As Sisanda Magala se paaltjievuishou die Engelsmanne in Bloemfontein laat steier het, dan het Anrich Nortjé beslis die uitklophou geplant.
IKR gee Jansen ʼn klop op die skouer
Die Internasionale Krieketraad het die Protea-hemelbesem as sy opkomende speler van die jaar aangewys.
Faf-tein span die seile
Faf du Plessis het gister ongetwyfeld ʼn kapteinsbeurt gespeel toe hy 113 vinnige lopies van slegs 58 aflewerings gemoker het. Dit was die eerste honderdtal van die SA20-toernooi.
Snorkrag wek boulerwoema op
Van die wêreld se gevaarlikste snelboulers het al met indrukwekkende snorre gespog – van Dennis Lillee en Fred Spofforth tot Mitchell Johnson en Anrich Nortjé.
6/20: Roelof laat Giants struikel
Daar is min spelers wat met soveel passie soos Roelof van der Merwe speel – die voormalige Protea wat deesdae vir Nederland in aksie is.
Amla bêre kolf vir oulaas weg
“Jou pad was glad nie maklik nie. Mense het gesê jou tegniek lyk vreemd en dat jy nooit bestendig genoeg sal wees nie. Maar dan het jy op jou eie unieke manier op die veld gestap en net gekolf.”
Nortjé, Neesham haal wind uit Super Kings-seile
In Woensdag se ander wedstryd het Marco Jansen meer as 20 lopies vanaf een van Rashid Khan se boulbeurte geslaan.
Proteas moet Engelse met dié spelers tem
Daar is nog nie plek vir die opwindende Dewald Brevis nie, maar volgens Victor Mpitsang (nasionale keurderbaas) behoort die 19-jarige kolwer sy kans in die komende T20-reeks teen die Wes-Indiese Eilande te kry.
Kiwi’s trek vir Morkel nader
“Dit is ʼn fantastiese geleentheid vir ons snelboulers om by hom te leer,” het Ben Sawyer, afrigter van Nieu-Seeland se vrouekrieketspan, gesê.
Conrad en Walter gaan Proteas brei
Shukri Conrad sal aan die stuur van die toetsspan wees, terwyl Rob Walter oor die witbalkrieketspanne sal toesig hou.
Brevis, Stone maak hul SA20-stemme dik
Al die spanne in die SA20-toernooi het weliswaar nog net ʼn handjievol wedstryde gespeel, maar daar was reeds ʼn paar puik individuele prestasies.
Walter, Conrad glo in binnebaan vir afrigtersposte
Dit is gʼn maklike taak om die Proteas af te rig nie.
Son en sesse op SuperSportpark
Die SA20-toernooi kan inderdaad die lig aan die einde van ʼn stikdonker Suid-Afrikaanse kriekettonnel wees. Dit laat krieket weer lekker lyk.
Krieket: Gaan T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue ook op die golf ry?
Afgesien van Suid-Afrika ding nege ander lande, Bangladesj, Engeland, Ierland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, die Wes-Indiese Eilande en die huidige kampioen, Australië, mee.
Anrich laat die kwik wéér styg
Die Protea-blits het weer eens vinniger as 150 km/h geboul. Hierdie keer vir die Pretoria Capitals in die SA20-toernooi.
AB besing Donovan se lof
Suid-Afrika het ongetwyfeld nóg ʼn krieketdiamant in Donovan Ferreira. Die jong speler het gister 82 blitsige lopies vir die Joburg Super Kings geslaan.
Kyk: Brevis laat waai vir MI Cape Town
Jonk ofte not; Dewald Brevis is ʼn baie spesiale krieketspeler wat oor die unieke gawe beskik om ʼn mens vir ʼn rukkie van jou sorge te laat vergeet.
Ondersteuners hoop Brevis vat vlam
Die opwindende Dewald Brevis is in die MI Cape Town-groep wat vandag teen die Paarl Royals kragte meet.
Kaptein Miller sal op Buttler, Morgan steun
“Ons is baie bevoorreg om twee internasionale kapteins in die groep te hê en hul ervaring is ongetwyfeld van onskatbare waarde.”
Zoeloe nie meer in Protea-afrigterswedloop
Die voormalige veelsydige ster – wat tydens die 1999-Wêreldbekertoernooi amok gemaak het, wil glo eerder op die wêreldwye T20-franchisekompetisies konsentreer.