As ons optrede van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde. (1 Johannes 1:7)
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Jy kan kragtige dinge doen
Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. (Johannes 15:5)
Gedagte vir die dag: Bewus van jou doel
Hulle by wie op klipperige grond gesaai is, is die mense wat die boodskap hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Maar hulle wortels gaan nie diep nie en hulle hou net vir ’n rukkie. Sodra daar swaarkry of vervolging ter wille van die boodskap kom, struikel hulle in hulle geloof. (Matteus 13:20-21)
Gedagte vir die dag: Wyse rentmeesterskap
Christus het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. (Efesiërs 4:11-12)
Gedagte vir die dag: Hou op verskonings soek
Gideon sê vir Hom: “Verskoon my, Meneer, maar hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid in my pa se familie.” “Ek is dan saam met jou!” het die HERE vir hom gesê. (Rigters 6:15-16)
Gedagte vir die dag: Die moed om aan te hou
Ek gryp jou regterhand vas. Ek is die HERE jou God. En Ek sê vir jou: “Moenie bang wees nie. Ek is daar om jou te help!” (Jesaja 41:13)
Gedagte vir die dag: Heiligheid
Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is. Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos. (Kolossense 1:21-22)
Gedagte vir die dag: Neem goeie besluite
Wie is die een wat die HERE dien? Hy sal hom wys watter pad hy moet kies. (Psalm 25:12)
Gedagte vir die dag: Erken die wonderwerke
Ek sal hulle weer wonders laat sien soos toe Ek hulle uit Egipte uitgelei het. (Miga 7:15)
Gedagte vir die dag: Onderskei tussen reg en verkeerd
Moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring. Jou pad sal veilig wees. (Spreuke 3:21-23)
Gedagte vir die dag: Die hemel as doelwit
’n Mens beplan sy koers, maar die HERE bepaal sy bestemming. (Spreuke 16:9)
Gedagte vir die dag: Altyd ’n uitweg
Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur. (1 Korintiërs 10:13)
Gedagte vir die dag: ’n Uitstekende voorbeeld
Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het. Soos die Skrif dit stel: “Die persoon wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.” (1 Korintiërs 1:30-31)
Gedagte vir die dag: Goddelike selfvertroue
“Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!” (Psalm 139:17)
Gedagte vir die dag: Harde werk
“ʼn Luiaard ploeg nie in die saaityd nie en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.” (Spreuke 20:4 – AFR83)
Gedagte vir die dag: Geslyp om te slaag
“Jesus vra hom die derde keer: ‘Simon seun van Johannes, het jy My lief?’ Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het ‘het jy my lief?’ en hy antwoord Hom: ‘Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.’ Hy sê toe vir hom: ‘Laat my skape wei’.” (Johannes 21:17 – AFR83)
Gedagte vir die dag: Die fontein in jou
“Die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ʼn fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:14)
Gedagte vir die dag: Wees lief vir jouself, toe?
Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle. (1 Johannes 4:16)
Gedagte vir die dag: Sien jy die lig?
Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het. (1 Petrus 2:9c)
Gedagte vir die dag: Verwag Hóm!
Menslik gesproke is dit onmoontlik. Maar by God is alles moontlik! (Matteus 19:26)