Regstreekse gesprek: Wat is die ANC se pad vorentoe? Hoe beïnvloed dit interne faksievuisgevegte in die aanloop tot hul leiersverkiesing? Hoe ver gaan die skokgolwe van dié sage in die politiek uitkring? Maroela Media gesels met dr. Theuns Eloff, prof. Andre Duvenhage en dr. Pieter Mulder.
Alles vir die sleutelwoord "Phala Phala"
Opposisie verenig in stryd teen Ramaphosa
Opposisiepartye is keelvol vir die vertragings in ander ondersoeke na die Phala Phala-skandaal en wil Dinsdag ʼn mosie van wantroue in pres. Cyril Ramaphosa in die parlement ter tafel lê wat hulle vra álle LP’s moet steun.
ANC-ringkoppe vergader weer Sondag
Luidens berigte gaan pres. Cyril Ramaphosa die verslag van die artikel 89-paneel in die hof laat hersien en hy het sy regspan opdrag gegee om met dié proses te begin.
Ramaphosa moenie bedank (as hy onskuldig is)
Terwyl GOOD sê Ramaphosa se bedanking sal die land in ʼn leierskapskrisis dompel, sê ActionSA Ramaphosa se stilte tot dusver was “oorverdowend”.
Ramaphosa-toekoms steeds in weegskaal
Donderdag was die oorwegende gevoel dat die 70-jarige staatshoof gaan bedank te midde van oproepe dat hy die tuig moet neerlê, maar teen vroeg Vrydag het dit gelyk of die pendulum geswaai en sy bondgenote hom aangemoedig het om aan te hou baklei vir sy politieke oorlewing.
Phala Phala ‘toets van SA se demokratiese vryheid’
Outa sê ʼn onstuimige politieke toekoms lê voor, terwyl Corruption Watch waarsku dat niemand toegelaat mag word om straffeloos op te tree nie.
Phala Phala: ANC se topses vergader dan
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) vergader Vrydagmiddag by Nasrec in Johannesburg oor die Phala Phala-aangeleentheid.
Gʼn woord vanaand van Ramaphosa
“Die president is bewus van die dringendheid van die kwessie en wat sy aankondiging vir die stabiliteit van die land en die regering sal beteken.”
Ramaphosa se lot dalk binne ure beslis
Daar is al hoe meer bespiegeling dat Ramaphosa se bedanking op hande is en die ANC se hoogste besluitnemingsliggaam vergader Vrydagoggend om op ʼn samehangende reaksie te besluit.
Phala Phala: DA eis vroeë verkiesing
DA-leier John Steenhuisen sê Suid-Afrikaners het nie nodig om te kies tussen die Phala Phala-korrupsie van Cyril Ramaphosa, die Digital Vibes-korrupsie van Zweli Mkhize of die Mafiastaat van David Mabuza nie.
Phala Phala: Té veel vrae nog onbeantwoord
Die oorsprong van die geld wat gesteel is, is steeds onduidelik. Die president sê in sy verklaring dit was vir die verkoop van buffels. Dié buffels loop twee jaar later steeds op die plaas.
President kan wel in staat van beskuldiging geplaas word
“Die president het sy mag as staatshoof misbruik om die gebeure in die geheim te laat ondersoek en die hulp van die Namibiese president in te roep om die verdagtes aan te keer.”
Gesteelde Phala Phala-dollars glo van Soedannese sakeman
Die president sê sy plaaswerker het die geld in die rusbank versteek aangesien verskeie ander werkers toegang tot die kluis gehad het.
Phala Phala-verslag oorhandig; Ramaphosa reageer
Die bewerings het tot dusver Ramaphosa se pogings om vir ʼn tweede termyn as ANC-president verkies te word, oorskadu.
Verslag oor Phala Phala vanjaar nog bespreek
Die datum vir die bespreking van die verslag is nou ʼn skamele tien dae voor die ANC se nasionale verkiesingskongres in Desember en Ramaphosa sal verbete moet klou aan sy posisie as leier van die regerende ANC.
Phala Phala-paneel vra vir nog tyd
Die verslag sal nou maar een dag voor die parlement se reses ingedien word, wat beteken dat dit waarskynlik eers volgende jaar aangehoor sal word. Die DA is nié gelukkig nie.
Ramaphosa kap terug na Zuma oor sakebelange
Oudpresidente Jacob Zuma en Thabo Mbeki moet eerder opbouend met pres. Cyril Ramaphosa in gesprek tree oor hul kritiek as om dit van die dakke af te skree.
DA ‘bekommerd’ oor paneel wat president moet ondersoek
Die amptelike opposisieparty voer aan dat ʼn spesifieke akademikus se betrokkenheid by die paneel die “legitimiteit en integriteit van die hele proses” in gedrang kan bring.
Paneel wat Ramaphosa gaan ondersoek bekend
Die drie lede wat gekies is om in die paneel te dien wat pres. Cyril Ramaphosa gaan ondersoek rakende die Phala Phala-sage, se name is bekend gemaak.
‘Ramaphosa hét vraag oor wildsplaas beantwoord’
Die presidensie ontken dat pres. Cyril Ramaphosa ’n vraag oor die diefstal op sy wildsplaas Phala Phala Dinsdag in die parlement ontduik het.