Ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. (Psalm 51:5, 9)
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Die Here van die leërskare
God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons. Laat staan en weet dat Ek God is. (Psalm 46:2, 8, 11)
Gedagte vir die dag: Hoe lief het jy Hom?
Toe die Fariseër wat Jesus genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy ’n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is ’n sondares. (Lukas 7:39)
Gedagte vir die dag: Leef deur geloof
Wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van die profete sou verhaal, wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het. (Hebreërs 11:32-34)
Gedagte vir die dag: Tel jou woorde
By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. (Spreuke 10:19)
Gedagte vir die dag: Wees barmhartig
Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het. (Lukas 24:12)
Gedagte vir die dag: Jesus, die weg na vryheid
En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. (Matteus 5:30)
Gedagte vir die dag: Toegerus om ’n wag te wees
… julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde. (Handelinge 1:8)
Gedagte vir die dag: Wees anders vir Jesus
Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het. (Filippense 3:17)
Gedagte vir die dag: Moenie mismoedig raak nie
Julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. (Hebreërs 12:3)
Gedagte vir die dag: Moenie moeg raak nie
Die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. (Jesaja 40:31)
Gedagte vir die dag: Die wysheid van geloof
Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. (Psalm 40:2-3)
Gedagte vir die dag: Die betekenis van die opstanding
As Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. (1 Kor 15:17)
Gedagte vir die dag: Gehoorsaam tot die dood
Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword. (Heb 5:8-9)
Gedagte vir die dag: Saam met Jesus gekruisig
Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. (Rom 6:6)
Gedagte vir die dag: God gee sy Seun
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (Joh 3:16)
Gedagte vir die dag: Om in die Here te roem
My siel sal hom beroem in die Here; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees. (Psalm 34:3)
Gedagte vir die dag: Paulus – ’n dienskneg se hart
Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is. (1 Timoteus 1:15)
Gedagte vir die dag: Jesus, ons voorbeeld van nederigheid
Hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy het Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. (Filippense 2:5, 8)
Gedagte vir die dag: Jesus se leringe oor nederigheid
Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word. (Lukas 18:14)