Sowat 13 jaar nadat ʼn klein groepie Kaapstadse entrepreneurs met net R22 000 ʼn nuwe sakeonderneming begin het, het hulle pas dié onderneming vir miljoene dollar aan ʼn Amerikaanse organisasie verkoop.
Alles vir Donderdag 6 Junie 2019
#FeesMustFall-aktivis wil buite hof skik
Dié student aan die Universiteit van die Witwatersrand is in 2016 in hegtenis geneem en aangekla van die skending van ʼn hofbevel, openbare geweld, diefstal en opsetlike saakbeskadiging.
Hof bevind teen EFF in joernalis se saak
Die EFF het in die hof aangevoer Karima Brown het die party buite die aanvaarbare perke van joernalistiek aangeval.
Hankey-plaasaanvaller swaar gestraf
Sebenzile Simane (32) is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth swaar gestraf vir die wrede aanval op ʼn plaas buite Hankey waartydens ʼn ma van drie geskiet en verkrag is.
Man hoor voetstappe in plaashuis voor aanval
Die man is helder oordag in die plaashuis aangeval terwyl hy besig was om kos te maak.
Luister: Vermy slaggate in musiekbedryf met dié werkswinkel
Hugo Ludik, Vaughan Gardiner en Alishia van Deventer het kragte saamgesnoer om ʼn werkswinkel aan te bied vir opkomende sangers, musikante, bestuurders en agente om dié musiekbedryf beter te verstaan.
Resep: Knoffel-en-tamatie-focaccia
Die perfekte bygereg om saam met die braaivleis te geniet.
97-jarige spring weer valskerm vir D-dag
“Dit was perfek! ʼn Perfekte sprong,” het Rice gesê. “Ek voel wonderlik. Ek sal dit graag weer wil doen.”
Solidariteit stel miljarde rand se netwerk van werk bekend
“Die Solidariteit NetWerk is ’n reusesprong die toekoms in.”
Vier lyke, tonne rommel van Everest verwyder
Die rommel, asook die liggame van sommige van die 300 mense wat oor die jare op Everest se hange gesterf het, is gedurende die wintermaande verberg onder sneeu, maar word sigbaar wanneer dit in die somermaande smelt.
Peuter in wildtuin deur luiperd doodgebyt
“Ons gebede is met die familie in hierdie tyd en ons wens hulle sterkte toe.”
SAID gee duidelikheid oor nuwe opgawe-bepaling
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het meer duidelikheid verskaf oor sy nuwe bepaling dat Suid-Afrikaners wat minder as R500 000 per jaar verdien nie ʼn persoonlike belastingopgawe hoef in te dien nie.
Leon van Nierop se resensie: Godzilla: King of the Monsters
Hoe het Ouma altyd gesê? “Te veel van ʼn goeie ding is nie goed nie.”
Ná aanval, byna verkragting gee selfverdediging haar ‘vrouwees’ terug
Nadat Viviers met dié klasse begin het, het die nare nagmerries en alewige vrees waarmee sy maande lank geworstel het, begin beter word.
Geen meer wapens in howe ná bende-voorval
Dié besluit is geneem nadat bendelede van Westbury mekaar gedurende ʼn bakleiery in die hof getakel het toe die bendeleiers van twee opposisie-bendes toevallig terselfdertyd in dié hof verskyn het.
Ramaphosa ontmoet met hoofde wat staatsinstellings moet regruk
Talle van dié staatsbeheerde instellings steier al jare lank onder enigiets – van bewerings van korrupsie, tot tenderongerymdhede en enorme skuld.
Ghoemas sal benoemingskriteria hersien ná herrie
Heidi Edeling, uitvoerende hoof van die Ghoemas, het tydens die vergadering bekend gemaak dat sy nie meer op die Ghoema Musiek Trust gaan dien nie.
Vandag se sportnuus
Kyle Brown kondig uittrede aan.
Internet gaande oor ‘nuwe Grumpy Cat’
Ná die onlangse afsterwe van die vierpotige internetsensasie Tardar Sauce, wat wêreldwyd bekend was as die geliefde Grumpy Cat, het die kuberruim nou ʼn splinternuwe fronsgesig-kat ontdek wat heel moontlik die oorspronklike Grumpy Cat se titel gaan oorneem.
LUR in Noordwes vra leerders moet vroegtydig registreer
Dit sal die lang toue aan die begin van die akademiese jaar aansienlik verminder en sodoende toelaat dat onderrig reeds op die eerste skooldag van die akademiese jaar kan plaasvind.