gerrit du Preez, toe drie mans omstreeks 03:00 toegang tot die huis verkry en haar oorval het.
Noue ontkoming vir NMU-studente
’n Veldbrand in Noordhoek het glo die universiteit se Suidkampus weens stormsterk winde teen ’n spoed genader waarna die brand ’n heining by ʼn gedeelte van die kampus oorgesteek het.
Schweizer-onnie kan terug skool toe
Prinsloo het in haar uitspraak gesê rassisme moet uitgeroei word, maar nie gesoek word op ʼn plek waar dit nie bestaan nie.
Vlakfontein-moorde: Verdagte dood aangetref
Hy en nog ‘n beskuldigde is in hegtenis geneem nadat die polisie in Oktober 2018 op die liggame van vier kinders en drie volwassenes afgekom het by hul huis in Johannesburg.
Vyf sterf toe man in bank losbrand
Die aanvaller het die polisie gebel om hulle te vertel hy het skote geskiet in die bank.
Maimane, Malema soek antwoorde oor Bosasa-bewerings
“Hierdie onthullings het ʼn einde gebring aan die mite dat korrupsie in die ANC bloot iets was wat tussen voormalige pres. Jacob Zuma en die Gupta-familie voorgekom het.”
Vermiste Muizenberg-vrou opgespoor
Twee vroue het Ripepi in die suidelike voorstede gewaar en herken danksy biljette wat Pink Ladies versprei het.
Voormalige OBK-hoof onskuldig in interne ondersoek
“As ek u reg verstaan, was die bewering oor die MST-finansiering dat daar absoluut geen gronde vir die aantyging was nie.”
Vyf vas vir groot daggavonds
Tydens hul soektog het die honde-eenheid op 13 groot sakke dagga afgekom wat 283 kg weeg en met ʼn straatwaarde van sowat R30 000.
Straatrenjaer verloor albei sy bene
“Ons vra nie mense se simpatie nie, maar hul gebede.”
Goeie nuus: Inflasie daal skerp
Dis die grootste daling in ʼn enkele maand sedert April 2017.