God het die Israeliete gelos en Hy red julle wat heidene is. Dit is soos wanneer iemand takke van ’n mak olyfboom afbreek en dan takke van ’n wilde olyfboom inent op die mak olyfboom. Dan groei daardie wilde takke aan die mak olyfboom en hulle kry ook van die boom se wortel al die kos wat hulle nodig het. (Romeine 11:17, Die Bybel vir almal)
Alles vir die sleutelwoord "lizette Murray"
Gedagte vir die dag: ’n Olyfboom
’n Groen olyfboom met mooi gevormde vrugte, so het die Here jou genoem. Maar as die hordes met ’n gedruis aankom, sal hulle jou blare aan die brand steek en jou takke kaal stroop. Die Here die Almagtige wat jou geplant het, het bepaal dat die ramp oor jou kom. Dit gebeur oor die kwaad wat die mense van Israel en Juda hulleself aangedoen het toe hulle My gekrenk het met hulle offerandes aan Baäl. (Jeremia 11:16-17)
Gedagte vir die dag: ’n Houtkruis
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. (1 Korintiërs 1:18)
Gedagte vir die dag: Timmerman
Is hy dan nie ’n timmerman, ’n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? (Markus 6:3)
Gedagte vir die dag: ’n Juk
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matteus 11:28-30)
Gedagte vir die dag: Tuinier
Here Jesus, U is die Groot Tuinier. Ek wil vrug dra. Dankie dat U met my bemoeienis maak. Amen
Gedagte vir die dag: God se stem in die tuin
Hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie. (Genesis 3:8, Bybel in Afrikaans 1933/1953)
Gedagte vir die dag: Die paradys
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is. (Openbaring 2:7)
Gedagte vir die dag: Getsemane
Daar was ’n man met die naam Josef, afkomstig van ’n Joodse dorpie Arimatea. Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in ’n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie. (Lukas 23:50, 52-53)
Gedagte vir die dag: Die tuin
Die Here God het toe ’n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis. (Genesis 2:8-9)
Gedagte vir die dag: Die hart van die heelal
Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God. (1 Johannes 4:7)
Gedagte vir die dag: Waar u gaan, sal ek gaan
Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; u volk is my volk; u God is my God.” (Rut 1:16, 17)
Gedagte vir die dag: Masker en voorskoot
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde. (Spreuke 31:26)
Gedagte vir die dag: God is liefde
Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen die Here.” En Natan sê vir hom: “Die Here het jou sonde vergewe: jy sal nie nou sterwe nie.” (2 Samuel 12:13)
Gedagte vir die dag: Kan dit standhou?
Saul se ander dogter, Mikal, was verlief op Dawid, en toe dit aan Saul vertel is, was hy in sy skik daarmee. (1 Samuel 18:20)
Gedagte vir die dag: ’n Wyse vrou
Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. (Spreuke 2:6-7)
Gedagte vir die dag: Werklike omgee
Dawid het vir Abigajil gesê: “Geloof sy die Here die God van Israel wat jou vandag gestuur het om my te ontmoet. Mag jy geseën word vanweë jou insig en ook omdat jy my vandag verhinder het om bloed te vergiet en die reg in my eie hand te neem.” (1 Samuel 25:32, 33)
Gedagte vir die dag: Urim en tummim
Binne-in die borssak wat deur die priester gebruik word wanneer hy oor regsake moet beslis, moet jy die urim en tummim sit. (Eksodus 28:30)
Gedagte vir die dag: Vriende wat God dien
Maak vir jou broer Aäron gewyde klere wat waardig en mooi is. ’n Borssak, ’n skouerkleed, ’n mantel, geweefde priesterklere, ’n tulband en ’n serp. Die vakmanne moet gouddraad en blou, pers en bloedrooi wolstof en linne gebruik om die skouerkleed te maak. (Eksodus 28:2, 4, 5, 6)
Gedagte vir die dag: Goedgesindheid
Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. (Romeine 12:14)