Kameroen in Wes-Afrika was onlangs weer kortliks in die nuus oor die presidentsverkiesing. Die land is eintlik simptomaties vir wat alles in Afrika verkeerd loop.
Alles vir die sleutelwoord "leierskap"
Tweeling wéér as hoofleiers verkies
Ja, die twee baklei soms, maar hulle is baie afhanklik van mekaar, sê hul ma.
Hoe gemaak met anonieme kuberafknouery?
Anonieme kuberafknouery is wanneer ’n persoon ander afknou deur van tegnologie of elektroniese toestelle gebruikmaak om sy/haar identiteit te verbloem. Dit kan oor selfone of oor die internet of aanlyn gebeur.
AfriForum-teenboelieveldtog se gelukbringer kuier by laerskole
“Ek glo dit is uiters noodsaaklik om deur middel van opleiding, rigtinggewing en ondersteuning in jongmense te belê. Sodoende help ons nie net met die opheffing van vandag se leiers nie, maar ook dié van môre.”
Lewe jy aspris of per ongeluk?
Om per ongeluk te lewe is maklik, jy doen net-net genoeg. As jy bevorder word, is dit toevallig en jy is verbaas daardeur. As jy nie bevorder word nie, dan is dit maar so. Om aspris te lewe is nie maklik nie, allermins.
’n Voorbeeld van ware leierskap en vrede
Vrede deur God se kinders wat op grondvlak ʼn Jesus-gesindheid demonstreer. Idealisties? Miskien, maar dis meer werd as die papier waarop wêreldse vredesverdrae geskryf staan.
Leierskap en ’n gehoor van Een
Die vraag is nie of ons voor ’n gehoor lewe nie, maar eerder wie ons gehoor is.
Suid-Afrikaners (te) tevrede met swak leiers
Hou op om te tevrede te wees voor dit dalk TE laat is.
Watter onderwys gaan die leiers voortbring?
Is dit net sinies of moet veral Afrikaners, wat nog ʼn baie hoë premie plaas op staatskole, dalk meer aktief begin dink daaraan dat die kleiner skool, waar elkeen tot sy reg kom, noodsaaklik is om die leiers vir sy toekoms te kweek?
Studente se motiewe dalk edel, maar taktieke bedenklik
Die toekoms van openbare universiteite in Suid-Afrika hang in die weegskaal en besondere leierskap is nodig om te verseker die kommerwekkende tendense, waarop hier gewys word, word omgekeer. Daar sou selfs gevra kan word of dit nie reeds te laat is om die sinkende skip te red nie?
Spotprent 13 Oktober 2016
Jerm se spotprent vir 13 Oktober 2016.
Waarborg middelklas-waardes goeie leierskap?
Maar die vraag bly: Reflekteer ’n losbandige seksuele lewe ’n gebrek aan staatsmanskap? Of staan die twee sake los van mekaar?
ʼn Nuwe tuiste vir voortgesette opleiding in Afrikaans
S-leer, Solidariteit se nuwe sentrum vir voortgesette leer, het Vrydag amptelik geopen en sommer dadelik afgeskop met ʼn seminaar.
Etiek-kenner: ‘So lyk die leierskap-fiasko wat SA moet trotseer’
Die krag van Suid-Afrika se leierskap lê nie in die politiek of enige bogemelde sfere nie – nie eens in universiteite “wat te besig is om vure te blus” nie. Dit lê in die burgerlike samelewing.
Dié oorbruggingskursus bied avontuur en balans
Voornemende studente weet nie altyd met die intrapslag wat om te gaan studeer nie. Daarom is ʼn oorbruggingsjaar ʼn goeie keuse om ʼn mens ʼn bietjie meer tyd te gee vir daardie belangrike besluite.
Positiewe protes teen swak leierskap
Die groot vraag is dus egter nie of ons rede het en móét protesteer nie, maar hóé ons moet protesteer sodat dit doeltreffend en effektief is.
ANC: ’n Bevrydingsbeweging onder druk, is uiters onvoorspelbaar
Die nasionale algemene raadsvergadering (NARV) van die ANC moet beoordeel word teen die agtergrond van ʼn uiters dinamiese Suid-Afrikaanse politieke landskap. Hierdie dinamiese politieke omgewing konfronteer die ANC tans met van die grootste uitdagings waarmee die organisasie in sy meer as honderdjarige bestaan te make gehad het.
Nog nie op moedverloor se vlakte nie
Henri Boshoff, kenner van die verdiskonteringsom, skryf in teenreaksie op my brief – “Noodkreet van ’n leierlose uitgeworpene” – dat ek moed verloor het in ons pragtige taal, ons kultuur en ons mense. Allermins.
Luister: ʼn Partners for Possibility-vennootskap lei tot sukses vir skool
Gerhard van Greunen is ʼn geoktrooieerde rekenmeester van Pretoria en Margaret Chauke is die skoolhoof van Sediba-sa-Thuta, ʼn laerskool in Mamelodi. Die twee se paadjies sou normaalweg nie juis gekruis het nie, maar hulle is deel van ʼn Partners for Possibility-vennootskap waar sakelui skoolhoofde van skole met hulpbron-tekorte help in ʼn mentorskapprogram.
Demokratiese verskeidenheid skep hoop
Nou is nie die tyd om moed te verloor nie. Net soos dit nie die tyd was om op te gee toe die Bataafse bevind tot ʼn einde gekom het en plek gemaak het vir Engelse regering in die Kaap nie. Net soos die rebellie nie die einde van Afrikaans ingelei het nie. So is die skare wat bereid is om leiding te neem waar dit moet, die rede dat ek nie nou hoop gaan verloor vir my taal en die kultuur wat hy dra nie.