“Die SAUK moet onmiddellik stappe doen om seker te maak die joernaliste kry ook beskerming.”
Alles vir die maand Januarie 2017
Psigiatriese pasiënte sterf: Verslag binnekort bekendgemaak
Prof. Malegapuru Makgoba, die gesondheidsombudsman, het bevestig ʼn verslag oor die omstandighede waarin talle geestesversteurde pasiënte in Gauteng dood is, sal Woensdag met die belanghebbendes bespreek word.
Drie leeus op Limpopo-plaas vergiftig
Die polisie is op soek na die persone wat drie leeus op ʼn plaas suid van Polokwane in Limpopo doodgemaak het.
LUR veroordeel skoolboelies
Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Vrydag gesê sy is besorg oor boelies en bendebedrywighede wat onderrig en leer voortdurend in skole ontwrig.
Onnie skuldig bevind ná leerling swanger word
ʼn 46-jarige onderwyser van Piet Retief in Mpumalanga is in die streekshof skuldig bevind op aanklag van verkragting.
Gedagte vir die dag: Ai, Christene oordeel tog so maklik
Daarom is daar vir jou geen verontskuldiging nie, vir jou, mens wat ’n ander veroordeel, wie jy ook al is. Deurdat jy oor ’n ander ’n oordeel uitspreek, veroordeel jy jouself, want jy wat veroordeel, doen dieselfde dinge. (Romeine 2:1-3)
SA man: Georgië kan beter as Italië in 6-nasies
‘n Suid-Afrikaanse afrigter met grondige kennis van Europese rugby meen Georgië sal mededingender as Italië in die Europese Sesnasiesreeks wees.
Proteas se sterre lyk te sterk vir Sri Lanka
Die tyd vir speletjies is verby wanneer die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan Saterdagoggend teen Sri Lanka in Port Elizabeth in die eerste van vyf eendagwedstryde speel.
Nadal veg vir vyf stelle om die eindstryd te haal
Rafael Nadal is na amper vyf uur en vyf stelle se uitstekende tennis weer in die eindstryd van ʼn Grand Slam. Hy het Grigor Dimitrov 6-3, 5-7 7-6, 6-7 en 6-4 in ʼn verbete stryd wat die skare vasgenael gehou het, geklop.
Wat is fout met dié foto? Advertensie wéér gewild
ʼn Advertensie van ʼn Nederlandse maatskappy uit 2011 doen weer die ronde op sosiale media omdat die foto óf ʼn groot flater was, óf slim bemarking.
Nóg ʼn vertraging in baba-porno-saak
WAARSKUWING: Die inhoud van hierdie berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.
Die saak teen ʼn man van Plettenbergbaai wat twee jaar gelede in hegtenis geneem is in verband met ʼn internasionale babapornografie-netwerk, is Vrydag weer vertraag in die Knysna-streekshof.
Nóg slegte nuus vir motoriste in Februarie
Die departement van energie het Vrydag ʼn petrolprysverhoging vir Februarie aangekondig.
Paarl-vrou vermis: Kêrel teruggestuur na Wes-Kaap
Jacobus Oosthuizen (32) wat voorlopig aangekla word van motordiefstal nadat sy meisie, Nicola Pienaar (28) verdwyn het, het Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.
Ras troef meriete: Matie-studiefonds gestig
Studente wat deur dié fonds gehelp word, sal uitsluitlik op grond van meriete gekeur word.
Steve se seun in hof oor aanranding
Die sanger Steve Hofmeyr se seun, Devon Hofmeyr (22), en Nelus Goosen (21) het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Blitse moet Wellingtonspook verjaag
Wellington, soms deur die toedoen van ʼn skeidsregter soos in 2016, was die afgelope 15 jaar dikwels die plek waar die Blitsbokke se sewesveldtog begin skeefloop het na ʼn goeie begin in die Wêreldreeks.
ToekomsVenster: Prys die Here weer en weer
Oor en oor kom dit, prys die Here. Oor sy skepping, sy heilsdade, sy grootheid. Hy wat was en is en sal kom. Hy, die blink môrester, die begin en die einde, die alfa en omega, Hy ons alles. Prys sy Naam. Amen.
SAUK-ondersoek: Finale verslag aanvaar
Onenigheid tussen die onderskeie politieke partye, wat deel vorm van die ad hoc komitee wat die SAUK ondersoek, het daartoe gelei dat die DA besluit het om die komitee se aanvaarding van die konsepverslag te boikot.
Lisensiekantoor-korrupsie: Ses in hof
“Die beskuldigdes het na bewering lede van die publiek, wat die departement besoek het, se uitstaande verkeersboetes van die stelsel verwyder sodat hulle hul bestuurslisensies en motorslisensieskyfies kon hernu, in ruil vir omkoopgeld.”
Weduwee erg aangerand tydens huisroof
“Die skending van haar liggaam en haar huis was vir ʼn goedkoop selfoon en haar beursie, wat so maklik vervangbaar is. Maar dit gaan heelwat terapie verg om Sandra te help om oor hierdie lewensveranderende en traumatiese beproewing te kom.”