Minstens 21 mense is Sondag dood en 38 beseer in Afghanistan toe ʼn bus ʼn olietenkwa en ʼn motorfiets getref het.
Céline Dion gretig om weer op te tree ondanks siekte
“Om hierdie outo-immuunsiekte te oorkom was een van die moeilikste ervarings van my lewe, maar ek bly vasberade om na die verhoog terug te keer en so normaal as moontlik te leef.”
Hollywood: Babanuus vir dié twee sterre; Olivia Munn deel kankerdiagnose
In dié week se nuus uit Hollywood is Kelly Clarkson op pad Olimpiese Spele toe, en Eva Longoria wen ʼn gesogte prys ter waarde van $50 miljoen.
Rotte is ‘hoog’ ná hulle dagga in polisiekantoor vreet
“Die rotte vreet ons marijuana. Hulle is almal hoog.”
‘Squid Game’-ster skuldig aan seksuele geweld
Die 79-jarige het in 2022 die eerste Suid-Koreaan geword om ʼn Golden Globe-toekenning te ontvang vir beste akteur in ʼn ondersteunende rol vir sy vertolking van ʼn oënskynlik kwesbare ou man in die Netflix-treffer.
Pa van Michigan-seun wat skiet ook skuldig
Die pa van ʼn tienerseun wat in 2021 op leerders by sy hoërskool losgebrand en vier mense doodgeskiet het, is deur ’n jurie skuldig bevind aan strafbare manslag.
SA’ners wat vir Israel veg sal aangekeer word, sê Pandor
“Ons is gereed, wanneer jy by die huis kom, gaan ons jou in hegtenis neem.”
Russe stem Vrydag vir (nuwe) president
Wêreldleiers is nie hoopvol dat die volgende Russiese president op ʼn werklik demokratiese wyse verkies sal word nie.
Adidas: Eerste verlies in 30 jaar oor Kanye
Adidas het Woensdag sy eerste verlies in meer as drie dekades aangemeld weens die beëindiging van sy vennootskap met die Amerikaanse rapper Kanye West.
VSA aanvaar wetsontwerp wat TikTok verbied
Die wetsontwerp vereis dat TikTok afstand doen van sy Chinese bestuursmaatskappy óf uit Amerika verban word.
‘Ysterlong’-man sterf op 78
Paul Alexander van Dallas, Texas, het op sesjarige ouderdom polio opgedoen wat hom van die nek af ondertoe verlam gelaat het.
Lauren Dickason-saak: Dís hoekom vonnisverrigtinge sloer
Dickason word sedertdien in ʼn psigiatriese eenheid in die Hillmorton-hospitaal aangehou waar sy onder waarneming is.
Eerste minister van Haïti bedank
“Die regering wat ek lei kan nie onsensitief wees teenoor hierdie situasie nie.”
Kinders sterf ná hulle skilpadvleis eet
Die vleis word as ʼn lekkerny in Zanzibar beskou. Dit bevat egter ʼn toksiese middel wat van tyd tot tyd sterftes kan veroorsaak.
Kuberkrakers teiken dalk Olimpiese Spele
Verskeie Franse regeringsinstellings word nou geteiken deur kuberaanvalle van “ongekende intensiteit”.
‘Hungry Eyes’-sanger oorlede
“Dit het hom groot vreugde verskaf om te weet dat sy musiek vir dekades soveel mense geraak het en dat dit sy blywende nalatenskap sal wees.”
Groot kommer oor krisis in Haïti
Gewapende groepe wat reeds ’n groot deel van Port-au-Prince beheer, het die afgelope dae verwoesting ontketen in hul pogings om premier Ariel Henry te verdryf.
Vyf vermiste skiërs dood gevind
Die groep skiërs, tussen 21 en 58 jaar oud, het nooit by hul bestemming opgedaag nie. Die groep sluit vyf lede van dieselfde gesin in.
Talle beseer toe Boeing skielik skud, mense ‘rondslinger’
“Almal op die vliegtuig het geskree. Die vliegtuig se neus het begin duik en ek het gedink, ‘oukei, dis die einde’,” het een passasier gesê.
Prinses Kate sê self jammer vir foto-flater
“Nes baie ander amateurfotograwe, eksperimenteer ek af en toe met fotoredigering.”