Die oplossing van die geheim is in ’n gesig vir Daniël gegee. Daniël het toe die God van die hemel geloof en gesê: “Loof die Naam van God vir altyd, ja, altyd; aan Hom behoort wysheid en krag.” (Daniël 2:19-20)
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: Sy genade sluit ín!
Jesus se antwoord was: “Ek verseker jou, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees.” (Lukas 23:43)
Gedagte vir die dag: By Hom sal jy vrede vind
Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. (Romeine 8:38)
Gedagte vir die dag: Die hemel in aksie
“Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.” (Openbaring 22:13)
Gedagte vir die dag: Sonder enige iets is jy …
Want ek is gedurig bewus van u liefde … (Psalm 26:3)
Gedagte vir die dag: Liefde: dís waaroor dit gaan
Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer van God. (Efesiërs 5:2)
Gedagte vir die dag: Jy kan maar vir jouself omgee
Die hele wet is saamgevat in een opdrag: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Galasiërs 5:14)
Gedagte vir die dag: Hy ken elke detail van jou!
Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My. (Johannes 10:14)
Gedagte vir die dag: Arms vol geluk!
U gee arms vol geluk vir mense wat U liefhet, Here. U omring hulle met liefde. (Psalm 5:13b, Die Boodskap)
Gedagte vir die dag: Hy wil náby aan jou leef
“Wanneer hy (’n herder) al sy skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken.” Hierdie beeld het Jesus vir hulle vertel. (Johannes 10:4, 6a)
Gedagte vir die dag: Jy is soveel meer as …
Dis Ek wat vir Sion sê: “Jy is Myne.” (Jesaja 51:16c)
Gedagte vir die dag: Móét jy iets bereik?
Behandel u dienaar volgens u troue liefde, en leer my u voorskrifte. (Psalm 119:124)
Gedagte vir die dag: Vier jouself meer!
Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit. (1 Timoteus 4:12)
Gedagte vir die dag: God sien verstote mense
Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word.” (Lukas 1:35)
Gedagte vir die dag: God sien jou eensaamheid
Maar Rut antwoord: “Moenie my probeer oorreed om van Ma af weg te gaan nie. Waarheen u ook al gaan, sal ek gaan. Waar u woon, sal ek ook woon.” (Rut 1:16a)
Gedagte vir die dag: God sien jou begeertes
Hanna was baie ontsteld en terwyl sy onbedaarlik huil, het sy tot die HERE gebid. Sy het ’n gelofte gemaak: “O HERE, as U tog net my gebed verhoor en vir my ’n seun gee, sal ek hom vir U teruggee. Lewenslank sal hy aan U behoort.” (1 Samuel 1:10-11a)
Gedagte vir die dag: God sién jou!
Van toe af het Hagar die HERE wat met haar gepraat het, genoem “die God wat my sien” … (Genesis 16:13)
Gedagte vir die dag: “Skryf op my hart, Here!”
Bevestig opnuut aan my u belofte, wat bedoel is vir hulle wat U dien … Ek verlang van harte na u bevele. Laat my lewe deur u geregtigheid. (Psalm 119:38, 40)
Gedagte vir die dag: Die spoke wat jou jag
Mag God ons Vader en Christus Jesus ons Here aan jou genade, ontferming en vrede gee. (2 Timoteus 1:2b)
Gedagte vir die dag: Sal ek ooit goed genoeg wees?
Beywer jou vir ’n lewe volgens die wil van God, gekenmerk deur toewyding, geloof, liefde, volharding en deernis. (1 Timoteus 6:11b)