Die rand het effens teen die dollar verstewig, wat die prysstyging moontlik laer gaan hou as wat andersins die geval sou wees.
Alles vir Maandag 15 Junie 2020
’n Droom van ’n operahuis vir Orania
Soos sake nou lyk, word Westerse kuns al hoe meer in die groter Suid-Afrika uitgefaseer. Sodra Orania ’n groot stad word, moet daar beslis ’n operahuis gebou word waar die Europese operas en klassieke komposisies bewaar en uitgevoer kan word, stel Du Preez de Villiers voor.
Ramaphosa vergelyk BLM-betogings met destydse Soweto-opstande
Die president belowe ook in sy jongste nuusbrief om werkloosheid onder die land se jeug aan te pak.
Wat is die verskil tussen die Aotearoa-reeks en Superrugby?
Die groot verskil is dat die toeskouers keelvol vir Superrugby geraak het, dat hulle wou terugkeer na “normaal”.
Covid-19-samevatting: Toetse in Jhb 10 dae agterstallig
Sowat 23 000 toetse in die provinsie is agterstallig.
Kookterapie vir getraumatiseerde kinders
Carmen Mocke, self ’n ma, stigter van die niewinsgewende organisasie Sikosa en die eienaar van ’n kookakademie Kids Can Cook Academy South Africa, sê hierdie projek gaan nie oor geld nie, maar om uit te reik na kinders wat nie ma’s het nie asook vir die kinders om te ontvlug.
Vandag se sportnuus
Schumacher-familie huiwerig oor stamsel-operasie weens Covid-19-pandemie.
Leier van Al-Kaïda in Noord-Afrika gedood
Een belangrike stuk nuus wat verdwyn het tussen die opgesweepte emosies van betogings in die Weste asook Covid-19 wat nog steeds alles oorheers, is die dood van Abdelmalek Droukdel, die leier van Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM), deur Franse militêre magte in die noorde van Mali.
BLM: Koloniale standbeelde wêreldwyd geteiken
#BlackLivesMatter-betogers eis nou dat standbeelde soos dié van Christopher Columbus, Cecil John Rhodes en koning Leopold II van België moet waai.
E-konsertgids: Dié vermaak op Jeugdag aanlyn te sien
Dinsdag 16 Junie is Jeugdag en Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers op dié vakansiedag kan ontspan.
‘Nuwe ongeregtighede’ kan nie oues regstel – verslag
Die organisasie sê daar moet daarteen gewaak word dat ʼn nuwe geslag van benadeeldes geskep word.
Boekvoorlesing: Breins
“Maar hy’t Klein-Willem gaan wegvat na die ding van die breins, want hy laat nie ʼn nefie van hom ʼn vark oppas nie.” Johny Klein is terug met nog ʼn voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Breins”.
Boek: Die klein boekies met baie inligting
Het jy geweet muskiete is van die dodelikste wesens op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Fanie Viljoen se reeks klein boekies deel allerlei interessanthede van mense en diere tot bome en die buitenste ruimte. Lees meer.
Matrikulant in sop oor video met apartheidsvlag
“Die hele storie is ’n heksejag teen iemand wat onskuldig is.”
Nóg twee vroue die naweek vermoor
Die kêrel van ’n vrou in Eersterus word gesoek nadat haar liggaam Sondag gevind is.
Resep: Gebakte boerewors-gereg
ʼn Ou gunsteling vir ʼn koue wintersdag.
‘Goue handdruk’ vir Transnet-hoës
Miljoene rande is reeds uitbetaal aan senior amptenare wat van betrokkenheid by staatskaping verdink word.
Die saak ten gunste van Kommunitarisme
Dit lyk of Suid-Afrika andermaal voor die volgende duidelike en moeilike vraag te staan kom: “En nou, wat nou?”
Kuier aanlyn saam met Marion Holm
“Ek gesels oor die alledaagse lewe en omdat mense hulle daarmee kan vereenselwig, geniet hulle dit.”
Sterk selfstandige gemeenskappe is ons reddingsboeie
Ons elkeen het ’n kritieke rol te speel om ons gemeenskappe sterker te maak. Kallie Kriel van AfriForum verduidelik hoe jy dit prakties kan doen.