Die sluiting van die aanleg beteken dat Suid-Afrika se ganse olieraffinaderyvloot nou stilstaan nadat verskeie ander aanlegte ook oor die afgelope twee jaar produksie opgeskort het.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Bfn-man glo ontvoer, vermoor
“Die man is gedwing om in sy voertuig te klim. Sy hande en voete is ook vasgebind en die verdagtes het ’n plastieksak oor sy kop getrek.”
Vier in Jhb ‘sonder rede’ doodgeskiet
“Die mans was in hul motors en hulle is sonder enige rede aangeval.”
Vyf in Khayelitsha doodgeskiet
Daar is ’n vermoede dat die twee aanvalle moontlik met die dwelmhandel verbind word, maar dit sal deur verdere ondersoeke bevestig moet word.
Duarte was vurige stem vir vroue, onderdruktes
“Dit is moeilik om die ANC sonder ons geliefde adjunk-sekretaris-generaal voor te stel. Dit is hartseer om te dink dat ons nooit weer haar stem en haar gelag in die gange van Luthuli-huis sal hoor nie.”
SA weer gesogte reisbestemming
Buitelandse besoekers val omtrent oor hul voete om reise na Suid-Afrika te bespreek, met Suid-Afrikaners wat deesdae self graag weer ʼn tas pak en in die pad val.
Video: Eben Etzebeth se verloofde sing volkslied vir sy 100ste wedstryd
Dit was ʼn hoendervleis-oomblik toe Anlia van Rensburg met haar sterk stem die stadion gevul en Etzebeth natuurlik breëbors saamgesing het.
Tyd glo bepalende faktor in Chanel du Toit-moordsaak
Die moordsaak van Chanel du Toit van Franschhoek sloer al 12 jaar. Slotbetoë in dié verhoor – waarin haar man die beskuldigde is – sal na verwagting binnekort aangehoor word.
11 dood ná ongeluk in KZN
’n Aparte ongeluk in die provinsie het die lewe van ses mense geëis.
Jessie Duarte sterf
Jessie Duarte het sedert 2012 die posisie as adjunk-sekretaris-generaal van die ANC beklee en is sedert 2002 ’n lid van die party se nasionale uitvoerende komitee.
Fourie skryf brief aan ‘sy Vlooi’
Abraham Fourie hou voet by stuk dat hy nie vir sy lewensmaat, Maryna Venter (49), se dood verantwoordelik was nie. Maroela Media het met hom gesels.
Beurtkrag dalk die komende week opgeskort
Die hoof van Eskom voer aan dat beurtkrag eers eens en vir altyd ʼn ding van die verlede sal wees wanneer Eskom bykomende kapasiteit by die nasionale kragnetwerk kan voeg.
Europa brand te midde van hittegolf
Die skroeiende hitte wat dele van Europa sedert vroeër vandeesweek teister, het talle bosbrande ontketen en boonop drie brandbestryders se lewens geëis.
Opgeknapte voertuie sal glo weermag se paraatheid versterk
Altesaam 60 Mamba-pantservoertuie het Vrydag van die militêre basis De Brug in Bloemfontein na Pretoria vertrek.
Marmite-man pak nóg ʼn wêreldrekord aan
Die wêreldrekordfanatikus wil boonop Suid-Afrikaners uitdaag om ander wêreldrekords te probeer verbeter deur alledaagse goed te gebruik wat in hul huise rondlê.
Polisie veg dapper om gesin uit brand te red
Drie van die vyf gesinslede het egter in die brandende huis of nadat hulle daaruit ontsnap het, omgekom.
‘Dis ʼn onbeskryflike seer’
Charlene October (49) is ʼn jaar gelede in haar huis in die Wes-Kaap vermoor terwyl haar maand oue kleindogter by haar was. Haar eksman staan nou tereg op aanklag van haar moord.
Mans vas wat glo sewe op plaas moor
Die enigste vermoorde man wat in die huis op die plaas aangetref is, is maar 17 jaar oud.
Doeane aan grens ‘nie ontwrig deur staking’
Die Vereniging van Staatsamptenare het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens egter gekap oor sy kommissaris se “roekelose uitsprake” oor die staking en die uitwerking wat dit op grensposte het.
Vrou ‘was dood’ tydens plaasaanval
“Sy wurggreep bly my veral by. Daai man het demoniese krag binne hom gehad. Ek het die duiwel in die oë gekyk terwyl ek die Here se naam geroep het.”