Grace Mugabe, die Zimbabwiese presidentsvrou, het na bewering Woensdag uit die land gevlug te midde van berigte dat die weermag glo Dinsdag beheer oor Harare, die land se hoofstad, geneem het.
Lees meerAlles vir Woensdag 15 November 2017
Weerdiens waarsku teen swaar reën, oorstromings in dié distrikte
Alle rampbestuurspanne en rampsentrums is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas om enige voorvalle te hanteer wat weens swaar reën kan voorkom.
Vyf dood, vier beseer in gru-ongeluk
“Daar was absolute verwoesting oor dié gedeelte van die N3 gesaai toe nooddienste op die toneel aangekom het. Verskeie passasiers het buite hul motors op die teerpad gelê weens die trefslag van die botsing.”
15 van mensehandel gered
Altesaam 15 mense tussen 16 en 30 jaar oud is uit die greep van mensehandel gered.
SA Rugby reageer op uitslag van Wêreldbekerbod
Frankryk is Woensdagmiddag in Dublin ietwat onverwags, maar met ʼn oortuigende stemming, aangewys as die gasheerland in die Rugbywêreldbekerbod.
Verdagtes vas ná hulle man se gekaapte motor terugbesorg
Die verdagtes het die man vasgebind en toe in die kattebak van die motor ingeboender. Hulle het hom na bewering van persoonlike items, wat onder meer ʼn selfoon insluit, beroof, waarna hulle hom in ʼn veld afgelaai het.
Pa steeds kritiek ná aanranding buite kuierplek
“Dit is maar touch and go in dié stadium. Hy het op twee plekke bloeding op die brein. Die dokters wil kyk of sy liggaam self die bloeding absorbeer, anders sal hy geopereer moet word om die drukking te verminder.”
ToekomsVenster: Omhels mekaar
Hemelse Vader, help my om te omhels – en maak my ook gewillig om omhels te word. Dis nie altyd maklik nie, maar U kan my op die pad na ander begelei.
Goeie reënval in Oos- en Wes-Kaap
Die Oos- en Wes-Kaap het gister en vanoggend goeie reënval gekry met tot sowat 50 mm wat op verskeie plekke geval het.
Suid-Afrika: Demokrasie of diktatuur?
Hoe lyk sake in Suid-Afrika? Is ons land ’n demokrasie?
Verdagte vas ná Kuruman-moord
“Die verdagte is ʼn werknemer van die oorledene wat algemene takies rondom die huis verrig het.”
‘Gee vir Mugabe politieke asiel in SA’
Opposisiepartye het min of meer dieselfde reageer op die krisis in Zimbabwe maar met verskillende oplossings daarvoor vorendag gekom.
Frankryk gaan Rugbywêreldbeker aanbied
Frankryk is Woensdagmiddag in Dublin ietwat onverwags aangewys as die gasheerland vir rugby se 2023-Wêreldbekertoernooi.
Swaar vonnis ná Pta-dubbelmoord
Die drie mense wat ʼn rol gespeel het in die dubbelmoord op Piet (59) en Evah (49) Beetge, die egpaar van Capitalpark wie se liggame in Desember 2015 in die Hennopsrivier in Centurion gevind is, gaan lank agter tralies sit
Die wêreld in foto’s – 15 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Oppasser wat baba gooi in hof
ʼn Baba-oppasser wat op beeldmateriaal vasgevang is waar sy ʼn nege maande oue baba hardhandig in haar bababed neergooi, het Woensdag in die hof verskyn.
Mugabe en Zimbabwe: Tien vinnige feite
In die lig van die jongste gebeure en politieke verwikkelinge in Zimbabwe het Maroela Media ʼn paar vinnige feite oor die buurland en sy leier saamgestel:
[Video] Afrikaanse sangeres maak geslag van baba bekend
Die egpaar het dié nuus Woensdag op sosiale media met ʼn prettige video bekend gemaak.
Vrou in polisiestasie doodgeskiet
“Sy is binne die polisiestasie doodgeskiet ná sy vermoedelik ʼn wapen op die polisie gerig het.”
Afrikaanse skrywer se boek word Hollywood-fliek
“Dis wonderlike nuus om te ontvang vir enige skrywer. Dis nie soseer hóékom jy skryf nie, maar dit bly darem ʼn fantastiese bonus.”