Donderdag oorhandig die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ’n verslag aan die regering waarin die politici voor stok gekry word omdat hulle plaasmoorde nie genoegsaam veroordeel nie. Daar is egter min hoop dat die regering dié keer sal luister.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Ma, seun op plaas vermoor
“Hy het homself teëgesit en hulle het hom verskriklik verniel, die hele huis was vol bloed. Hy is uiteindelik met ʼn kombers verwurg. Sy hande was ook vasgemaak.”
Bejaarde vir twee uur lank op plaas aangehou
ʼn Bejaarde vrou van Gauteng is erg getraumatiseer nadat sy Vrydagaand vir twee ure lank op ʼn plaas buite Bronkhorstspruit deur gewapende rowers vasgebind, rondgeruk en met vuurwapens gedreig is.
Hoekom Cecil die nuus domineer en wat jy moet doen as dit jou ontstel
As jy dus, soos ek, ook gefrustreerd is oor die buitensporige media-aandag wat aan die sogenaamde “moord” op Cecil die leeu gegee word, terwyl ander erger brandpunte agterweë gelaat word, moet nie die leeu en die media daarvoor blameer nie.
Oom Herrie se kerrie: Die (ooste)winde van verandering
Kort nadat die jonge Herrie se karretjie die eerste keer die skuinstes berg uit gevat het na Erfenis se opstal om die latere mev. Herrie die hof te gaan maak, het die eerste nuus oor plaasaanvalle uit die omgewing gekom. Meestal het die Koevoete sommer gou daarmee klaargespeel.
Twee vrouens op Vryheid-plaas aangeval
Twee vrouens is Donderdagoggend op ʼn plaas naby Vryheid in KwaZulu-Natal deur drie gewapende rowers oorval.
Plaasaanval: Boer kyk in eie haelgeweer se loop vas, veiligheidsknip red sy lewe
Jan (62) en Elize (61) Bonnema van die Levubu-omgewing, naby Louis Trichardt in Limpopo, is Maandagaand deur twee mans met klapmusse in hul huis oorval en onder meer met ʼn panga aangeval.
Vrede-plaasaanval: ‘ʼn Wonderwerk dat egpaar oorleef’
Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger van Vrede in die Vrystaat, wat 16 dae gelede ná kerk in hul plaashuis aangeval, beroof en geskiet is, toon goeie tekens van beterskap.
Nuuskommentaar: Plaasmoordnaasbestaandes verdien beter as polisie-rondstampery
Die rondstampery van naasbestaandes van plaasmoorde deur lede van die polisie tydens ’n wettige protesbyeenkoms, dryf die wig van polarisasie in die land net dieper in. Ongelukkig herinner die polisie se beweerde onbewustheid daarvan dat toestemming vir die protes verleen is die indruk van ’n polisiediens van ’n piesangrepubliek.
Polisielede stamp AfriForum-lede en slagoffers van plaasmoorde glo rond tydens protesaksie
“As die minister van mening is dat diegene wat die prioritisering van plaasmoorde versoek met boelie-taktiek stilgemaak kan word, maak hy ’n reuse-fout.”
Lindley-boer se seun vertel van woede, bitterheid na moord
“Mense praat altyd van die brutaliteit en die wreedheid van plaasmoorde, maar glo my, jy weet nie wat brutaliteit is tot jy self jou pa in daardie toestand moes optel nie.”
Plaasmoorde lei tot mosie van wantroue teen polisieminister
Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê hy sal Maandag saam met slagoffers van plaasaanvalle ʼn mosie van wantroue teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, indien.
‘Polisiebeamptes’ betrokke in aanval op Wes-Kaapse plaas
ʼn Boer en sy vrou van Wolseley naby Ceres in die Wes-Kaap is vandeesweek deur ʼn groep mans, wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, aangehou en beroof.
Polisie oorbluf ná aanval op Vrystaat-plaas
Die Vrystaatse polisie krap kop nadat ʼn man Dinsdagaand op ʼn plaas buite Winburg oorval en vasgebind is.
Bejaarde vrou sterf maande ná plaasaanval
Lettie van Loggerenberg (86) is Sondag dood, net meer as twee maande nadat sy en haar man erg aangerand is op hul kleinhoewe naby Zeerust in Noordwes.
Rowers rol gesteelde bakkie ná plaasaanval; ambulans rol óók
Drie vermeende plaasaanvallers het Saterdag die bakkie wat hulle op ʼn plaas naby Devon in Gauteng gesteel het op ʼn grondpad gerol toe hulle probeer vlug het.
Lindley-plaasmoord: ‘Hy sou nooit iemand kwaad aandoen nie’
Hein Smith (77), die boer wat dood is nadat hy op sy plaas buite Lindley in die Vrystaat aangerand is, was ʼn intelligente, opgewekte mens wat niemand ooit kwaad aangedoen het nie.
Naam van vermoorde Lindley-boer bekend
Die polisie het Sondagmiddag die naam van die Vrystaatse boer wat dood is nadat hy Saterdagaand wreed op sy plaas aangeval is, bevestig.
Vrystaat-boer dood ná hy gebrand, aangerand is
ʼn Boer van die Lindley-omgewing in die Vrystaat is dood nadat hy Saterdagaand wreedaardig op sy plaas gebrand en aangerand is.
Man geskiet, vrouens vasgebind tydens aanval op kleinhoewe
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy helder oordag op ʼn kleinhoewe in Elandshoek naby Cullinan deur gewapende rowers in die bors geskiet is.