Nou kan die Pumas met trots plek daarvoor maak nadat hulle Saterdag in Kimberley die Curriebeker-eindstryd teen Griekwas met 26-19 gewen het nadat hulle rustyd met 18-9 voor was.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
VSA: Optogte, sluit van klinieke ná aborsie-uitspraak
Teen Vrydagaand het minstens sewe state reeds aborsie verbied, waaronder Alabama, Arkansas, Kentucky, Louisiana, Missouri, Oklahoma en Suid-Dakota.
Ondersoek sloer weens Len Cloete se spraakgebrek
Volgens Len Cloete se familie sal dit ʼn wonderwerk verg om sy spraak te herwin.
Onopgeloste saak spook by Mans se familie
Vier jaar nadat Natasha Mans se liggaam in ʼn veld naby haar huis gevind is, stoei haar familie steeds met talle onbeantwoorde vrae. Want een ding weet hulle vir seker, dit was nié selfdood nie.
George onder water
Inwoners het skaars herstel ná die vorige oorstromings wat in November in dié kusdorp chaos veroorsaak het.
Helfte van GP-hospitale nie gereed vir brande
ʼn Skrikwekkende sewe staatshospitale in Gauteng het in agt jaar in vlamme opgegaan, met drie van hierdie brande wat in die afgelope vier weke plaasgevind het.
Brics ‘steun gesprekke’ tussen Rusland, Oekraïne
Die lande het hul “kommer oor die humanitêre situasie in en om Oekraïne bespreek” en besluit om internasionale agentskappe te ondersteun in hul pogings om humanitêre hulp te verleen.
Dag Zero wink vir Nelson Mandelabaai
Die Oos-Kaapse munisipaliteit spook om waterverbruik onder beheer te bring voordat een van sy damme binne die volgende vyf dae leegloop.
Deurbraak in vuurwapenbeheer in Amerika
“Hierdie tweeparty-wetsontwerp sal help om alle Amerikaners te beskerm,” het pres. Joe Biden gesê ná ʼn suksesvolle senaatstem oor ʼn voorgestelde wetsontwerp vir vuurwapenveiligheid.
Groblersdal-man ‘veiliger in tronk’ – staat
Pretorius is glo in aanhouding aangerand en vrees dat hy weer aangerand sal word weens die aandag wat sy saak van die media ontvang.
N3 gesluit ná skadelike stof mors
Motoriste was teen Vrydag 10:00 reeds langer as 12 uur op die N3 buite Durban vasgekeer, terwyl spanne die stof probeer opruim.
Betogings kan tot nóg beurtkrag lei
Eskom waarsku dat voortgesette stakings tot die gevaar van bedryfsonderbrekings en die inwerkingstelling van beurtkrag op hoër fases kan lei.
Pa, twee kinders dood ná hulle bone eet
Twee mense is in hegtenis geneem nadat ʼn pa en twee van sy kinders dood is en nog ʼn kind in die hospitaal opgeneem is nadat hulle bone geëet het.
Deurbraak ná moord op dosent
ʼn Verdagte wat in verband met twee ander moorde en ʼn rooftog in hegtenis geneem is, word nou ook verbind met die moord op ‘n professor van Polokwane in Maart vanjaar.
Pilaar van NGV val in die hof
“Ons is verheug oor hierdie uitspraak wat ʼn reuseoorwinning vir gesondheidspraktisyns en gesondheidsorg in Suid-Afrika is.”
Foto’s: SA’ners skeer heerlik gek met ‘ontmaskering’
In een skreeusnaakse meme word die “terugkeer van die lipstiffie” gevier met dié dat maskers nou iets van die verlede is.
Stryd om regulasies lank nie verby, waarsku kenners
Die regering kan steeds die gewraakte gesondheidsregulasies deurvoer, wat onder meer verpligte behandeling voorstel.
SA’ners moenie maskers té ver bêre
Die regering verplig jou nie meer om jou gesigmasker te dra nie. Maar jou plaaslike winkel mag dalk steeds.
Aappokke in SA bevestig
Die pasiënt is ʼn 30-jarige man van Johannesburg wat geen reisgeskiedenis het nie.
Weerdiens waarsku oor sneeu
Die weerdiens waarsku oor sneeu, reën en uiters gladde paaie in die kommende dae.