Noland Arbaugh (29), wat agt jaar gelede van sy skouers af verlam gelaat is na ’n duikongeluk, het die Neuralink-implantaat in Januarie ontvang.
Hollywood: ‘The Sims’-fliek op pad; dokkie verklap donker kant van Nickelodeon
In die week se nuus uit Hollywood wink ʼn “Beetlejuice”-opvolg, en Beyoncé is in die sop oor ʼn bemarkingsveldtog.
Video: Prinses van Wallis kondig aan sy het kanker
Die 42-jarige prinses het nie die presiese omvang van die diagnose bekend gemaak nie, maar het die laaste paar maande, sedert sy in die hospitaal opgeneem is, as “ongelooflik moeilik” vir haar en haar gesin beskryf.
Steeds g’n gasheer vir Statebondspele
Birmingham het tydens die laaste Statebondspele op betreklike kort kennisgewing as gasheer ingespring nadat Suid-Afrika – meer spesifiek Durban – gedwing is om weens verskeie redes, waaronder finansiële probleme, as gasheer kop uit te trek.
Aardverwarming kan kospryse, inflasie laat styg – studie
Die uitwerking op voedselpryse en inflasie weens toekomstige aardverwarming gaan die felste gevoel word in “streke wat reeds warmer is”, en veral in armer en ontwikkelende dele van die wêreld. Afrika en Suid-Amerika gaan die vastelande wees wat die meeste geraak word.
Nog ʼn kiekie van Kate in kruisvuur
Hoewel sy nie self in die foto is nie, het die prinses van Wallis dié kosbare foto by Balmoral-kasteel geneem.
Varknier eerste keer suksesvol in lewende man oorgeplant
Die vier uur lange operasie is uitgevoer op ʼn 62-jarige man wat aan eindstadium-niersiekte ly.
Finland wéér gelukkigste
Vir die eerste keer sedert die verslag meer as ’n dekade gelede gepubliseer is, is die VSA en Duitsland nie onder die 20 gelukkigste lande nie.
Ondersoek gevra na ‘toegang’ tot Kate se mediese rekords
Die Britse polisie is versoek om ondersoek in te stel na bewerings dat daar gepoog is om toegang te verkry tot die vertroulike mediese rekords van Catherine, prinses van Wallis.
Ramaphosa onder diegene wat Poetin gelukwens
China en Indië het Poetin ook vroeër gelukgewens met sy herverkiesing terwyl talle Westerse moondhede die verkiesing as nie vry of regverdig nie bestempel het.
Zim-boere steier weens droogte
“In ʼn goeie jaar kan ons staatmaak op vars mielies, pampoene en grondbone. Daar is hierdie jaar niks op die lande nie.”
Sabalenka se kêrel se dood as selfmoord ondersoek
Die Miami-Dade-polisie is Maandag na die St. Regis Bal Harbour-oord ontbied oor ʼn man “wat van ʼn balkon gespring het”.
Tennisster se kêrel (42) sterf skielik
Hy was ten tyde van sy dood in Miami saam met Aryna Sabalenka, waar sy besig was om voor te berei vir haar deelname aan die Miami-Ope.
Tronk toe met Fransman ná 25 spoedboetes in 19 dae
Die 23-jarige man het tussen 6 en 25 Februarie vanjaar die spoedgrens in Noorweë 25 keer oortree.
Bekroonde draaiboekskrywer (86) sterf
Hy het die Oscar-beeldjie wat hy in 2011 gewen het aan “alle hakkelaars regoor die wêreld” opgedra.
Maleisië dalk gasheer vir 2026-Statebondspele
Die Olimpiese Raad van Maleisië oorweeg dit om ’n “afgeskaalde” Statebondspele in 2026 aan te bied. Daar heers intussen vrae oor die toekoms van die Statebondspele.
Geweld, chaos in krisisgeteisterde Haïti
ʼn Bende-rebellie wat daarop gemik was om die eerste minister Ariel Henry te ontsetel, het die afgelope twee weke verwoesting in Haïti veroorsaak.
Poetin herverkies: ‘Rusland kan nie teruggehou word’
Wladimir Poetin (71) is vir ʼn vyfde termyn as Russiese president verkies.
Die week in foto’s
Kyk saam na die week se gebeure in foto’s.
Kliniek bied verligting vir Zimbabwiërs
Zimbabwe se staatsgesondheidstelsel het byna heeltemal ineengestort ná jare se wanbestuur, te midde van ʼn tekort aan fondse, personeel, medisyne en toerusting.