Hierdie skandaal verwoes weer eens die teorie dat daar ʼn goeie ANC soos vergestalt deur Ramaphosa en ʼn slegte ANC soos vergestalt deur Ace Magashule bestaan.
Nuuskommentaar: Regering sê burgers mag hulself nie meer beskerm
Die regering hou egter voor dat vuurwapenbesit onder burgers verminder of selfs verhoed moet word, omdat dié vuurwapens uiteindelik omskep word in ongelisensieerde wapens wanneer dit gesteel word.
Nuuskommentaar: Die seep-opera van Ace Magashule
Die manier waarop Ace Magashule se skorsing van die ANC tans verloop, herinner aan ʼn slegte seep-opera.
Nuuskommentaar: Is morele herlewing moontlik vir ANC?
Die ANC probeer nou om die interne probleme van die afgelope kwarteeu reg te stel met die einste instellings wie se kapasiteit hy verwoes het.
Nuuskommentaar: Die EFF, ANC en die soeke na rassegeregtigheid
Die EFF het al die kuns vervolmaak om alle situasies waarin swart en wit mense in wisselwerking tree en die swart persoon volgens die party benadeel word, in ʼn rassepolarisering te verander.
Nuuskommentaar: Het Ramaphosa die Ace gebreek?
Sodoende het dit wat eintlik ʼn belangrike morele oomblik vir die ANC moes wees natuurlik in ʼn absolute spektakel ontaard.
Nuuskommentaar: Utopiese denke en Ramaforie by die Zondo-kommissie
Hierdie getuienis was sodoende ʼn absolute droom vir diegene wat steeds in die moontlikhede van Ramaforie glo.
Nuuskommentaar: Wat is die voorwaardes vir vryheid(sdag)?
Vryheidsdag behoort na ʼn beter toekoms, eerder as ʼn slegte verlede, te kyk. Tog het president Cyril Ramaphosa se Vryheidsdagboodskap steeds vasgehaak by die verlede.
Nuuskommentaar: Piet Retief – gepolariseer en verpolitiseer
Die redelike reaksie sou wees om vir die feite van die saak te wag voordat ʼn mens ʼn gepolariseerde mening daaroor aanneem. Tog voel die saak reeds gepolariseer en verpolitiseer.
Nuuskommentaar: Olimpiese Komitee bewys – almal wil nie ‘woke’ wees nie
Die meeste mense wil regtig nie hul sport verpolitiseer hê nie. Hulle beskou sport juis as die een plek waar hulle kan ontspan, vir ʼn rukkie van die politiek kan ontsnap en net die suiwere talent en vermoëns van die beste sportlui ter wêreld geniet.
Nuuskommentaar: Amerika gyselaar gehou in George Floyd-moordsaak
In jou geestesoog sien jy dikwels gepeupelgeregtigheid (mob rule) as mense wat met fakkels, pikke en stele die straat afhardloop na hulle volgende teiken. Hierdie is egter hoe moderne gepeupelgeregtigheid lyk.
Nuuskommentaar: Goedkoop politiek in die afwesigheid van sukses
Hoe meer dié politici daarin misluk om goeie werk te doen, hoe meer speel hulle goedkoop politiek.
Nuuskommentaar: Afrikaners as Westerlinge van Afrika
Groot dele van die Weste pleeg ook in die strewe na politieke korrektheid selfmoord. Sodoende word die suksesvolle voortbestaan van die Westerse waardes en instellings bedreig – baie meer van binne as van buite.
Nuuskommentaar: Zuma – die ewige gevangene van politieke onreg
Die Zondo-kommissie was volgens Zuma nog altyd ʼn partydige instrument wat met die onreg en onregverdigheid soortgelyk aan dié van die apartheidsregering op hom neergedaal het.
Nuuskommentaar: ANC nie die pad byster, maar op pad van noodwendige ideologiese lot
Die ANC gaan waarskynlik voortgaan op sy pad van slegte idees. Die party is vas oortuig dat sy idees reg is, maar dat die toepassing net ietwat skeefgeloop het.
Nuuskommentaar: US-taalstryd hartseer, maar die toekoms van Afrikaans allermins
ʼn Taal kan nie uitsluitlik oorleef in die monde en harte van sy sprekers nie, maar het hoër funksies nodig om noemenswaardig voort te bestaan.
Nuuskommentaar: ANC lewer teenstrydige boodskappe oor RET-faksie
In hierdie stadium lyk een of ander vorm van ʼn ANC-skeuring byna onvermydelik.
Nuuskommentaar: Korrupsie is ʼn simptoom eerder as die siekte self
Die stryd tussen die sogenaamde hervormingsfaksie van Ramaphosa en die radikale ekonomiese transformasie-faksie van Magashule word beskryf as ʼn stryd om die siel van die ANC.
Nuuskommentaar: Engels! Engels! Alles Engels!
Al is dit net uit beginsel móét ʼn mens hierdie verengelsing teenstaan as jy ruimte en respek vir jou taal wil hê.
Nuuskommentaar: ANC-faksiegevegte by NUK duur voort
Dit is ʼn veilige aanname dat die ANC nie sommer binnekort beter gaan begin regeer nie. Hy hang nou al die afgelope 27 jaar dieselfde slegte beleid aan en gaan nie maklik van plan verander nie. Nie eens sy mislukkings het hom al op ʼn noemenswaardige skaal na beter idees gedryf nie.