Twee mense van Gauteng is Sondagoggend dood nadat die houthuis waarin hulle oornag het by ʼn gewilde vakansieoord in Mpumalanga tot op die grond afgebrand het.
Alles vir Maandag 7 Maart 2016
Vrou met gholfstok doodgeslaan
ʼn Vrou van George is Saterdag ten aanskoue van haar vriendin deur ʼn 43-jarige man met ʼn gholfstok doodgeslaan.
Kanselleer só jou vastetermynkontrak
Verbruikers word goed beskerm teen maatskappye wat vastetermynkontrakte met hulle wil sluit, maar baie verbruikers kla steeds dat hulle nie vastetermynkontrakte, soos dié vir selfoondienste, satellietopsporing vir hul motors en sekuriteitsdienste by hul huise kan kanselleer nie, selfs al het die kontrakte na 24 maande verval.
Stroper dood in Krugerwildtuin-skietery
ʼn Veldwagter het met sy lewe daarvan afgekom nadat hy in ’n skietgeveg met drie vermeende stropers was.
’n Oorvloed genade seën Boesmanland
Boesmanland het gebid toe daar maande lank geen reën kom nie. Daardie gebede is beantwoord, en die Boesmanland was dankbaar.
Noorweër met dwelms by lughawe betrap
ʼn 45-jarige man van Noorweë is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms in sy besit gevind is.
Nuuskommentaar: Die kuns om studentemoles en -geweld te oorkom
Kan die rolspelers met die ontlonting van die huidige vlaag studente-onluste dalk iets wys word by ’n groep oud-Moslemradikale, lede van die Ierse Republikeinse Leër, “white supremacists” en ander wat hul weë verander het en nou kragte saamsnoer om te keer dat jeugdiges in radikalisme verval? Wat duidelik is, is dat verstokte ideologiese vooroordele van meningsvormers, van links en van regs, die proses hier eerder van die wal in die sloot help.
George het eerste sonkraglughawe in Afrika
George-lughawe in die Wes-Kaap, wat jaarliks meer as 600 000 passasiers na hul bestemmings vlieg, het amptelik een van die eerste sonkraglughawes in Afrika geword.
[Resep] Pasta met spek en broccoli
ʼn Lekker vinnige gereg vir besige dae.
Maroela Media Top-20: 7 Maart 2016
Daar is vandeesweek agt snitte wat styg, nege wat daal, een wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Dit is nie ’n goeie week vir Cordelia nie; sy verloor haar eerste plek en vir die eerste keer sedert September verlede jaar.
Parys-boer bly vir eers in aanhouding
Boeta van der Westhuizen, een van die Parys-boere wat teregstaan vir die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die Parys-distrik aangekeer is, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Nuwe vrystellings: 7 Maart 2016
Hier is Daantjie Dinamiet se witwarm opsommings van die beste nuwe Afrikaanse vrystellings.
Hommeltuie ingespan in geveg teen stropery
Die Krugerwildtuin en verskeie vennote gaan miljoen rande in tegnologie, waaronder hommeltuie, belê om stropers in die wildtuin op te spoor.
Adjunkminister sterk aan
Obed Bapela, die adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake wat op 26 Februarie in ʼn motorongeluk op die N12 beseer is, sterk steeds in die hospitaal aan.
Seun (15) sterf ná kar rol
ʼn 15-jarige seun is dood en een persoon is in ʼn kritieke toestand na ʼn Gautengse hospitaal geneem nadat ʼn motor Sondag verskeie kere gerol het.
Gru-botsing eis lewe
Een mens is dood en twee ander beseer in ʼn botsing op die N4 naby Middelburg in Mpumalanga.
Drie vas oor plofstof, vuurwapen
Drie mans sal binnekort in die Vryburg-landdroshof in Noordwes verskyn vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en plofstof.
Busongeluk: Dodetal styg; busse bekyk
Die dodetal in Sondagmiddag se busongeluk in die Magoebaskloof-gebied in Limpopo het gestyg.
Oom Herrie se kerrie: Aardskuddend
Die laaste keer dat oom Herrie ’n aardskudding beleef het, was toe die uitgelate honde nie hul draai om die huis se hoek kon kry nie en oom Herrie se pale gelig het. Doef!
Gedagte vir die dag: Bo alles
Vertrou op die Here. (Psalm 37:34)