Mina Lesoma, waarnemende komiteevoorsitter, sê die komitee wag tot dusver om sien dat enigiemand vir die oortreding voor stok gekry word.
Lees meerAlles vir Vrydag 4 September 2020
Vermoorde metropolisielid se liggaam in motor gekry
Die beampte se liggaam was in ʼn duvet toegedraai. Sy keel is afgesny.
Drie gesoek wat uit Leeuwkop ontsnap
Die DKD het geen besonderhede verskaf oor hoe die mans uit die tronk ontsnap het óf waarvoor hulle tronkstraf opgelê is nie.
Oproep tot kalmte voor beoogde St. Helenabaai-betogings
Leo het binnenshuis gespeel toe ʼn dwaalkoeël, vermoedelik uit die vuurwapen van ʼn polisielid, hom in die kop getref het.
Hof sê oor borgtog vir man wat vrou op straat skiet
Die egpaar se tienjarige seun was teenwoordig toe sy ma doodgeskiet is.
Munisipaliteit bestee R26 miljoen aan lyfwagte
Die komitee eis antwoorde van die Msunduzi-munisipaliteit nie net oor die besteding aan veiligheid nie, maar ook oor bewerings van intimidasie.
Só lyk vooruitsig op beurtkrag dié naweek
Dis nóg ʼn naweek in die donker.
Jo Black se nuwe album regstreeks opgeneem
“Ek hoop dat dit mense sal help om ook die genade in hulle eie lewens raak te sien en te ervaar.”
‘Meisies wat fluit’ ‘gee blik op werklike lewe’, sê aktrises
“Dit is nie ʼn romantiese komedie waarin alles perfek en snaaks is nie; dit is ʼn uitbeelding van die regte lewe.”
LNR ‘diep bekommerd’ oor plaasmoorde
Die LNR sê misdaad het ʼn negatiewe uitwerking op die inkomste van indiwidue en bedreig voedselsekerheid, vrede en die maatskaplike samehorigheid wat die land bitter nodig het.
ToekomsVenster: God sorg vir jou
Ons het rede om te sing.
Woede oor ‘konsentrasiekamp vir standbeelde’
“Afrikaners se knieë is nie vir hom om te buig nie en ons erfenis is nie vir hom om rond te skuif nie.”
Hekel en brei is wolterapie
“Soms as ek vir iemand spesifiek iets hekel, bid ek ook terselfdertyd vir daardie persoon en dit maak die hekelstuk ekstra spesiaal.”
Bekroonde rolprentmakers terug met nuwe natuurlewe-fliek
Bonné de Bod en Susan Scott is terug met ʼn splinternuwe fliek, Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales, wat kykers op ʼn reis neem na drie magiese wildernisse – plekke waar jy die begin van die skepping kan aanvoel.
Drie keer lewenslank vir moord op polisievrou, man
Die egpaar is voor hul sesjarige dogtertjie geskiet.
Covid-19: Onakkurate voorspellings lei tot drastiese oorskatting van SA-sterftesyfers
Die inperkingstyd was ’n groot fout en het ongekende skade aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aangerig.
Vyf vas ná transitorooftog in Bloem
Die verdagtes het aanvanklik in die transitowa se begeleidingsmotor vasgejaag.
OG vra wetstoepassers om ‘bedrog’ met toelae te ondersoek
Sommige van die toelae het in die sakke van gevangenes, dooies en begunstigdes sonder geldige ID-nommers beland. Ander toelae is weer inbetaal in die rekeninge van begunstigdes wie se bankbesonderhede ooreenstem met dié van WVF-amptenare.
Video: Hond red eienaar in gewapende roof in Brakpan
Ná Lood de Jager se afgryslike beproewing het Jacaranda FM se “Good Morning Angels” hom Vrydagoggend met goeie nuus verras.
Waarnemende hoof van Staatsdrukkery meng glo in by ondersoek
Strafregtelike klagte is vandeesweek teen Alinah Fosi aanhangig gemaak.