Verskeie Protea-netbalspelers – onder wie Shadine van der Merwe in die kleure van Manchester Thunder – sal deel van die Vitality-netballiga in Brittanje wees.
Alles vir die sleutelwoord "netbal"
Groot netbalaksie op die horison
Die Proteas is vroeg volgende jaar saam met Nieu-Seeland, Australië en Engeland in ’n vierhoekige reeks in Londen gewikkel.
Dorette tevrede met haar Afrikawenners
“Die toernooi het my die perfekte geleentheid gebied om nuwe kombinasies uit te toets en meer spelers internasionale blootstelling te gee.”
G’n keer aan Proteas in Windhoek
Suid-Afrika is tans onoorwonne ná sewe wedstryde en hulle het reeds 498 doele aangeteken en slegs 207 afgestaan.
Proteas te sterk vir Malawi
Die Suid-Afrikaners is tans nog onoorwonne in die Afrikabekertoernooi nadat hulle ook vroeër met Zimbabwe, Kenia en Tanzanië klaargespeel het.
Proteas oorrompel Zimbabwe; vandag wag Kenia
Die nasionale netbalspan poog om die Afrikabeker vir die sesde keer in Windhoek omhoog te hou.
Karla se Lightning eerste op punteleer
Die 31-jarige oudleerling van Hoërskool Zwartkop in Pretoria is vroeër as die span se kaptein aangewys en sy het ’n beduidende rol in hul onlangse oorwinning teen die Collingwood Magpies gespeel.
SA se Lefèbre laat Londen-span glimlag
Die kersie op die koek was toe die jong Protea – wat met 22 doelpogings suksesvol was – as die speler van die wedstryd teen die Celtic Dragons aangewys is.
Goue Karla kaptein van haar Aussie-span
“Karla se bydrae tot die span is van onskatbare waarde,” sê die Lightning-afrigter van haar Suid-Afrikaanse superster.
Dogters wil ma’s se seges op netbalbaan nadoen
Al twee ma’s het hul nasionale kleure verwerf, terwyl een deel van die Suid-Afrikaanse netbalspan was wat ’n silwer medalje by die Wêreldbeker-toernooi in 1995 gewen het. Nou is die kanse goed dat hul dogters in hul voetspore kan volg.
Kwota-fiasko: Netbal SA in die hof gedaag oor afrigter
Daar word geëis dat die finale waarskuwing wat deur Netbal SA aan Theresa Rossouw uitgereik is, hersien en tersyde gestel moet word.
Vyf ouers word deel van stryd teen Netbal SA se rassediskriminasie
AfriForum het klinkklare bewyse dat kwotas toegepas is en byna 40 hoërskoolnetbalspelers hul plekke in spanne weens die toepassing van rassekwotas verloor het.
Nóg ’n loesing in Sun City
Proteas maak skoonskip in reeks teen Malawi.
Netbalspan vir Malawi-wedstryde gekies
“Die uiteindelike doelwit is die 2023-Wêreldbeker-netbaltoernooi in Kaapstad en ons moes seker maak dat ons die beste spelers vir hierdie reeks kies.”
Netbal SA internasionaal verkla oor rassekwotas
AfriForum sê hy het die onderskeie spelers se puntekaarte ontleed en tot die gevolgtrekking gekom dat spelers wat die span op meriete sou kon haal, weens hul ras uitgesluit is.
Netbal SA dalk binnekort in hof gepak oor rassereëls
Intussen sal Netbal SA glo vandag besluit of daar teen Theresa Rossouw, afrigter van die Mpumalanga Sunbirds, opgetree gaan word nadat sy haar misnoeë met die besluit om haar span te straf, te kenne gegee het.
Netbalgroep vir Malawi-wedstryde gekies
“Ons is dankbaar vir die geleentheid om vanjaar internasionale wedstryde te speel.”
Kwota-fiasko: Netbalspan uit eindstryd oor te min wittes op baan
Kort nadat hulle skoonskip in die halfeindstryd van die Telkom-netballiga gemaak het, hoor hulle die onstellende nuus: Die span het nie aan die transformasie-regulasies voldoen nie en word van hul punte gestroop.
Lefébre se jong loopbaan reeds ’n hoogtepunt
“Ek glo dat harde werk beloon sal word en soos wat my ouma altyd vir my sê: ‘Hou jou voete op die grond’.”
Vanes-Mari: Ook glimlaggend en doelgerig voor die kamera
“Buiten vir dáárdie insident op ‘Dancing with the Stars SA’ , het ek al ’n hele paar bekendes se name verkeerd uitgespreek en sommer vir geen rede nie na Engels oorgeslaan.”