Van die winkel se inhoud is bo-op die dak van die gebou aangetref.
Alles vir Maandag 10 September 2018
Oudhoof van weermag sterf
Geldenhuys was ʼn ongelooflike mens en ʼn baie goeie leier vir sy soldate vir wie hulle matelose respek gehad het.
Video: Man skryf lied om mense na sy grootworddorp te lok
“Ek het nie hierdie liedjie geskryf met enige kommersiële bedoelings nie, ek wou dit regtig net deel om vir ander te vertel hoe fantasties die dorp is.”
Cope, AfriForum: ‘Verdediging van eiendomsreg is nie verdediging van apartheid’
“Suid-Afrikaners van alle gemeenskappe mag nie toelaat dat ʼn populistiese alliansie ons verdeel nie, of haat en geweld veroorsaak tot voordeel van die regerende elite of sodat hulle oor ons kan regeer te midde van ons verdeeldheid nie.”
Is Kolisi steeds die regte man in die saal?
Dis enige rugbyafrigter se grootste nagmerrie: Wat maak jy die dag wanneer jou kaptein se peil nie meer na wense is nie en hy oënskynlike besluite neem wat jou span duur te staan kom?
Staatskaping: Guptas moet verklarings aflê
Vincent Maleka, van die kommissie se regspan, het Maandag laat hoor dat een persoon wat geweier het om te getuig sy of haar besluit heroorweeg het en nou ingestem het om te getuig. Hy het nie bekend gemaak wie daardie persoon is nie.
Twee sterf ná motor teen boom bots
Nooddienste is na die toneel ontbied waar die liggaam van ’n man buite die wrak van ’n motor aangetref is.
Video: Meisie kry verrassing by skool ná kankerbehandeling
“Ek het net na haar gekyk en gesê: ‘Lalla, sien jy? Dit is alles net vir jou!’”
Gru-aanval op pendelaars skok Kaapse stadsraad
Een van die slagoffers is met ’n afgebreekte meslem in sy kop aangetref.
Kom ons praat oor nasionale boekeweek
Ons elkeen se genotvolle plig is dus duidelik: Sorg dat niemand alleen is nie. Koop ’n boek, gaan neem een uit of deel dit uit aan iemand wat daarby kan baat nadat jy met die boek klaar is.
Esbé Koster moord: Tweede beskuldigde hoor sy lot
Nadat die uitspraak gelewer is, het die beskuldigde se familie mekaar omhels terwyl trane oor hul wange gerol het.
Video: Koning Leeu wil self bestuur!
ʼn Video van ‘n leeu wat in ʼn voertuig klim en speels met die toeriste kennis maak, word wyd op sosiale media gedeel.
Niemand nog vas ná tiener se wurgdood
Die fietsketting waarmee die tiener vermoedelik verwurg is, was nog om sy nek.
Uitdrukking: tot die bitter einde toe
Waar kom die “bitter” van “bitter einde” vandaan en wat het dit met skepe te doen? Taaltoffie stel ondersoek in.
Goeie nuus – jy kan weer in Afrikaans studeer!
Terwyl chaos op kampusse geheers het, het ʼn nuwe tersiêre instelling, Akademia, stil-stil sy verskyning gemaak en stadig maar seker gegroei. Nou, sewe jaar later, is daar honderde Afrikaanse studente wat aan Akademia studeer, met ʼn hele klomp kwalifikasies om uit te kies en ʼn rits grade, diplomas en ander kursusse wat binnekort beskikbaar gaan wees.
Nege vas ná geweld in Klerksdorp
Toe plaaslike taxibestuurders van hul kollega se moord te hore kom, het hulle hulself groepeer en opgeruk na die taxistaanplek, waar hulle toegeslaan het op buitelanders se stalletjies.
Varsgebekkig: die kuite styftrek
Ken jy die uitdrukking “die kuite styftrek”? Dit is ingestuur as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief.
Laer tariewe in Kaapstad nadat waterbeperkings verslap word
Kyk hier wat die nuwe watertariewe vanaf 1 Oktober sal wees.
Serena beboet ná Amerikaanse Ope-eindstryd
Williams is tydens die wedstryd oor ʼn afrigtingsoortreding gewaarsku, daarna met ʼn punt beboet nadat sy haar raket stukkend geslaan het en sy het hierna uitgevaar teen die skeidsregter en is met ʼn pot gestraf.
Resep: Peerblatjang
Peerblatjang is heerlik! En boonop maak ’n mens dit van al die pere wat niemand eintlik wil hê nie – die pere wat windverwaaid op die grond lê.