My gewete is skoon, maar daarmee is ek nog nie noodwendig skotvry nie. Die Hére se oordeel oor my is al wat saak maak. (1 Korintiërs 4:4)
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Wees goedhartig
Wie onder julle ’n leier wil wees, behoort julle dienskneg te wees. (Matteus 20:26)
Gedagte vir die dag: God se roeping
God se gawes en roeping staan onherroeplik vas. (Romeine 11:29)
Gedagte vir die dag: Afhanklik van God
My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd. (Psalm 73:26)
Gedagte vir die dag: Konsekwente gehoorsaamheid
Hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam. (1 Johannes 2:3)
Gedagte vir die dag: Dien Hom voluit
Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. (1 Korintiërs 9:25)
Gedagte vir die dag: Oorvloedige seën
Gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting in Hom stel. (Jeremia 17:7)
Gedagte vir die dag: Volg Jesus naderby
Verder, by ’n ander geleentheid, het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Johannes 8:12)
Gedagte vir die dag: Bereik jou potensiaal
Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie. (Spreuke 12:1)
Gedagte vir die dag: Raak rustig
Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. (Matteus 11:28-29)
Gedagte vir die dag: Draai terug na Hom
Ons het almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. (Romeine 3:23-24)
Gedagte vir die dag: Laat Hom toe om te werk
Dis God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! (Filippense 2:13)
Gedagte vir die dag: Voorbereid op krisisse
Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin. (Johannes 16:33)
Gedagte vir die dag: Volhard tot die einde
Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans vir ’n lewe in gehoorsaamheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy terugkeer. En dié prys is nie net vir my nie, maar vir almal wat gretig uitsien na sy heerlike verskyning. (2 Timoteus 4:7-8)
Gedagte vir die dag: Bewys jou lojaliteit
Die paaie van die Here is goedheid en trou vir dié wat getrou is aan die bepalings van sy verbond. (Psalm 25:10)
Gedagte vir die dag: Moenie verdwaal nie
Wie is die een wat die Here dien? Hy sal hom wys watter pad hy moet kies. (Psalm 25:12)
Gedagte vir die dag: Bewus van sy teenwoordigheid
Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. Wie nie aan My verbind bly nie, word weggegooi soos ’n loot en verdroog. Hulle maak gewoonlik sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur en dit verbrand. (Johannes 15:5-6)
Gedagte vir die dag: Kies dit wat reg is
Die Here beskerm hulle wat ’n reguit pad loop. Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars. As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly. Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. (Spreuke 2:8-10)
Gedagte vir die dag: Fokus op sy woorde
Gee aandag aan wat jy hoor. Aan dié wat hulle oopstel vir my lering, sal groter begrip gegee word. Maar dié wat nie luister nie, van hulle sal selfs dit wat hulle dink hulle het, weggeneem word. (Lukas 8:18)
Gedagte vir die dag: Wyse besluite
U waarskuwings is beslis my vreugde; dit gee my goeie raad. (Psalm 119:24)