Die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK se aansoek om verlof tot appèl is Vrydag deur die hof van die hand gewys.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Video: Boewe kom tweede toe ‘Rambo’ mes uitpluk
“Ek het hulpeloos gevoel, want ek wou nie die motor verlaat om my eie lewe in gevaar te stel nie,” sê die vrou wat die video geneem het.
Voorgestelde regulasies oor eksplorasiepermitte gekap
Die regering wil dit nou makliker en goedkoper maak om aansoek te doen om ʼn permit om olie en gas deur middel van hidrobreking te ontgin.
Inflasie breek 13 jaar-rekord
Brandstofpryse het in Junie met ʼn astronomiese 45,3% gestyg, vergelyke met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit verteenwoordig ook die grootste jaarlikse styging sedert 2009.
Kinders glo op plaas omgery, aangerand
Die 41-jarige man het die drie kinders na bewering van diefstal beskuldig.
Winterreën vir noorde van die land voorspel
“Dit gebeur soms dat daar ʼn reusewolk oor die land beweeg wat ligte reën tot gevolg het.”
Ouers moet spring vir plek in skole
Veranderings aan die aanlyn stelsel sal ouers in staat stel om gelyktydig vir gr. 1- en gr. 8-leerders aansoek te doen.
Senekal-sakeman glo in tronk aangerand
André Pienaar, wat vyf jaar tronk toe gestuur is vir openbare geweld tydens die Brendin Horner-moordsaak, se een tand is glo uitgeslaan en sy lip is stukkend.
Minister van gesondheid toets positief vir Covid-19
“Dit dien as ʼn herinnering dat die pandemie steeds in ons midde is en dat mense steeds aangesteek word.”
Phala Phala: OB sê Ramaphosa moet nóú antwoord
Pres. Cyril Ramaphosa moes teen 18 Julie op die bewerings teen hom gereageer het, maar het weer vir uitstel gevra.
Metanol in taverne-slagoffers se bloed gevind
Die polisie en die plaaslike regering het Dinsdag verslag gedoen oor hoe die ondersoek na die dood van 21 jong mense by ʼn taverne in die Oos-Kaap vorder.
Neef kry twee keer lewenslank vir moord op student
Tydens die verhoor het die beskuldigdes teen mekaar gedraai en die grusame besonderhede onthul van wat op die dag van die misdaad gebeur het.
Skoolseun verdrink op oorsese sporttoer
Die 11-jarige sokkerspeler se familie sal nou eersdaags na Palestina vertrek om te verseker dat sy liggaam na Suid-Afrika teruggebring word.
Vermoorde Bfn-man was Comrades-atleet
“Ons groet jou nou. Jy het jou reis met grasie gehardloop,” skryf vriende van die vermoorde Moeketsi Selemela.
Ongeluk eis ses van adjunkminister se familie
Die adjunkminister van vervoer is Maandag na KwaZulu-Natal toe om die liggame van haar familielede, onder wie haar seun, uit te ken.
‘Cele se wanbestuur strem misdaadbekamping’
Die kwessie rakende die afwenteling van die polisiediens na provinsiale vlak is ook weer tydens die imbizo geopper. Cele het in reaksie hierop gesê dit is nie hy wat ʼn besluit hieroor kan neem nie, maar dat dit ʼn grondwetlike kwessie is.
Talle wil Eskom help krag opwek
“As die regering net uit die pad staan, is daar genoeg kapitaal, vaardigheid en kapasiteit om die probleem op te los.”
Ramptoestand vir KZN-oorstromings verleng
Die jongste verlenging van die ramptoestand maak glo voorsiening vir staatsinstellings om voort te gaan met die bestaande maatreëls om die uitwerking van die oorstromings te versag.
Beurtkrag tot volgende week ingestel
Die beurtkragfases vir die res van die week is afhanklik van opwekkingseenhede wat weer by die kragnetwerk gevoeg sal word.
Nou soek Eskom geld as jy nié sy krag verbruik
Die sukkelende kragvoorsiener vra Nersa nou boonop ook vir ʼn verhoging van 32,7% in die prys van krag.