“Ja, ons het seker besluit om ʼn manmoedige roete te volg en daardie kontroversiële woord in die koorgedeelte van die lied in te sluit, wat nou die oë so laat rek.”
Luister: Neil Nachtrein se lirieke kom diep uit die hart
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Jy moet skryf oor dinge wat jy al self beleef het.”
Hoofborge van #JouAiG geëer
Afrikaans is Groot verlang van alle #JouAIG-kaartjiehouers om ’n video van hulself in te stuur waarin hulle vertel wie hulle is, byvoorbeeld “Die Steyns van Fochville” of “Die bestuurders van die slaghuis op Citrusdal”, en hoekom hulle gevoel het hulle moet AiG ondersteun.
Video: Só sing Dylan en Cash saam 50 jaar gelede
Net mooi 50 jaar ná Bob Dylan en Johnny Cash se lied “Wanted Man” vir die eerste keer uitgereik is, het argivarisse van Dylan se musiek ʼn weergawe van die lied beskikbaar gestel waar die twee musieklegendes die liedjie vir die heel eerste keer saamsing.
AiG-konserte verlig hongersnood onder kinders
Almal wat een van die immergewilde Afrikaans is Groot-megakonserte in Pretoria en Kaapstad gaan bywoon, dra op ’n manier by om te sorg dat minstens 8 000 kinders nie in die aande honger gaan slaap nie. Helpende Hand is vir die tweede agtereenvolgende jaar as AiG se amptelike liefdadigheidsorganisasie aangewys.
Luister: Liedjieboer stap ‘lang, maar lekker pad’ in Afrikaanse musiekbedryf
“Veertig jaar is ’n lang pad, maar ’n baie lekker pad. Ek sien uit na die volgende veertig jaar.”
Patrizio se nuwe Kersfeesalbum en konsert in SA
Patrizio Buanne sal op 6 November vir slegs een aand op die verhoog te sien wees in Pretoria. Aanhangers kan tydens die konsert uitsien om saam te sing en ’n aand vol treffers en Kersliedere te geniet.
Ruhan du Toit neem nr. 1-posisie in op Top-20
Ruhan du Toit, voorheen van Touch of Class, neem hierdie week se nr. 1-posisie in met sy debuut enkelsnit as solo-kunstenaar.
Janie Bay en Early B span saam vir nuwe liedjie
“Die musiek gaan langer as ons hier op aarde wees en ek is trots om te sê ek is deel hiervan.”
Wenner van negende Atterbury Nasionale Klavierkompetisie aangewys
Die 15-jarige Qden Blaauw van Parow is die afgelope naweek as algehele wenner van die negende Atterbury Nasionale Klavierkompetisie aangewys.
Min Shaw en Lance James vereer vir bydrae tot Afrikaanse musiek
Die Afrikaanse Country-duetpaar Min Shaw en Lance James, is tydens vanjaar se Afri-Duetfees met ’n Prestige-toekenning vir hulle bydrae tot Afrikaanse musiek die afgelope meer as 50 jaar vereer.
Musiekvideo: Ricus Nel gesels oor drome, sukses en sy jongste musiekvideo
“Vandag is ek self op die voorgrond en ek is ongelooflik dankbaar daarvoor.”
Foto’s: Afrikaanse musiek ordentlik gevier by Aitsa-toekennings
Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Jay du Plessis en Ruhan du Toit se lied “Die Land” het die prys vir die liedjie van die jaar by die eerste Aitsa-Afrikaanse musiektoekennings ontvang.
Elvis Blue betree Top-20 met nuwe liedjie
Elvis Blue se liedjie “Beloofde land” betree dié week se Top-20 in die no. 18-posisie.
Afrikaans is Groot: ‘Pa’s en seuns, kom raak betrokke’
Pa’s en seuns kan vanjaar op ʼn besonderse wyse deel wees van die immergewilde Afrikaans is Groot-konserte.
Randburg Mannekoor ‘verryk deur musiek’
Met hul leuse “Verryking deur musiek” is die Randburg Mannekoor nie net ʼn ligpunt vir die publiek nie, maar ook vir mekaar.
Video: Early B: ‘Ek gaan almal wegblaas, dís die plan’
“Ek is die kleinste, groot bal energie wat op daai verhoog gaan opklim.”
Video: Julanie J se enkelsnit ‘Sandkastele’ vra waardeer mekaar
“Die een ding wat ek nog altyd wou doen is om vir mense hoop te gee – al is dit net vir ʼn oomblik terwyl hulle na my musiek luister. Dit is vir my regtig belangrik, maak nie saak waaroor die liedjie handel wat ek skryf of sing nie, dit is die eintlike doel van my musiek.”
Sanger sien ‘nuwe horison’ ná depressie
Hy vertel dat hy al van jongs af sukkel met selfbeeld en gedagtes oor homself, maar dat dit versterk is nadat hy in ʼn traumatiese motorongeluk was ʼn paar jaar gelede.
Patrizio Buanne kom stel sy Kersalbum aan SA’ners bekend
Die internasionaal-bekroonde sanger, wat al 15 jaar lank gehore bekoor, sal eersdaags sy eerste Kersfeesalbum uitreik.