Die departement van korrektiewe dienste het Maandag bevestig 129 gevalle van Covid-19 is tot dusver by korrektiewe sentrums aangemeld.
Alles vir die sleutelwoord "koronavirus"
Voorstelle ingedien sodat gesonde persone kan terugkeer werk toe
“Die fokus moet nou skuif na die balans tussen ekonomie en gesondheid – ons kan beide aanspreek deur gesond te werk.”
Covid-19-samevatting: Italië se skole tot September gesluit
Skole in Italië sal tydens die somervakansie gesluit bly en eers weer in September oopmaak, het die eerste minister gesê.
217 Kubaanse dokters kom in SA aan
Pres. Cyril Ramaphosa het 217 mediese professionele persone van Kuba verwelkom wat Maandag in Suid-Afrika aangekom het om die land te help in die stryd teen die Covid-19-pandemie.
Regstreekse uitsending: Covid-19, die gemeenskap, die ekonomie en die pad vorentoe
Regstreekse uitsending: Covid-19, die gemeenskap, die ekonomie en die pad vorentoe. Volg dié regstreekse uitsending Dinsdag, 28 April 2020 om 14:00 net hier op Maroela Media se Facebook-blad.
Opskud as jy terugvoer wil gee oor Covid-19-fases
Die publiek het slegs tot Maandag, 27 April 2020, geleentheid om terugvoer te gee oor die regering se Covid-19-risikoaangepastestrategie wat van 1 Mei 2020 in werking tree.
Covid-19: Nóg ʼn sterfte in Wes-Kaap
Intussen land ʼn span Kubaanse medici na verwagting Maandag in die vroeë oggendure in Suid-Afrika om die land in die stryd teen Covid-19 te help.
Covid-19: Só lyk gevalle in Limpopo, Gauteng
Meer as 800 000 huishoudings in Limpopo is reeds besoek en sowat 2,7 miljoen siftingstoetse is al gedoen.
Covid-19: Byna 3 miljoen wêreldwyd het virus
Die getal sterftes is nou al meer as 200 000.
Covid-19: Sterfgevalle styg met sewe
Die Wes-Kaap is steeds die episentrum van die virus in Suid-Afrika.
Covid-19: Honderde in Gauteng het reeds herstel
Die getal sterftes in die provinsie staan op agt.
WVF bekommerd oor onvolledige aansoeke
Tot dusver het 77 000 werkgewers aansoeke ingedien.
Covid-19-samevatting: Byna 20 000 in Engeland sterf
Intussen het pres. Donald Trump se terloopse opmerking oor ontsmettingsmiddel groot kommer oor moontlikheid gesondheidsrisiko’s veroorsaak.
Covid-19: Nóg vier sterftes aangemeld
Die Wes-Kaap is nou die provinsie met die grootste getal Covid-19-pasiënte.
Covid-19-samevatting: Duisende Duitsers uit SA gerepatrieer
Intussen het 31 lede van ’n uitgebreide familie in Indië positief getoets vir Covid-19.
Koronavirus ken nie grense en diskrimineer nie – ons reaksie daarop mag ook nie
Die enigste gevolgtrekking wat ons kan maak, is dat die koronavirus nie grense ken nie en nie diskrimineer nie – maar die ANC-regering se reaksie hierop diskrimineer wel.
Ope brief: Het jy al ʼn boer en sy werkers sien huil?
“Johan het gehuil omdat getroue werkers en ook hy nie meer ʼn inkomste het nie.” ’n Ope brief van Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, aan Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme.
Covid-19: Beweerde geweldsmisdadigers dalk vrygelaat
Volgens ʼn e-pos aan aanklaers en landdroste in Gauteng hou tronke ʼn gevaar in vir die verspreiding van Covid-19.
Covid-19-samevatting: Trump gekap oor ‘gevaarlike’ navorsingsvoorstelle
Rusland het intussen byna 6 000 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld.
Nuuskommentaar: Voortrekkermonument se noodkreet: Help ons om dié ramp te oorleef
Kan veral die Afrikaanssprekende gemeenskap dié kultuurbaken red te midde van die enorme finansiële eise wat die pandemie aan elkeen stel?